27 Aug 2021 | Edition 31 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514
Mohokare NOU WEET JY ● NOW YOU KNOW
ZASTRON HS SE ‘GERAAMTES IN DIE KAS’ VERWERF BRONS IN BLOEM
Gerrie Lemmer, die ATKV Hoof van Taal en Kultuur - LitNet
ZASTRON: Die Hoërskool Zastron het onlangs grootliks erkening gekry by Gerrie Lemmer, die ATKV Hoof van Taal en Kultuur, vir die produksie ‘Geraamtes In Die Kas’ tydens die ATKV-Tienertoneel wat die skool in Augustus 2021 by die Bloemfonteinstreekfees opgevoer het. Die beoordeelaars was Gerben Kamper en Marijda Kamper. Die volgende leerlinge het almal Brons ATKV diploma’s ontvang: Mijanda Meades, vir regie in
die produksie, Ané Brown, vir stelontwerp, Arno Moelich, vir stelontwerp en -inkleding, Pieter Swart, vir beligtingsoperateur in die produksie, Michael Welgemoed, vir spel, Luhle Mdladlamba, vir spel, Tarien Wagenaar, vir spel en Boitumelo Tuaone, ook vir spel in die produksie. Meanda Meades het op sosiale media die skool en leerlinge hartlik geluk gewens: “Baie geluk aan al die leerders met die mooi prestasie.”