Boland Sold 14-02-2013

Page 19

BOLAND SOLD

AUTO

Donderdag

14 Februarie, 2013

Volkswagen Amarok outomaties HANS HEESE Volkswagen van Suid-Afrika het pas sy nuwe Amarok dubbelkajuit, met ’n nuwe 8-gang outomatiese ratkas, in die Namibwoestyn aan motorjoernaliste bekendgestel. Dit was letterlik en figuurlik ’n warm geleentheid met temperature wat by 55 grade Celsius gaan draai het; verder is die nuwe Volkswagen bakkie, met sy outomatiese ratkas en permanente vierwielaandrywing,’n warm opponent in hierdie marksegment waar hy sommige van sy mededingers ore gaan aansit. Die Amarok is reeds goed gevestig in ’n mark wat hoofsaaklik deur die Japannese oorheers word en waar die Chinese vervaardigers nou ook ’n opening gesien het waar hulle prysgewys miskien ’n voordeel het. Maar om uit hierdie groot verskeidenheid ’n werksbakkie te kies is seker van die moeilikste besluite wat ’n boer of familie-avonturier moet neem. Hoe onderskei Volkswagen se nuweling hom van die res van die dubbelkajuite op die mark? Om mee weg te trek; die outomatiese ratkas beskik oor nie minder nie as agt verskillende gange nie, die aantal verhoudings wat normaalweg behaal word deur die tradisionele viergangratkas wat met laestrek in die ouer bakkies tot agt verdubbel. Die verskil is natuurlik dat daar by die Amarok nie ’n ekstra hefboom is wat geskakel moet word, of knoppie gedruk moet word nie; die ratkas is slim genoeg om die terrein te lees. Met die eerste gang gelykstaande aan ’n kruip-rat, verdwyn die noodsaaklikheid van ’n laestrek-ratkas. Daar is wel ’n knoppie wat “Off Road” laat inskakel wat onder regte 4x4 terrein omstandighede die prentjie verander. ’n Strawwe duinrit sonder om hierdie gerief te gebruik, het die skrywer driekwart op teen die duin laat kom; met die knoppie ingedruk, het my medebestuurder wel die rowwe uitdaging laat slaag!

Maar later meer oor hierdie belangrike knoppie! Op die oog af lyk die Amarok met die nuwe ratkas dieselfde as enige ander een in die reeks. Maar die kombinasie van die BiTDI enjin, met sy dubbele turbo en ratkas en permanente vierwielaandrywing, maak hom so effens anders as sy vernaamste teenstanders. By die gebrek aan ’n swaar oordra-ratkas, is die massa heelwat minder en wen hy op brandstofverbruik; ’n neiging waar die Duitsers hulle onderskei om die koolstofspoor kleiner te maak. Maar dit beteken nie dat die Amarok by die kraglewering tekortskiet nie; die 2-liter dubbelturbo ontwikkel 132 kW en daar is 420 Nm teen die ideale 1 750 rpm vir veldvoertuie (en sleepvoertuie) beskikbaar. Dit stel hom ook in staat om van 0-100 km/h in ongeveer 11 sekondes te kan versnel en die naald te laat draai op 180 km/h. Dit is dan ook die brandstofverbruik wat baie gunstig is; Volkswagen maak aanspraak op ’n gemiddelde verbruik op die pad van 8,3 liter vir 100/km. As daar egter hoofsaaklik op rowwe roetes gery word, of ook op goeie paaie rof gery word, sal hierdie syfer natuurlik drasties styg. Die brandstofverbruik is grootliks ook toe te skryf aan die hoë ratverhoudings van die Amarok. Dit is hier by die sesde rat rond waar die gewone 1:1 ratverhouding van gewone ratkaste gekry word en die hoogste snelheid van die bakkie word in sewende rat gekry; die agste rat is basies ’n snelrat waarteen die bakkie dag-in en dag-uit teen lae omwentelinge deur die Karoo kan ry sonder om enige stremming op die enjin te plaas. Verder sal die bakkies vanaf April af ook oor die Volkswagen BlueMotion tegnologie beskik wat eienskappe behels soos outomatiese aan-en-afskakel as daar by verkeersligte stilgehou word en daardeur die CO2 uitlate verminder en beter brandstofverbruik verseker. Ook word ekstra elektrisiteit opgewek wanneer gerem word en hoef die alternator nie altyd onder maksimum spanning te werk nie.

19

Maar die kombinasie van die BiTDI enjin, met sy dubbele turbo en ratkas en permanente vierwielaandrywing, maak hom so effens anders as sy vernaamste teenstanders.FOTO: QUICKPIC

Die permanente vierwielaandrywing geskied deur ’n Torsen-ewenaar wat tussen die twee aste ingespan word, dieselfde tipe wat die befaamde en taai Audi Quattro in die tagtigerjare so ’n suksesvolle wêreldtydrenmotor gemaak het. Die kragverdeling is normaalweg 40:60 met die agterwiele waar die meeste krag toegedeel word. Die Amarok in sy Highline uitvoering bied ESP (elektroniese stabiliteitsbeheer) met wegtrek-beheer en kruipbeheer, veldry ABS beheer en individuele lugversorging. Laasgenoemde het die toets van die Namib hitte van 50° Celsius en meer met lof geslaag! Lugsakke is natuurlik standaard voor en die radio/CD speler (MP3 versoenbaar) kom met ses luidsprekers. Die stuurwiel is ten volle verstel-

baar en die sitplekke verskaf steun op al die regte plekke. Al die ruite en spieëls is elektries verstelbaar. Op hierdie stadium het die ABS-remme via die elektroniese beheerstelsel ingeskop en outomaties die regte individuele wiele laat rem om te voorkom dat die bakkie dwars in die pad beland of tol. Wat ‘n sensasie – en wat ’n baie groot verligting! Maar wat kos hierdie bielie van ’n dubbelkajuit? Die Amarok 4x4 gaan die koper R461 100 uit die sak jaag maar dit sluit in ’n 3-jaar of 100 000 km waarborg en ook ’n 5-jaar of 90 000 Automation-diensplan. Die verfwerk het ’n 6-jaar waarborg teen roes en diensintervalle is beperk tot ’n gerieflike 15 000 km.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.