GEC105 - Ekonomie

Page 119

GEC105 Ekonomie

Selfevalueringsriglyne Riglyne: Aktiwiteit 1 Verwys na Raam1-1 bladsy 5, in hoofstuk 1 van die handboek vir moontlike voorbeelde. Riglyne: Aktiwiteit 2 •

Gedurende die eksamens is die koste om TV te kyk, die moontlikheid om die eksamens te druip. Hierdie geleentheidskoste is dus baie hoër gedurende die eksamentyd as na afloop van die eksamen.

Indien Sarie self haar kinders na hulle buitemuurse aktiwiteite moet neem, beteken dit dat sy haar werk moet prysgee en die salaris wat sy daaruit sou verdien. Die geleentheidskoste om self haar kinders te vervoer is dus haar salaris. Riglyne: Aktiwiteit 3

Die aanname dat “alles dieselfde bly”, word die ceteris paribus-aanname genoem. Om te bepaal wat die gevolg van ʼn verandering in een faktor is, is dit belangrik dat die ander faktore konstant bly, sodat daar bepaal kan word wat die gevolg van die verandering werklik is. Indien ʼn klomp faktore toegelaat word om te verander, gaan dit onmoontlik wees om te bepaal watter faktore vir watter verandering verantwoordelik is. Riglyne: Aktiwiteit 4 Vals, om deel te wees van die vraag na iets, moet jy oor die vermoë beskik om die produk te koop. Hongersnood kom voor omdat mense nie oor die vermoë beskik om produkte te koop nie. Riglyne: Aktiwiteit 5 Indien inkomste styg en die produk waarvan gepraat word, is ʼn minderwaardige produk, sal die vraag daal en die vraagkromme na links skuif. Riglyne: Aktiwiteit 6 Prys en hoeveelheid gevra, word genoem in die stelling, dit wil sê, dat pryselastisiteit van vraag van toepassing is. Persentasie verandering in hoeveelheid gevra, is groter as die persentasie verandering in prys, dus is vraag elasties.

©akademia (MSW)

Bladsy 117


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.