Kwartaal 4 2017

Page 25

Is HOOP verlore? Jani Redelinghuys “Hoop, dis die samesyn voor ‘n wêreldbekereindstryd, dis die taal van ‘n hart, dis die gees van ‘n man wat uitskree, dis as ons harte na mense terugdraai, en die wete dat as jy struikel jy weer sal opstaan en weet dat as jy moeg is, sal iemand jou dra.” Dit is net ‘n gedeelte van Jo Black se liedjie, Skepe, waar hy herhaaldelik sing en pleit dat die hoop weer teruggebring moet word. Dit is die gevoel wat jy kry as jou gunsteling sportspan wen, dis asof jy self presteer het en of die slegte nuus van ‘n verloor jou persoonlik raak. Slegs sport kan hierdie effek hê, en vir die gemiddelde mens in Suid-Afrika het dit n spel geword wat immers so deel van hul leefwyse geword het dat hulle sport eet, leef en droom. Ongelukkig, met die onlangse swak prestasie van die land se rugby, voel dit dat asof ons ondersteuning verskuif na buitelandse spanne. As daar gekyk word na die toeskouers tydens toetsrugby is daar al hoe meer swart truie wat hul ver-

skyning maak. Mense vergeet van die gevoel van die absolute passie en trots wat die jaar 1995 ingehou het. Dink maar net terug aan die wêreldbekerfinaal se oorwinning wat ons as nasie so saamgebring het. Dat ons met trane in ons oë die een langs ons met die blydskap, wat slegs ‘n kind kan hê, omhels het, sonder die gedagte dat ons enige verskille het, want al wat op daardie presiese oomblik saakgemaak het, is dat Suid-Afrika vir Nieu-Seeland 15-12 geklop het. Dit is die gevoel wat gereeld aan ons oorgedra word deur die ouer generasie. Ons as die nuwe generasie kan egter nie terugdink aan hierdie gebeurtenis nie. Ons het op n daaglikse basis nuwe helde nodig, want wie van ons onthou vir Francois Pienaar wat die beker saam met Nelson Mandela in die lug gehou het? Eens trotse Springbokondersteuners kyk weg as hulle gevra word wat hulle dink gaan Saterdag met die rugby gebeur. Veral na die oorwinning van Nieu-Seeland oor

Suid-Afrika met die skokkende telling van 57-0, het rugby al hoe meer ‘n sensitiewe onderwerp geword en word die trots nie met dieselfde passie oorgedra as voorheen nie. Sport het die vermoë om n land te verenig en ‘n onbreekbare band te vorm, maar hierdie nasietrots en hoop gaan egter verlore onder die nuwe generasie. Nie net is dit besig om n skeiding onder die land se mense te veroorsaak nie, maar plaas ook al hoe meer druk op die Springbokspan om te presteer. ‘n Groot rede waarom dit kan voel asof mense hul ondersteuning verskuif het, is met die inmenging van politici wat kan veroorsaak dat spanne nie op meriete gekies word nie. Dit kan gevolglik lei tot die verswakking van ‘n span en dus begin mense liewers ander spanne ondersteun. Die vraag kan dus nou gestel word of ons as Suid-Afrikaners die verkeerde houding het of dat politieke invloed die skuld daarvoor gegee moet word...


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.