GFP105 Finansiële en Beleggingsbeplanning Die Industriële Ontwikkelingskorporasie verskaf finansiering vir industriële projekte en toerisme-ontwikkeling. Die Landbank leen geld uit aan boere en landbou-organisasies. 3.6.2
Geldmarkinstrumente
Bestudeer die handboek: Botha et al., 2016: Paragraaf 16.3 Die volgende is geldmarkinstrumente: •
Skatkiswissel (SW) (Treasury Bill – TB)
•
Daggelddeposito (call deposit)
•
Kennisdeposito
•
Bankaksep (BA)
•
Promesse (promissory notes – PN)
•
Verhandelbare sertifikaat van deposito (NCD)
Hierdie geldmarkinstrumente word vervolgens meer toegelig: Skatkiswissel Definisie
Ten volle beskerm en gewaarborgde korttermynleningsertifikaat wat deur die owerheid deur middel van SARB uitgereik word.
Uitreiker
Owerheid
Doel
•
Om die owerheid se begrotingstekorte te finansier
•
Help met monetêre beleidsdoelwitte
•
91 dae
•
182 dae
Beleggingstermyn
Klassifikasie
Diskonto- of afslaginstrumente
Risiko
Owerheidskuld word gesien as likied en daarom is dit lae risiko.
Ander eienskappe
•
Is ʼn aanduiding van wat in die geldmarkomgewing aangaan en word gebruik as maatstaf-koers wanneer die rentekoers op ander geldmarkinstrumente bereken word.
•
Uitsluitlik vir die groothandelsmark. Tabel 3.1: Skatkiswissel (Outeur, 2015)
Studie-eenheid 3: Bateklasse
Bladsy 91