FMG105 Finansiële bestuur Die volgende is ʼn grafiese voorstelling van die aktiwiteite betrokke by strategiese finansiële bestuur.
Figuur 1.6: Strategies finansiële bestuur Bron: http://imanifinancial.co.uk/images/sfm_diagram.jpg Belangrike besluite wat binne die bestek van finansiële strategie val, sluit die volgende in: •
Finansiële besluite Finansiële besluite handel oor die wyse van finansiering in die onderneming of die mengsel van eie fondse en skuldkapitaal in die onderneming. As dit moontlik is om die totale waarde van die maatskappy te verander deur verandering in die kapitaalstruktuur van die maatskappy, kan die optimale finansiële mengsel verkry word. Dit is wanneer die markwaarde van die maatskappy geoptimaliseer is.
•
Beleggingsbesluite Beleggingsbesluite behels die winsgewende aanwending van die onderneming se fondse, veral vir langtermynprojekte (kapitaalprojekte). Omdat die toekomstige voordele wat sulke projekte inhou nie bekend is nie, behels beleggingsbesluite noodwendig risiko. Die projekte moet dus geëvalueer word ten opsigte van verwagte opbrengs en risiko wat die faktore is wat uiteindelik die markwaarde van die onderneming bepaal.
©akademia (MSW)
Bladsy 23