18 May 2018 Zoutpansberger Digital

Page 4

4

Ek is ... die Weg, die Waarheid en die lewe Die verkeerde pad wat reg lyk.

2

Timoteus 3:5. Mense wat die gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Die duiwel se “bedrieglike smal pad” is sy meesterstuk. Dit lyk presies net soos die een wat na die hemel lei, maar bring jou nooit daar uit nie, omdat dit nooit by die kruis begin het nie. Dit help nie om uiterlik soos ‘n toegewyde Fariseër onberispelik te lewe as jy nog nooit die sondaarsgebed van: “O God, wees my, sondaar genadig” gebid het nie. Baie dink dit is genoeg om die Here, soos die ryk jong man, wetsgehoorsaam te dien. Hulle pleidooi voor die Here sal ook wees soos die van Matt. 7:21-23: In U Naam het ons geprofeteer, duiwels uitgedryf ens. Stom van verbasing en lam van skrik en vrees, sal hulle moet hoor: “Ek het julle nooit geken nie, gaan weg van My...” Mense kan nie glo dat hulle verlore sondaars is, net omdat hulle nog nie we­ de­r­gebore kinders van God is nie. Dit help niks om nie aan dwelms en drank verslaaf te wees nie, nie te vloek en leuens te vertel en nie oneerlik te wees nie, maar steeds nog die grootste en ergste van alle sondes te doen, van nooit die Here Jesus as ‘n verlore sondaar aan te roep, en Hom in geloof as persoonlike Saligmaker te ontvang nie. Iemand wat waarlik uit God se Gees wedergebore is, het ‘n klokhelder getuienis van hoe en wanneer dit gebeur het en ‘n diep innerlike wete en versekering daarvan. Die “nou poort” waarvan Jesus die “Deur” is, is nou nog voor jou oop. Jy kan vandag nog seker wees dat jou stryd van vandag so voel en die volgende dag weer twyfel, eens en vir altyd kan ophou as jy Hom wat klop, net ontvang (1 Joh. 5:12+13 ). - 079 516 8303 Voorkeur word gegee aan kort briewe oor plaaslike aange­leent­­hede. Die redakteur behou die reg voor om briewe te verkort. / Preference is given to short, factual letters concerning local matters. The editor reserves the right to shorten letters.

Published by Zoutnet CC, trading as Zoutpansberger and printed by D Brits, Jeppe Street 1, Louis Trichardt. POSTAL ADDRESS / POSADRES PO Box / Posbus 1680, Louis Trichardt, 0920 TELEPHONE / TELEFOON: Louis Trichardt: (015) 516 4996/7 Louis Trichardt fax (015) 516 2303 E-MAIL / E-POS: Advertising / Advertensies: Editor / Redakteur: Administrative / Administratief: Website / Webtuiste:

luandi@zoutnet.co.za anton@zoutnet.co.za anton@zoutnet.co.za http://www.zoutnet.co.za

NEWS / NUUS: News Editor / Nuusredakteur: Andries van Zyl (015) 516 4996/7 Reporter / Verslaggewer: Isabel Venter

073 349 1587

ADVERTISING / ADVERTENSIES: George Janse van Rensburg 082 419 2359 Yolanda Cronjé 082 972 2060 Classified/Legal Notices: (015) 516 4996/7

ASSOCIATION OF INDEPENDENT PUBLISHERS

Audited Distribution Figures

DISTRIBUTION / VERSPREIDING: The newspaper is distributed by Far North Media Distributors. Any queries regarding distribution can be directed to George Janse van Rensburg (082 419 2359) Zoutpansberger publication subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the standards set in the Code, please feel free to contact the editor at the numbers provided above. Complaints about advertisements are handled by the Advertising Standards Authority of South Africa (ASA). Complaints must be directed to the ASA at Willowview, Burnside Island Office Park, 410 Jan Smuts Avenue, Craighall Park, Johannesburg or PO Box 41555, Craighall, 2024. Fax: (011) 781 1616 E-mail: complaint@asasa.org.za © All rights of reproduction of all articles, advertisements and all other material published in this newspaper are hereby distinctly reserved in compliance with Article 12(7) of the Copyright Act. Alle regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie koerant gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op Outeursregte en wysigings daarvan.

Zoutnet

News with an independent soul

ZOUTPANSBERGER, 18 MAY 2018

Onteiening is ‘n werklikheid wat verantwoordelik hanteer moet word Deur Andries van Zyl

Die regering se voorgestelde wysiging aan Artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het baie landbouers uiters bekommerd. Om meer lig te werp op die onderwerp, het mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, Saterdag plaaslike landbouers hieroor kom toespreek. ‘n Groot hoeveelheid landbouers het Saterdag by Kennington Lodge buite Louis Trichardt byeengekom om te hoor wat die toekoms vir die Suid-Afrikaanse boer inhou. Van Zyl se boodskap was nie noodwendig wat boere wou hoor nie – dat onteiening ‘n realiteit is. “Dit is ongelukkig so dat mense hierdie ding uiteenlopend sien. Daar is selfs sekere rolspelers in die landbou wat sê: ‘Julle jaag net spoke op. Hierdie is net ‘n ou stofstormpie wat in die pad af kom. Dit is ‘n ou politieke prosessie. As die verkiesing verby is, sal dit weer rustiger wees.’ Vriende, ongelukkig is dit nie so nie,” het Van Zyl gesê. Die groot vraag wat gevra is, is of landbouers gereed is vir wat kom? “Wat staan ons te doen? As ons niks doen nie, dan het ons ‘n probleem. Dit gaan egter baie wyer as landbouers. Hierdie is Suid-Afrika se probleem. Dit is nie net die boer se probleem nie,” het Van Zyl gesê. Wat laasgenoemde betref, het Van Zyl gewaarsku dat onteiening nie net tot landbougrond beperk sal wees nie. “Ons praat hier van die beginsel van privaat besitreg, en as die ANC-regering hierdie beginsel gaan wysig en hy gaan ‘n klomp wette maak dat hy ‘n bate kan vat sonder vergoeding, dan beteken dit by implikasie dat hy ook ander bates kan vat as dit sy keuse sal wees.” In dieselfde asem het Van Zyl genoem dat hy nie sê dit gaan definitief gebeur nie, maar in beginsel kan hulle dit doen. Van Zyl het gesê dat toe die regering die woorde “onteiening sonder vergoeding” geuiter het, daar onmiddellik ‘n bepaalde vakuum geskep is. “As ons nie daardie vakuum gaan vul met logiese, verantwoordelik en rasionale insette nie, sal ons deur ons stilswye daardie proses kondoneer en hulle [die regering] vrypas gee om voort te gaan op daardie trajek,” het Van Zyl gewaarsku. Van Zyl het dit beklemtoon dat die regering ernstig is oor onteiening. “So, ons moet met groot verantwoordelikheid na hierdie saak kyk. Dit is ‘n baie ernstige saak ... daarom sê ek daar is sekere dinge wat ons moet doen en ons moenie daarvan terugdeins nie. Ons moet verseker weet dat ons nou met groot kundigheid, groeperings bymekaar, met verantwoordelikheid hierdie pad moet stap,” het Van Zyl gesê. As deel van hierdie verantwoordelike optrede het Van Zyl verwys na die proses wat tans aan die gang is waar landsburgers skriftelike kommentare of versoeke om mondelingse getuienis kan indien ten opsigte van die voorgestelde wysiging aan Artikel 25. Hierdie kommentare moet mnr. Pat Jayiya in die parlement nie later as 15 Junie bereik nie. Jayiya se e-posadres is pjayiya@parliament.gov.za. Slakpos kan ook gestuur word na die Konstitusionele Oorsigkomitee, Parlement, Posbus 15, Kaapstad, 8000. Van Zyl het egter gewaarsku dat burgers ook verantwoordelik moet optree in die opstel van hulle kommentare. “Ek pleit by u – moenie uself weens emosie in die tronk in praat of doen nie,” het Van Zyl gesê. Hy het ook burgers gewaarsku om nie emosioneel opgesweep te raak deur mekaar op sosiale media aan te hits nie. Fopnuus, het Van Zyl gesê, hou veral ‘n gevaar in. Van Zyl het gesê dat die TLU SA as ‘n verant­ woordelike vesting vir die kommersiële boere advies kan verskaf oor hoe om hulle kommentaar saam te stel. Dit sluit in dat landbouers soveel moontlik individuele en kollektiewe insette moet indien. “Ons mag nie hieroor stilbly nie,” het Van Zyl gesê. Ander riglyne wat die TLU SA aan landbouers gee, is dat die beginsel van onteiening sonder vergoeding verwerp moet word en dat die wysiging van Artikel 25 teëgestaan moet word. “Privaat eiendomsreg moet erken en beskerm word. Dit is die fondasie vir beleggingsvertroue en ‘n voorvereiste vir die opbou en uitbreiding van die ekonomie tot voordeel van alle inwoners van die land. Die voortdurende onsekerheid oor eiendomsreg kos ons land beleggings en ‘n algehele verlies aan sakevertroue, met die gevolg dat werk nie geskep word nie,” is die TLU SA se standpunt hieroor. Die unie argumenteer dat die Staat eerder die bestaande restitusieproses verbeter, die groots-

kaalse korrupsie daarin beperk en die proses versnel, sodat dit binne sewe jaar afgehandel kan word. As deel van die regering se dryf om Artikel 25 te wysig, het die provinsiale leier van die DA, mnr. Jacques Smalle, ook die vergadering gewaarsku dat die voorgestelde onteiening almal sal raak. “Alle vorme van eiendom sal in die gedrang kom, nie net grond nie, en dit is ons plig om eiendoms­ regte te beskerm. Die openbare deelname vir die beoogde wysiging van die Grondwet word baie ernstig opgeneem en alle voorleggings sal deur die hersieningskomitee bespreek word. Die DA word verteenwoordig deur adv. Glynnis Breytenbach, mnr. James Selfe en dr. Annelie Lotriet,” het Smalle gesê. As deel van die proses het die regering vier openbare verhore oor die voorgestelde wysiging van Artikel 25 in Limpopo geskeduleer. Die verhore vind plaas op 27 Junie (Groblersdal), 28 Junie (Mokopane), 29 Junie (Giyani) en 30 Junie (Tho-

hoyandou). “Dit is uiters belangrik dat almal vir die Grondwet opkom deur die verhore by te woon. Die algemene gevoel is ook dat die organisasies en politieke partye wat ten gunste van die wysiging is hulle lede in groot getalle gaan mobiliseer. “Nou is nie die tyd vir ons om in ‘n gemaksone te verkeer nie. Ons moet aktief betrokke raak om ons Grondwet en eiendomsregte te beskerm,” het Smalle ná afloop van die vergadering in ‘n ver­ klaring gesê. Hy het Van Zyl se woorde tydens die vergadering beaam toe hy gesê het: “Die tyd van op die kantlyn sit is verby.” Van Zyl het inwoners versoek om ter voorbereiding van wat kom, in te skakel by hulle plaaslike gemeenskapstrukture, soos die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, asook ander plaaslike veiligheidstrukture soos plaas- en dorpswagte. “Ons kan mekaar lank besig hou met die negatiwiteit eerder as die realiteite van hierdie land. Ons moet daarvan kennis neem – ons kan nie oningelig wees nie,” het Van Zyl gesê.

Afgeneem ná afloop van Saterdag se vergadering oor die regering se voorneme om Artikel 25 van die Grondwet te wysing om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is (van links na regs) mnre. Door s Le Roux (ondervoorsitter van die SDLU), Bennie van Zyl (hoofbestuurder van TLU SA) en Fanie Havinga (voorsitter van die SDLU).

Afgeneem is Laerskool Louis Trichardt se senior revuegroep wat ‘n diamanttoekenning verower het tydens die jaarlikse Soutpansberg Kunstefees wat verlede Dinsdag en Woensdag by die skool aangebied is.

Hierdie groep leerlinge van Laerskool Louis Trichardt vorm almal deel van die skool se junior revuegroep wat ‘n diamanttoekenning ontvang het vir hul optrede tydens die jaarlikse Soutpansberg Kunstefees. Die fees het op 8 en 9 Mei by Laerskool Louis Trichardt plaasgevind.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.