

Soos wat ons die begin van die kwartaal ingaan, besef ek dat ons ingesteldheid oor die lewe soms mismoedig kan raak.
Dis juis in hierdie tye wat ons n vars perspek-tief nodig het om die volgende kwartaal aan te durf. Ek word herinner aan die volgende storie wat ons kom uitdaag oor hoe ons situasies benader en hoe ons ingesteldheid lyk as dinge onmoontlik voel.
Een oggend vroeg loop 'n bejaarde man strandlangs toe hy 'n jong seun sien wat iets van die sand af optel en dit teruggooi in die see. Soos wat hy nader kom, besef die man dat die kind gestrande see-sterre wat op die strand uitgespoel het, teruggooi. Hy loop toe nader aan die kind en vra vir hom waarom hy dit doen.
"Die seesterre sal sterf as hulle nog op die strand lê wanneer die son opkom," het die seun geantwoord.
Verbaas het die ou oom gesê, "Maar dit is doelloos! Daar is ontelbare myle strand en duisende seesterre. Dit maak nie saak hoeveel jy teruggooi nie, jy gaan nie n verskil daaraan kan maak nie."
Ongehinderd het die seun afgebuig, 'n ander seester opgetel en dit in die see gegooi.
"Dit maak saak vir hierdie een," het hy gesê. Mag ons besef dat, gee nie om wat vir ons voorlê of hoe onmoontlik dit dalk mag lyk nie, oor die manier hoe jy die saak benader is al wat nodig om n verskil te maak. Dis beter vir ons om n kers aan te steek as om in die donker te sit.
Mag ons die volgende Engelse gesegde saam ons dra en dit nooit vergeet nie.
" One small step in the right direction will always lead to success .
Garsies kry die geleentheid om jaarliks aan verskeie olimpiades, as deel van akademiese vakverryking, deel te neem.
Deelname aan olimpiades gee die leerder waardevolle blootstelling aan verskillende vakgebiede en leerders kry die geleentheid om hulle eie vakkennis toe te pas.
Kennis, vaardighede, probleemoplossing en logiese denke word in die olimpiades getoets.
Die vrae is hoofsaaklik meervoudige keuse-vrae wat die leerder voorberei vir eksamens soos byvoorbeeld die Nasionale Normtoetse (beter bekend as die NBT s) wat n vereiste is vir aansoeke van sommige keuringskursusse op universiteit.
Die CONQUESTA Olimpiades word landswyd vir graad 8- en 9-leerders in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewens
Wetenskappe, Natuur
Ekonomiese Bestuurswetenskappe, Tegnologie en Robotika aangebied.
Die graad 9-leerders het in die 2022 CONQUESTA Olimpiades puik presteer en n plek onder die top-20-skole in die land behaal.
Die graad 9-leerders het baie goed presteer en die skool het die volgende plekke behaal:
Afrikaans Huistaal: Eerste plek
Wiskunde: Eerste plek
Wiskunde: Tweede plek
Natuurwetenskappe: Tweede plek
Algemene Kennis: Tweedplek
English First Additional Language: Vierde plek
Hoërskool Garsfontein is baie trots op ons leerders wat in 2022 deelgeneem het aan die olimpiades en moedig elke Garsie aan om deel te neem aan die verskillende olimpiades in 2023.
Luché Steyn (graad 11) is ons eerste Garsie wat as wenner van die Individueleafdeling by die Van Huyssteens Oratorsfees (Afrikaans) aangewys is.
Dié kompetisie behels dat individuele sprekers n onbekende onderwerp ontvang, binne slegs 45 minute n volle beredenerende toespraak oor die
Garsieleerders kommunikeer reeds vanaf vember met die leerders van Oscar Romero ollege in België.
Hulle toer na SA het onder andere due olgende ingesluit:
Besoek aan en gesellige kuier by Kwalata. Besoeke aan geskiedkundige besienswaardighede.
Besoek aandie Nasionale Kruger Wildtuin.
Die hoogtepunt was egter die bywoning van die A-bond interhoër voor hul vertrek na Dendermonde, België
Tydens die finaal van die Interne Redenaars het die top 3 sprekers van elke graad hul sê
gesê en is deur me. Carien Bloem en mnr. Pieter Slabbert beoordeel.
Ons SOS-leiers is leerders wat die hart het om ander te help. Ons hoofdoel is om na leerders te luister en te verwys na hulpbronne, sowel as om die projekte wat daagliks by die skool plaasvind te ondersteun.
Leerders te ondersteun in die klas en te verwys waar nodig. Ons is dus die hartklop van die skool agter die skerms. Ons is betrokke by die volgende:
• Broodjietafel
• Klerekas
• Kennisgewingbord
• #DonderdagDurf
• Garshand kos uitdeel (maandeliks)
• Uitreike (kwartaaliks)
Ons het n dogtershuis slegs vir die leerders van ons skool in die hartjie van Garsfontein. Daar is tans twee van ons dogters wat in die huis woon en een dogter wat verlede jaar by ons matriek geskryf het.
Hierdie huis benodig tans die volgende:
· Herstelwerk bv. verfwerk in die dogters se kamers, putty van vensterrame, verf van faciaborde, herstel van wendy, en die grensmuur wat tans omgedruk word deur n boom.
· Kosskenkings is altyd welkom
Indien u graag betrokke wil raak, kan u vir Jeanette kontak by 072 300 8425 of e-pos vir Racheal by maatskaplik@garsies.co.za.
Dit neem n gemeenskap om n kind groot te maak tdus bestaan Garshand uit n groep ouers wat omgee. Garshand benodig tans hande by die volgende projekte:
· Broodjieprojek: Ons verskaf daagliks broodjies aan ons leerders
· Maandelikse kospakkies: Kos verpak, aankoop en uitdeel
· Klerekas: Die uitsorteer, was en pak van tweedehandse skoolklere
· Mediese dienste: Medikasie, tandarts, dokter ens.
· Borge vir kampe en toere
· Matriekafskeid-hulp
· Kersfees projekte
· Hulp met werksoek
· Kontantskenkings
Kontak vir Altia - 082 9
Gillian - 082 492 9964; Racheal Johnston maatskaplik@garsies.co.za
Ons kultuurtrots, die GarsieKoor, tydens hul optrede by die Legato Choral Festival Awards wat plaasgevind het by die AfriForum Teater.
Ruan Odendaal (dirigent en koorleier) en Gerry van Zyl
Debutant - Sadé de Andrade
Mej. Garsie - Vicki Louw
Mnr. Garsie - Phillip Prinsloo
1ste Prinses - Jelaan Eveleigh
1ste Prins - Dean Wolmarans
2de Prinses - Mia Maree
2de Prins - Alex Gouws
Mej. Fotogenies - Jelaan Eveleigh
Mnr. Fotogenies - Zander von Graszouw
Mej. Persoonlikheid - Ilse Engelbrecht
Mnr. Persoonlikheid - Ryno van Rooyen
Dankie aan al ons borge!
Johan Botha Fashion Design
SmartGuy & SmartBride
foto's Peirre van Vuuren
Garsies is reeds vir drie dekades gevestig as n A-bond skool in Pretoria en noord van die Vaal. Garsies is reeds sedert 1994 in die Pretoria A-bond vir Atletiek. As n ekstra inspuiting vir atletiek is Garsies ook in die A-bond in die NWU - Pukke Atletiek-reeks. Sedert 1988 het die skool reeds die verskillende bonde in Pretoria reeds ses keer gewen. Die sogenaamde Super Inter, wat uit 68 skole bestaan is reeds 6 keer in verskillende groeperings gewen. Die skool het dus reeds 12 Interhoër titels in sy 35-jarige bestaan gewen. Die atletiek is uniek in die sin dat die skool een van enkeles in Pretoria is, wat jaarliks aan hul atlete twee geleenthede gee om aan n inter deel te neem. Atlete kry dus geleentheid om hulself teen die bestes in Pretoria te meet. Dan is daar ook n tweede inter teen die bestes van skole noord van die Vaal. In ag genome dat sewe van die skole by die byeenkoms in die top agt in die land is, maak die geleentheid wat Garsie-atlete kry nog meer merkwaardig en uniek.
2 die aantal Interhoërs waaraan Garsies elke jaar deelneem.
12 - die aantal Interhoërtitels wat die skool reeds gewen het.
29 die aantal jare wat Garsies deel van die A-bond in Pretoria is.
14 die aantal jare wat Garsies reeds in die A-groepering van die A-bond (NWU -PUKKE INTER) is.
8 - die plek wat Garsies tans in SA bekleë (Curro Podium-Atletiek)
Garsies hehaal by elke van die Inters n vyfde plek en individuele atlete het puik presteer.
Megan Maree word aangewys as die Jnr Victrix Ludorum. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat n Garsie die prestasie behaal.
Megan Maree wen goud - 90 m hekkies dogters o/15 met 'n puik tyd van 12,95 sek.
Ulrich van Tonder wen silwer medalje - spiesgooi o/17 met 'n persoonlike beste van 69,35 m.
Willie van Wyk wen brons - hoogspring o/15.
Mia Janse van Rensburg (beseer maar nogstans deelgeneem) met haar 6 de plek - o/17 hoogsping finale.
GarsieAtleet en 3 oud-Garsies presteer by CAA African U18 and U20 Athletics Championships in Ndola, Zambia.
SA senior mans kampioen, Armand van der Walt, wen die 200m Afrika o/20 titel in 20,82 sek.
Hy beleef 'n droomseisoen deur die Afrika o/20 titel ook te wen.
Oud-Garsies, Chané Kok, wen die vroue o/20 100m hekkies, Brian Raats die hoogspring mans o/20 en Vihan Kemp verower 'n silwer medalje vir mans o/20 110m hekkies.
Gala behaal Garsies n sesde plek in die gemengde skole afdeling. Garsies is nou reeds 11 jaar in die A-bond. n Verbintenis tussen SA Swem en Royal Finns swemakademie gaan die Garsie swemmers vir 2024 slyp. Garsies gaan onder leiding van Ancheri Luus, wie se akademie nou direk verbind word met SA Swem, die toekoms aandurf met nuwe energie. SA Swem (SSA) erken dan Royal Finns en Garsies in die proses as hoë prestasie sentrum waar swemmers onderwerp sal word aan programme wat direk deur SSA uitgegee en bestuur sal word. Talent identifisering sal geskied in samewerking met SSA. Tegniese advies sal verskaf word deur SSA en die program se doel is om Garsies na die volgende vlak te neem.
Lara van Niekerk, oud-Garsie se voorbeeld sal gevolg word om meer swemmers van kwaliteit te lewer. Laasgenoemde is n inspirasie vir huidige swemmers by die skool en n puik rolmodel.
Die O/14 A, O/15 A en 1ste krieketspan het reeds vroeg in 2023 deelgeneem aan die Paarl Boys Krieketfees in die Kaap. Ons is baie trots op die Ysbere wat baie goed presteer het en kan spog met oorwinnings oor Paarl Gimnasium, Paul Roos
Garsie-krieket het ook deelgeneem aan die Titans-week Liga en die IXU-krieketliga. Ons is baie trots op die Ysbere wat vir die eerste keer sedert die IXU-liga se betaan in 2017, die liga gewen het. Die 1B Ysbere het baie goeie krieket gespeel en het vir Waterkloof onttroon as die IXU-liga kampioene. Die 1B span het vir Eldoraigne gemaklik in die uitspele geklop nadat hulle ook die span van Waterkloof met 61 lopies in die Titansweek Liga verslaan het.
gestaan vir die Ysbere nadat sy aan die o/19 eem het. Simoné is 15 jaar oud en het -span gemaak. Simoné het in die eldbeker amok gemaak met die kolf alle aangeteken het teen die span van
et is ook baie trots op die Ysbere an kaptein, Mohammad Aslam, at aan die Titans jongspan deelgeneem het. itans-span het ook die Cubs week in h gewen.