CSE105 - Kliëntediens en Etiek

Page 32

CSE105 Kliëntediens en Etiek toerekenbare en verantwoordelike handelinge van die mens. Terwyl natuurwette dui op dit wat móét gebeur (d.w.s. nie anders kan as om te gebeur nie), dui norme op dit wat behoort te gebeur. Terwyl natuurwette nie oortree kan word nie en dus dwingend is, is norme aan die ander kant, etiese eise wat ʼn keuse toelaat, maar wel aandring op gehoorsaamheid (Stoker, 1983: 68). Die vraag wat telkens oor etiek en etiese optrede beantwoord moet word, is dit: Op grond waarvan word besluit wat goed of sleg is, wat behoorlik of onbehoorlik is (Schuurman, 2005: 41-48)? ʼn Antwoord dat elke samelewing self besluit wat behoorlik is, bring die etikus voor die dilemma dat, nie alle dinge wat op ʼn sekere tyd in ʼn gemeenskap as die norm gesien word, behoorlik kan wees nie. Wanneer ʼn volk byvoorbeeld glo dat een van ʼn tweeling wat gebore is, doodgemaak moet word, kan dit tog nie eties so gekondoneer of afgedwing word nie. As al die direkteure van ʼn maatskappy verwag dat die werknemer nie die regte syfers vir belasting moet deurgee nie, maak dit wat die direkteure eenparig voel of glo, nog nie dat so ʼn optrede eties reg is nie – selfs al sou aangetoon kon word, dat die meeste maatskappye dit in ʼn mindere of meerdere mate doen. Om op humanistiese wyse die mens en sy voordeel voor te hou as die norm, bring juis ook verskeie dilemmas mee, as dit byvoorbeeld oor die verantwoordelikheid van die individu gaan en die vryheid en verantwoordelikheid teenoor mekaar opgeweeg word. Om norme wat op grond van wat ʼn mens of groep mense glo die behoorlike ding is, vas te stel, is altyd riskant. Dit is daarom dat daar in die Christelike benadering tot etiese optrede, gevra word na ʼn eksterne maatstaf – na dit wat God ons in Sy Woord leer, die bedoeling van die mens, die samelewing, en optrede van mense onderling, behoort te wees. Die mens kan kies tussen om iets te doen, of nie te doen nie; om dit of dat te doen, om dit sus of so te doen, ensovoorts. Sonder hierdie moontlikheid om te kies, is menslike verantwoordelikheid volgens Stoker (1983: 40) nie moontlik nie. Hy sê dat met sy keuse die mens ʼn reeks handelinge inisieer, met hulle gevolge. As inisieerder is hy dan daarvan die oorsaak, kom die reeks handelinge en gevolge op die rekening van sý keuse, is hý daarvoor toerekenbaar, kan hy van sy keuse en wat daarop volg, rekenskap gee, kan van hom rekenskap geverg word en dra hy ʼn toerekeningskuld vir sy keuse. Mense kan egter nie net na hartelus kies om te doen wat hulle wil nie. Daar kan van mense gevra of geverg word, om te doen wat van hulle vereis of verwag word. Deur dit te doen of nie, antwoord of reageer mense op dit wat van hulle gevra word. Hier is dus verantwoordelikheid ter sprake. Die mens se keuse, daarom sy dade, moet onder andere, beantwoord aan dit wat eties reg is. Daar kan van die mens verantwoording geëis word. As

©akademia (MSW)

Bladsy 30


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.