GEC105 - Ekonomie

Page 44

GEC105 Ekonomie en teen watter van hierdie kombinasies die geweegde grensnut vir al die betrokke produkte dieselfde is. Daar is ʼn bekostigbare kombinasie van vyf eenhede brood, een eenheid vleis en twee eenhede rys. By hierdie kombinasie is die geweegde grensnut van elke produk gelyk aan 30. Wanneer die geweegde grensnutte gelyk is en sy haar beskikbare inkomste ten volle bestee het, in sy in ewewig. By die ewewigsposisie verkry sy dieselfde nut uit die laaste rand wat aan elke produk bestee word. Kyk na die simbole waarin ewewigsvoorwaarde uitgedruk kan word op bladsy 139 in die handboek. Vir ʼn verbruiker om in ewewig te wees, moet twee voorwaardes nagekom word: •

Die kombinasie goedere wat gekoop word, moet bekostigbaar wees.

Die geweegde grensnutte van die verskillende goedere moet gelyk wees.

Die twee voorwaardes word soms die wet van die gelykmaking van die geweegde grensnutte genoem of Gossen se tweede wet genoem. 1.11.4 Afleiding van ʼn individuele vraagkromme Handboek: Mohr & Seymore, 2012:140 – 142 Bestudeer afdeling 6.4 in die handboek tesame met tabelle 6-4 en 6-5, asook figuur 6-1. Hieruit sal jy aflei dat Helen haar behoeftevoldoening kan verhoog deur ʼn groter hoeveelheid sjokolade te verbruik wanneer die prys van sjokolade daal, ceteris paribus. ʼn Verbruiker wat nut maksimeer, sal ʼn groter hoeveelheid van ʼn produk vra wanneer die prys van die produk daal, terwyl alle ander dinge onveranderd bly. Die individuele vraagkromme verloop dus afwaarts van links bo na regs onder. 1.11.5 Opmerkings oor die nutsbenadering Handboek: Mohr & Seymore, 2012:142 – 143 1.12 Die teorie van vraag: die onsydigheidsbenadering Handboek: Mohr & Seymore, 2012:145 – 159 (Hoofstuk 7) 1.12.1 Ordinale en kardinale nut Handboek: Mohr & Seymore, 2012:146 Ordinale en kardinale nut is reeds bespreek in paragraaf 1.11.1. Die onsydigheidsbenadering berus op die ordinale nut. Lees bladsy 146 in die handboek vir verdere bespreking.

©akademia (MSW)

Bladsy 42


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.