ENP307 - Franchise en Entrepreneurskap

Page 29

ENP307 Konsessies en Entrepreneurskap die konsessienemer (verspreider) tree op as ʼn nie-eksklusiewe, gemagtigde handelaar vir die konsessionaris se produkte en handelsmerke. Daar is slegs ʼn beperkte verhouding tussen die twee partye en daar word veronderstel dat beide partye gelyke vaardighede en toegang tot hulpbronne het (Woker, 2012, p. 14). Produk- en handelsnaamkonsessies word algemeen gevind onder motorhandelaars, brandstofdiensstasies en koeldrankbotteleerders. Produk- en handelsnaamkonsessies is ʼn konsessieverhouding waar die reg toegestaan word om ʼn baie bekende naam of produk te gebruik (Longenecker, 2000, p. 50). Die konsessionaris voorsien handelsmerke en logo’s, nasionale reklameveldtogte en beperkte ondersteuningsdienste. Hierdie tipe konsessie vereis nie altyd ʼn aanvanklike betaling of voortgesette fooie nie. In ruil daarvoor word die konsessienemer verplig om die gespesifiseerde produk, of reeks produkte, uitsluitlik van die konsessionaris aan te koop. Dit was die oorspronklike vorm van konsessies, maar raak al hoe meer ongewild omdat die ondernemingsvormkonsessie soveel meer voordele bied as die produk- en handelsmerkkonsessievorm (http://www.whichfranchise.co.za/article.cfm?articleid=18). 1.7

Voor- en nadele van konsessies

Van die redes waarom konsessies as ʼn manier van sake doen, so suksesvol is, is die sinergie wat tussen konsessionaris en konsessienemers tot stand kom. Dit is so dat konsessienemers wat saam ʼn sekere produk of diens onder een handelsmerk versprei, meer kan vermag as individue (Van der Walt, 1989, p. 264). Kom ons kyk nou na die voordele verbonde aan konsessies teenoor die nadele (en voordele) van ʼn onafhanklike onderneming vir beide die konsessionaris en die konsessienemer. 1.7.1

Voordele vir die konsessienemer

Oorweging Handelsnaam

Konsessie •

Die konsessienemer het die

Die entrepreneur moet sy

reg om ʼn gevestigde

eie handelsnaam vestig wat

handelsnaam, logo’s en styl

ʼn lang tyd kan neem.

van die konsessionaris te gebruik. •

Onafhanklike onderneming

Die naam sal nie nasionaal bekend wees nie, maar

Alhoewel die onderneming

plaaslike klante sal daarvan

nie onderskeidbaar is van

bewus wees.

ander eenhede nie, kan klante bewus gemaak word van plaaslike eienaarskap.

©akademia (MSW)

Bladsy 27


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.