GEC105 - Ekonomie

Page 43

GEC105 Ekonomie

•

Eenheidselastisiteit ( " ) Eenheidselastisiteit word op ʼn grafiek aangedui in Figuur 6-3 (c) in die handboek. As jy na die grafiek kyk, kan jy sien dat die persentasieverandering in prys presies gelyk is aan die persentasieverandering in hoeveelheid gevra. Produsente gaan dus nie hul totale inkomste kan verhoog deur die prys te verhoog, soos in die geval van onelastiese vraag nie, want dit gaan geneutraliseer word deur ʼn ooreenstemmende persentasieverandering in die hoeveelheid gevra.

•

Elastiese vraag ( ! " !# ) Wanneer jy na Figuur 6-3 (d) kyk, sien jy dat die vraag elasties is wanneer ʼn kleiner prysverandering lei tot ʼn groter verandering in die hoeveelheid gevra. Produsente kan van ʼn elastiese vraagkromme aflei dat hulle hulle inkomste kan verhoog deur die prys van die produk te laat daal. ʼn Klein daling in die prys van tamaties sal lei tot ʼn groter hoeveelheid van tamaties gevra, wat meer totale inkomste vir die produsent beteken. Wanneer produsente voor ʼn elastiese vraagkromme te staan kom, sal hul nie regtig hul pryse verhoog nie, want ʼn klein verhoging in hul pryse sal veroorsaak dat daar ʼn groter vermindering is in die hoeveelheid na hul produk gevra. Daarom moet hulle pryse eerder verlaag, indien hulle meer van hul produkte wil verkoop en hul totale inkomste wil opstoot.

•

Volmaak elastiese vraag ( # ) Volmaak elastiese vraag het ʼn horisontale vraagkromme, soos jy sal sien in Figuur 6-3 (e). Volgens hierdie kromme is verbruikers bereid om enige hoeveelheid teen ʼn bepaalde prys te koop, maar as die prys effens verhoog, daal die hoeveelheid gevra na nul.

Determinante van die pryselastisiteit van die vraag

Wanneer besluit moet word of die vraag na ʼn sekere produk of diens elasties of onelasties sal wees, moet al die moontlike determinante in ag geneem word. Hierdie is soos volg (bladsy 118-119 in die handboek): •

Vervangbaarheid van die produk

•

Komplementariteitsgraad van die produk

•

Soort behoefte wat deur die produk bevredig word

•

Die tydperk onder beskouing

•

Die gedeelte van die verbruiker se inkomste wat aan die produk bestee word

Studie-eenheid 1: Mikro-ekonomie: Deel I

Bladsy 41


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.