SLP206 - Verkoopsproses

Page 50

SLP206 Verkoopsproses Die verkoopsproses is ook ʼn sisteem wat afhanklik is van sekere insette en wat weer op sy beurt sekere uitsette lewer. Die ontwikkeling/ontwerp van die verkoopsproses is die fokus van hierdie studie-eenheid. 2.5

Identifisering en beskrywing van konsepte in die ontwerp van die verkoopsproses Belangrik!

Om bewese gevestigde en universele prosesontwerpbeginsels vir diensondernemings te vestig (verkope is ook ʼn diens) wat aktiwiteite, werksvloei en hulpbronne aan betref, is baie moeilik en ʼn area waaroor deskundiges op die gebied nog geen uitklaring het nie (Ponsignon 2012: 1276). Die ontwerp van ʼn proses in veral die diensteomgewing moet dus met omsigtigheid hanteer word en elke onderneming moet liefs hul eie ondernemingstrategie gebruik om hulle in prosesontwerp te lei. Die konteks van die onderneming moet dus in ag geneem word en daar is nie vasgestelde reëls nie. Ten einde die verkoopsproses te verstaan, en later in staat te wees om self ʼn verkoopsproses te ontwerp, is dit noodsaaklik om eers stil te staan en die onderneming as stelsel te ondersoek. 2.5.1

Die verkoopsproses as oop stelsel of sisteem

Soos reeds genoem, is die onderneming ook ʼn sisteem wat interafhanklike dele (funksies) het wat as ʼn geheel moet saamwerk om die hoofdoelwit te bereik. Die onderneming is ook verbind aan eksterne rolspelers en as sodanig kan die onderneming beskou word as ʼn geheel wat bestaan uit ʼn reeks insette van die eksterne omgewing, interne prosesse en uiteindelike uitsette. Baie belangrik om te onthou dat die onderneming waarde moet toevoeg tot hierdie proses (Lessing 2007: 11).

©akademia (MSW)

Bladsy 48


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.