SLP206 - Verkoopsproses

Page 20

SLP 206 Verkoopsproses Verbruikersgeoriënteerde benadering Soos wat verbruikers toenemend hoër eise gestel het aan produkte en die mark meer mededingend geraak het, het ondernemings begin besef dat dit baie belangrik geword het om na die voorkeure, behoeftes en eise van die verbruiker te kyk, indien ʼn mededingende voordeel verkry of behou wil word. Die onderneming moet dus in sy geheel daarop ingestel wees om aan verbruikersbehoeftes te voldoen. Lojaliteit deur verbruikers vind uiting in aankope deur die kliënt. Dit het ook toenemend belangrik geword dat ondernemings hul sosiale verantwoordelikheid asook verantwoordelikheid teenoor die omgewing nakom. “Verkope” of die filosofie van verkope word dus verskillend benader in elk van die bogenoemde benaderings. Ontwikkeling het plaasgevind in die paradigma of perspektiewe oor verkope (Moncrief 2005: 13). 1.5.2

Agtergrond

Ons gaan vervolgens kyk waar verkope in die bemarkingskommunikasiestrategie inpas. Die bemarkingskommunikasiestrategie is die besluitneming oor die aard van die bemarkingsboodskap. Die strategie bevat vier elemente wat in ʼn bepaalde kombinasie gebruik kan word om met verbruikers te kommunikeer (Cronje 1987: 188).

Bemarkingskommunikasiestrategie

Reklame

Persoonlike verkope

Verkoopspromosie

Publisiteit

Figuur 1.3: Elemente van die bemarkingskommunikasiestrategie (Aangepas uit: Cronje 1987) Bemarking en verkope behels die reeks aktiwiteite en gebeurlikhede wat uiteindelik die voornemende koper lei tot aankope en hopelik ʼn langtermynverhouding. Hierdie aktiwiteite word in Figuur 1.4 uitgebeeld en kan as ʼn tregter voorgestel word waar bemarking en verkope verskillende funksies verrig. Die bemarkingsfunksie bou handelsmerkvoorkeure, ontwerp ʼn bemarkingsplan en genereer leidrade vir verkope. Verkope is weer verantwoordelik vir die vier laaste stappe in die tregter.

©akademia (MSW)

Bladsy 18


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.