GFA206 Finansiële Rekeningkunde Definisies
Verwys na paragraaf 5.4 in dié studie-eenheid vir die omskrywing van voorraad. Meting van voorraad
Voorraad word gemeet teen die laagste van kosprys en netto realiseerbare waarde. Koste van voorraad
Koste van voorraad sluit in: Koste van aankope o
Sluit aankoopprys, plus invoerbelasting, vervoer en ander direkte toeskryfbare kostes, minus handelsafslag en kortings, in.
Koste van omskepping (conversion) o
Koste van omskakeling verwys na die direkte en indirekte kostes aangegaan om rou materiaal in klaarprodukte te omskep. Dié kostes sluit kostes in wat direk verwant is aan die eenhede geproduseer, naamlik direkte materiaal en direkte arbeid, sowel as vaste en veranderlike oorhoofse produksiekoste. Verwys na paragraaf 5.4 in dié studie-eenheid vir die woordomskrywing van vaste en veranderlike oorhoofse produksiekostes.
Indirekte omskakelingskoste
Vaste oorhoofse produksiekoste
Allokeer gebaseer op normale produksie
Direkte omskakelingskoste
Veranderlike oorhoofse produksiekoste
Allokeer gebaseer op werklike gebruik
Direkte arbeid
Allokeer gebaseer op werklike gebruik
Figuur 5.6: Allokering van direkte en indirekte omskakelingskoste (Outeur, 2015)
Bladsy 188
Studie-eenheid 5: Die bestuur van bedryfskapitaal, kontant en ander bronne van korttermynfinansiering