District Mail 28 Maart 2013

Page 1

DONDERDAG, 28 MAART 2013

Prys: R6.00 | Tel 021 853 0211 | www.districtmail.com

DistriksPOS HARTKLOP VAN DIE HELDERBERG

Another George Street robbery

2

Beesboere aangeval in SLP

3

Fly infestation in SW homes

4

Helderberg Business Directory inside

PAARDEVLEI: GEWAPENDE ROOF TUIS

S­Wes­gesin staar dood in oë JAMEY THOMAS

“T

erwyl ek in die loop van die vuurwapen gekyk het, het ek besef dat ek nou my dood in die oë staar.” Dít is die woorde van SomersetWes-inwoner Martin Thomas (75) ná hy Vrydag die slagoffer was van ’n gewapende roof wat helder oordag binne sy Paardevlei-woning afgespeel het. Hy het slegs minute ná die voorval plaasgevind het, vertel van die traumatiese gebeure. Volgens Martin, ’n bouer van beroep, het hy omstreeks 12:00 dié dag na Standard Bank in Somerset Mall gegaan om sy werkers se lone te trek. Hy het omstreeks 12:30 teruggekeer huis toe. Met die R8 000 se lone in sy hempsak en ’n sakkie vrugte wat hy vroeër gekoop het, asook ’n ongetelde hoeveelheid banksakkies in die hand, het Martin uit sy wit Toyota Tazz-motor geklim. Hy het die huis deur sy kantoor binnegegaan. Die huishulp het kort agter Martin die deur gaan toemaak toe drie mans onverwags by die kantoor inbars. “Hulle het aan haar gevra waar die toilet is. Met al die goed steeds in my hand, het ek omgedraai met dié woorde, ‘wat vra hulle?’. Dis toe wat hulle my skielik begin aanval het,” sê Martin. “Een van die mans het oor en oor gevra, ‘Where’s the cash?’. Toe ek nie reageer nie, het hy self die geld uit my hempsak en my beursie uit my agter-

ste broeksak gepluk.” Die man het ’n vuurwapen uitgepluk en dit op hom gerig. Nog een van die mans het ’n vuurwapen op die huishulp gerig, terwyl die ander een as wag by die deur gestaan het. Die man wat die vuurwapen op Martin gerig het, wou weet waar die motor se sleutels is. In ’n poging om die sleutels (wat in sy hand tussen die sakkie vrugte en banksakkies was) te versteek, het die dief sy gevroetel opgelet en die sleutels uit sy hand geruk. Intussen het Martin se 13-jarige kleindogter, wat ook binne die huis was, die voorval vanaf die sitkamervenster – wat oor die kantoor uitkyk – aanskou. Sonder dat die mans haar gewaar, het sy vinnig deur die venster wat die kombuis en die sitkamer skei, geklouter en haar ma, Marcianette Jooste wat in die slaapkamer was, laat weet wat aan die gebeur is. Marcianette het haar pa te hulp gesnel en by die kantoor, waar die mans nog hul vuurwapens op haar pa en die huishulp gerig gehad het, ingestorm. Die man wat sy vuurwapen op Martin gerig het, het dit toe vinnig na Marcianette geswaai en in haar gesig oorgehaal. Martin se vrou, Joan (67), wat buite in die agterplaas besig was, het die vreemde stemme gehoor en kort ná Marcianette ook by die kantoor ingekom. Toe sy sien haar gesin se lewe is in gevaar, het sy vir Marcianette se twee dogters en hul vriendin wat in een van die agterste kamers in die huis weggekruip het, geskree om die polisie te bel. Martin het opgekyk en gesê: “Moe-

nie die polisie bel nie, bly net kalm.” Paniekbevange omdat daar meer mense in die huis was as wat hulle besef het, het die man die vuurwapen wat hy nog op Marcianette gerig het, laat sak, sy hande in die lug gegooi en gesê: “Ag, voertsek!” Een van die mans het uitgehardloop om Martin se motor gereed te kry om te vlug. Oomblikke daarna is die ander twee ook uit die huis en die drie het met die geld en die motor op die vlug geslaan. Martin vermoed die mans het hom al by die bank dopgehou en toe agtervolg. “Dit verklaar hoe hulle presies geweet het van die geld en waar dit was.” Volgens die Somerset-Wes-polisie word ’n saak van huisroof ondersoek. Enigeen met inligting kan speursersant Evan Jacobs by 021 850 1325 of 021 850 1344 bel.

’n Forensies deskundige poeier die ingang waar die mans toegang tot die huis verkry het vir vingerafdrukke.

Die gewapende roof het helder oordag in die Paardevlei­woning af­ gespeel.

Martin verduidelik hoe die man die vuurwapen op hom gerig het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.