EASTERN FREE STATE REKORD

Page 1

Oos-Vrystaat ● Eastern Free State

MONDAY November 4,2019 | Bethlehem | Harrismith | Reitz | Warden | Clarens | Lindley | Petrus Steyn | Kestell | Fouriesburg | Paul Roux | Verkykerskop

Tigers relocated to Bethlehem from Germany Page 4

BETHLEHEM: AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies, wat ’n positiewe verskil maak, deur die jaar aan te pak. Ons maak waterlekke reg, vul slaggate, verf paaie, rig padtekens op, takel munisipale probleme, besoek skole, ondernemings en gesondheidsorginstellings, knap ouetehuise op, bied inligtingsessies en opleiding aan, maak skoon, versterk gemeenskapsveiligheid en vele meer. Al wat dit verg om ’n dorp beter te maak, is die uitvoer van een positiewe aksie op ’n slag. Kom

neem saam met ons aan die aksies op jou dorp deel – jy sal verbaas wees hoe jou deelname moedeloosheid in hoopvolheid verander. Wéés die verskil wat jy in Bethlehem wil sien! Jy kan steeds deel van hierdie opwindende projek wees selfs al woon jy nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep. Onthou: As dit met jou buurman goed gaan, gaan dit ook met jou goed. En wie weet, volgende keer kom jóú dorp dalk aan die beurt. AfriForum is gedurende November 2019 in Bethlehem. Sien kalender op Bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.