GFM206 Finansiële Bestuur en Persoonlike Finansiële Bestuur 5.2
Voorgeskrewe handboek
Botha, T. 2015. Finansiële Bestuur. Pretoria: Akademia (MSW). Vir die doeleindes van hierdie studie-eenheid moet jy die volgende afdelings bestudeer: Hoofstuk 17, paragrawe 17.1-17.3 Hoofstuk 18, paragrawe 18.1-18.9 5.3
Verrykende bronne
Swart, N. 2012. Personal Financial Management: The Southern African guide to personal financial planning. 3rd ed. Cape Town: Juta and Company Ltd. Suid-Afrikaanse Reserwe Bank, 2014. Beskikbaar by: https://www.resbank.co.za/RegulationAndSupervision/FinancialSurveillanceAndExchange Control/FAQs/Pages/Emigrants.aspx [Besoek 29/01/2015] (Suid-Afrikaanse Reserwe Bank inligting vir emigrasie). Entrepreneur.co.za, 2014. http://www.entrepreneur.co.za/ [Datum besoek: 12/12/2014] (Meer inligting en raad vir entrepreneurs). Finance24, 2014. http://www.fin24.com/Entrepreneurs [Datum besoek: 14/12/2014] (Meer inligting en raad vir entrepreneurs). 5.4
Hoe kan jy jou begrip verbeter?
Jy moet seker maak dat jy die volgende terme verstaan: Sleutelwoord
Omskrywing
Boedel
Al die tasbare en ontasbare besittings van ʼn persoon.
Boedelbeplanning
ʼn Plan wat ʼn persoon opstel om uiteen te sit wat met hulle besittings moet gebeur tydens hul lewe, asook na hul dood.
Deviesebeheer
Beheermaatreëls om te verhoed dat groot kapitaalbedrae die
(exchange control)
land verlaat en in die buiteland belê word. Die beheermaatreëls sluit, onder andere, ʼn beperking op die bedrag buitelandse valuta wat verhandel mag word in.
Hereregte (transfer
Belasting gehef op die waarde van enige eiendom verkry deur ʼn
duty)
persoon by wyse van ʼn kooptransaksie of enige ander manier (SAID, 2013. Transfer duty guide. http://www.sars.gov.za/AllDocs/OpsDocs/Guides/LAPD-TD-
Bladsy 36
Studie-eenheid 5: Persoonlike finansiële bestuur