GBM105 - Ondernemingsbestuur

Page 36

GBM105 Ondernemingsbestuur I die eienaar nie meer geld kan verloor, as dit wat in die onderneming belê is nie. ʼn Beslote korporasie kan een tot 10 eienaars hê. Dit is nie meer moontlik om ʼn nuwe beslote korporasie te registreer nie. Dit is wel moontlik om ʼn bestaande beslote korporasie te koop en die eienaarskap daarvan te verander. Figuur 2.5 som die voordele en nadele van ʼn beslote korporasie op:

Voordele

Nadele

• Alle voordele verbonde aan ʼn afsonderlike regspersoonlikheid • Redelik goedkoop en maklik om op te rig (word egter uitfaseer) • Lede (eienaars) het beperkte aanspreeklikheid • Groter potensiaal vir kapitaalverkryging • Bestuur is relatief eenvoudig • Daar bestaan kontinuïteit

• Lidmaatskap beperk tot 10 lede • Slegs individue mag lede wees

Figuur 2. 5: Voordele en nadele van beslote korporasies (Bron: Du Toit et al. 2011: 81)

Voorbeeld 2.3 Die misbruik van ʼn beslote korporasie Daar is diegene wat die voordele van ʼn beslote korporasie misbruik. Kyk na die volgende gevallestudie: Charles is lief daarvoor om geld te spandeer. Hy kry ʼn goeie inkomste as ʼn kontrakprogrammeerder by ʼn telekommunikasiemaatskappy. Charles besluit om iets te doen wat, in sy oë, wettig is. Hy registreer ʼn beslote korporasie en reël dat sy inkomste in die beslote korporasie se bankrekening inbetaal word. Aan die einde van die maand betaal hy dan dieselfde inkomste oor na sy persoonlike bankrekening. Sodoende bou Charles, sowel as die besigheid, ʼn goeie kredietrekord op. Na ʼn jaar besluit Charles om sy plan in werking te stel. Hy leen soveel as moontlik geld, by soveel as moontlik banke, onder die onderneming se naam. Charles was trots om te sien dat hy net oor ʼn miljoen rand kon leen. Charles glo dat die eienaar van ʼn onderneming mos kan besluit hoeveel die personeel van die onderneming as salaris mag kry. Hy betaal homself toe ʼn bonus van R900 000 en neem

©akademia (MSW) 2014

Bladsy 34


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.