GMA105 - Bestuursrekeningkunde I - Deel II

Page 68

GMA105 Bestuursrekeningkunde bereken. Normaalverdeling

ʼn Verdeling wat simmetries om die gemiddeld is.

Onsekerheid

Onsekerheid ontstaan wanneer die toekoms nie bekend is nie en die besluitnemer geen vorige ervaring het om besluite of vooruitskattings op te baseer nie.

Relevante koste

Koste wat inkrementeel aangegaan word as gevolg van ʼn moontlike toekomstige plan van aksie en wat nie aangegaan sal word indien die plan van aksie nie gekies word nie.

Risiko

Risiko verwys na die moontlikheid of waarskynlikheid dat ʼn beplande toekomstige uitkomste nie bereik gaan word nie vanweë ervaring uit die verlede. Risiko kan tipies in kwantitatiewe terme uitgedruk word.

Terugbetalings-

Die tyd wat dit neem om die aanvanklike belegging te dek met

tydperk

die kontantinvloei van die projek.

Tydwaarde van geld

Die konsep dat kontant se waarde beïnvloed word deur die tydperk, die rentekoers en inflasiekoers waarteen dit belê word.

Veiligheidsmarge

ʼn Persentasie aanduiding waarmee die beraamde wins, die wins wat nodig is om gelyk te breek, tekortskiet of dit oorskry.

Verdiskonteerde

ʼn Benadering wat gevolg word om kapitaalbeleggingsprojekte te

kontantvloei

evalueer deur gebruik te maak van verdiskontering.

Vermybare koste

Koste wat vermy kan word indien ʼn aktiwiteit of sektor van die sakeonderneming gestaak word.

Verwagte waarde

ʼn Geweegde gemiddelde gebaseer op waarskynlikhede. Die waarde wat verwag word van ʼn veranderlike (X).

Waarskynlikheid

Die kans op ʼn bepaalde uitkomste van ʼn spesifieke gebeurtenis. Anders gestel, die moontlikheid dat ʼn gebeurtenis sal plaasvind of nie.

5.5

Inleiding

In hierdie studie-eenheid van Bestuursrekeningkunde I word die besluitnemings-, beplannings- en beheerproses van bestuur uitgebrei na die besluite wat die bestuur in verband met kort- en langtermynbeleggings moet neem. In terme van korttermynbesluite is die gelykbreekpunt van produksie of verkope die belangrikste en kan dit met behulp van ʼn Bladsy 66

Studie-eenheid 5: Finansiële besluitneming


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.