MKT206 - Bemarkingspraktyk

Page 90

MKT206 Bemarking

Voorbeeld 3.2 McDonald’s het deur hulle benadering geslaag om ʼn dienskultuur wêreldwyd te vestig McDonald’s is baie suksesvol in sy internasionale uitbreiding. In ʼn sekere sin het McDonald’s “Amerikaans" gebly in alles wat hy doen – mense regoor die wêreld wil ʼn Amerikaanse ervaring beleef wanneer hulle McDonald’s besoek. Die maatskappy bly egter sensitief vir kulturele verskille. Hierdie subtiele vermenging van die McDonald’s manier met aanpassings van kulturele nuanses, het gelei tot ʼn groot sukses. Een manier waarop McDonald’s verseker dat sy standaarde behou word, is deur middel van sy Hamburger University, wat alle McDonald’s werknemers wêreldwyd oplei, voordat hulle bestuurders kan word. Elke jaar word ongeveer 3000 werknemers van byna 100 lande ingeskryf en deurloop hulle die Advanced Operations kursus by HU, geleë in Oak Brook, Illinois. Die kurrikulum is 80% gewy aan kommunikasie en menslike hulpbronvaardighede. Die resultaat is dat alle bestuurders in alle lande dieselfde 'tamatiesous in hulle are" het en die restaurante se basiese menslike hulpbron- en bedryfsfilosofieë redelik stabiel van taak tot taak bly. Sekere aanpassings in dekor, spyskaart en ander gebiede van kulturele verskille, word wel toegelaat. (Zeithaml & Bitner 2000)

3.6

Belangrikheid en rol van dienswerknemers binne dienslewering

Die sukses van die bemarking van ʼn diens is baie nou gekoppel aan die keuring, opleiding, motivering en bestuur van mense. Daar is baie voorbeelde van diensondernemings wat misluk, as gevolg van die ondoeltreffende of oneffektiewe bestuur van mense (Payne 1993: 163).

©akademia (MSW)

Bladsy 88


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.