DIHLABENG REKORD

Page 1

REKORD DIHLABENG

FRIDAY OCTOBER 09, 2020 | DEADLINE: Thursday 17:00 | Edition: 26/2020 | 072 757 0514

STOP PLAASMOORDE – STOP FARM MURDERS Boer aangeval met petrol gegooi findit-nuus.co.za KOFFIEFONTEIN. – ‘n Boer is Maandag, 11 Oktober 2020 in die Koffiefontein-area uit sy huis gelok en aangeval. Rook buite geruik Vanmiddag om 13:45 was Andries Smith Myburgh (31) besig met middagete in sy plaashuis by Vandermerwesdam, Koffiefontein, toe hy rook buite geruik het. Myburgh het na buite gegaan om ondersoek in te stel en is met ‘n voorwerp op die kop geslaan. Hy het daarin geslaag om die verdagte weg te stoot. Daarna is hy na bewering deur die tweede verdagte met ‘n mes aangeval en in die proses is hy met petrol gegooi. Hy is aan die brand Hy het daarin geslaag om sy

vuurwapen uit te haal waarna die verdagtes gevlug het. Mynurgh het ‘n aantal skote in die rigting van die verdagtes geskiet. Terwyl hy besig was om die skote af te vuur, het hy besef hy is aan die brand en het in die swembad gespring. Die twee verdagtes het te voet gevlug. Myburgh het dadelik die polisie en buurplase gewaarsku. Verdagtes is onbekend Een verdagte is geïdentifiseer as ‘n groot, ongeveer 2 m lange persoon. Die verdagte het ‘n groen langbroek en ‘n ligblou hemp aangehad. Die ander een het ‘n blou oorpak gehad. Albei verdagtes is onbekend aan die slagoffer. Myburgh is deur mediese personeel ondersoek en het geen ernstige beserings nie.

Horner verdagte al 16 keer in hegtenis geneem Gerhard Olivier SENEKAL: Polisieminister Bheki Cele sê een van die verdagtes in die Brendin Horner-moordsaak is al 16 keer in hegtenis geneem. “Ek sal graag wil weet hoe iemand wat al soveel keer gearresteer is, weer die kans gegun word om so iets te doen,” sê hy. Die einste verdagte sal in die hof op Dinsdag 12 Oktober verskyn. Die grumoord het skokgolwe deur die land gestuur en ‘n spontane optog is by die Senekal-landdroshof gehou. ‘n Boer wat in verband met dié optog in hegtenis geneem is, verskyn ook Dinsdag in die hof. Brendin Horner is begrafnis het Saterdag plaasgevind.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DIHLABENG REKORD by Veldbrand Dihlabeng - Issuu