Worcester standard 20 02 2014

Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 20 Februarie 2014

Prys: R5.00

Polisieoptrede ná skietvoorvalle 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Ongeluk by Nekkies

3

Uitstappie lei tot verdrinking

4 Die liggaam van Danical Botha word deur polisie­patoloë verwyder.

OU­DORP: 1DOOD, 1 ERNSTIG

2 vriende geskiet JOLINE VAN DER MERWE Twee jongmans van Riverview is verlede Woensdag in De Wetstraat (Ou-Dorp) deur ’n onbekende persoon geskiet. Een het gesterf en die ander is ernstig gewond. Danical “Wayne” Botha (26) en Vivian Lewis (24), boesemvriende, was op pad om goedere in De Wetstraat te verkoop toe hulle voorgekeer en die aanvaller op hulle begin skiet het. Die twee het by ’n nabygeleë erf ingehardloop. Volgens kol. Willis Smith, bevelvoerder by die Worcester-polisiekantoor, wat self op die toneel was, is Botha twee keer in die kop geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk. Lewis is na die Worcester-hospitaal gehaas waar hy gestabiliseer is. Hy is later na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas. ’n Koeël het Lewis in die mond getref en in sy verhemelte vasgesteek. Die voorval het omstreeks 18:00 gebeur. Die erf waar die twee ingehardloop het, word deur buitelanders bewoon. Twee tieners

Donderdag 26 ° C

Gedeeltelik bewolk

wat ten tyde van die voorval in die huis was, het weggekruip nadat hulle die skote gehoor het. “Ons was besig om televisie te kyk en die volgende oomblik hoor ons net skote. Toe gaan kruip ons agter ’n bank in die kamer weg,” vertel die erg geskokte tieners. Dié twee het later uit die huis na die straat gehardloop. Hulle het twee mans sien baklei – een, volgens hulle, vol bloed. Die tieners kon nie die skieter se gesig sien nie. Volgens Katrina Botha, Danical se ouma, was haar kleinseun – wie se ma, Cathleen, laasjaar oorlede is – ’n goeie mens wat meeste van sy tyd tuis met sy sewejarige seun deurgebring het. Volgens Botha was Danical wel aan tik verslaaf. “Ons oumense moet maar met ons pensioen aansukkel, terwyl die dwelmbase oornag wil ryk word,” het ’n gefrustreerde Botha gesê. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcesterpolisie, is ’n man na die polisiekantoor geneem vir ondervraging. Niemand is egter nog gearresteer nie.

Vrydag 28 ° C

Mooiweer

’n Foto van ’n jonger Danical saam met sy ma, Cathleen, wat laasjaar oorlede is.

Die erf in De Wetstraat waar die twee vriende ingehardloop het. Die baie bome maak dit onmoontlik vir enigiemand om iets te sien van die pad af. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Saterdag 31 ° C

Gedeeltelik bewolk

Sondag 31 ° C

Gedeeltelik bewolk


2

Standard

Nuus News

20 Februarie, 2014

Tribunal for illegal occupants MATTHEW SHELDON The Breede Valley Municipality (BVM) recently established a housing tribunal to find solutions for the illegal occupants living in its rental units. According to Jonathan Marthinus, director for community services, the BVM is losing thousands each month due to these occupants living in their rental units without paying. The tribunal consists of Marthinus, mayoral committee member for housing Cllr. Eileen Sheldon, housing manager Xolile Fula, and the specific ward councillor depending on the ward in question. The first meeting with illegal occupants living in Russell Scheme has already been held. Marthinus mentioned that based on the information they receive, a decision will be made on the appropriate action that should be taken. “In September 2013 a full-scale survey on all our rental units was done and we have found that of our 3 000 units approximately 134 are being illegally occupied. Most of these illegal occupants have been occupying our units for three years and in some cases, even longer,” he stated. Marthinus told the Standard that most of their units are in a “very bad state”. “It will take in excess of R30 million to get all our units up to standard,” Marthinus said. In most cases, the legal occupants don’t go to the municipality to sign-off when they leave their unit, but rather give the keys to family members or friends. “Another problem we are currently addressing is the fact that illegal activities are being run by gangsters in our units”. The BVM is currently looking

Polisiebeamptes fynkam die area by die Riverview­woonstelle vir moontlike leidrade.

Spesiale polisieoptrede ná skietvoorvalle The Breede Valley Municipality (BVM) recently established a housing tribunal to find solutions for the illegal occupants living in its rental units.

PHOTO: MATTHEW SHELDON

at creating a bylaw “The management and control of rental units within the municipality”. Marthinus explained that the bylaw, which has been submitted to their legal advisor, will also address other illegal activities such as shebeens, drug smuggling and gangsterism conducted in municipal property. An internal workshop will be held to discuss the bylaw in detail before a public participation process is implemented. Marthinus mentioned that the reason for the municipality establishing a tribunal is to try an resolve the housing issues amicably without getting eviction orders. “It is also important for people to note that the housing waiting list will not be affected by this process and is still our reference point when it comes to allocating houses,” concluded Marthinus.

Polisie soek inligting oor skietvoorvalle Die volgende mense word gevra om dringend met die Worcester-polisie in verbinding te tree met moontlike inligting aangaande verskeie skietvoorvalle die afgelope tyd:

FOTO: MATTHEW SHELDON

. Martin “Otter” Heskwa . Riaan Prins . Jenrico “Penne” Arendse . Marcello Kammies Bel gerus die Worcester-polisie by 0 023 348 8600.

JOLINE VAN DER MERWE Die Worcester-polisie het die afgelope naweek hul hande vol gehad met talle skietvoorvalle in Roodewal en Riverview. Maandagaand het polisiebeamptes in ’n spesiale operasie op kwaaddoeners toegeslaan en talle verdagtes is in hegtenis geneem. Tussen Saterdag en Dinsdagoggend is nege sake van poging tot moord aanhangig gemaak. Saterdag tussen 06:50 en 23:00 is vyf skietvoorvalle, almal in River-

view, by die polisie aangemeld. Niemand is beseer nie en ses verdagtes is in hegtenis geneem. Sondag is nog twee skietvoorvalle aangemeld. In Roodewal is niemand beseer nie en een verdagte is in hegtenis geneem. In die ander voorval is ’n 30-jarige man in die linkerbeen geskiet. Geen verdagtes is tot dusver aangekeer nie. Maandagoggend omstreeks 01:00 is nog ’n skietvoorval in Riverview aangemeld. Niemand is egter beseer nie en ’n 32-jarige man is in hegtenis geneem.

Met die spesiale operasie is ’n 25jarige verdagte omstreeks 06:40 in Roodewal vir die onwettige besit van ’n CZ 7.65 mm-vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem. Die vuurwapen sal ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit vir ander misdade gebruik is. Dinsdagoggend omstreeks 01:10 is ’n 17-jarige seun naby die ou gholfbaan in Riverview in die nek geskiet. Hy sterk in die Worcester-hospitaal aan en ’n 16-jarige seun is in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Skenk klere en kos vir fonds

MR AND MS VALENTINE: Brewelskloof Hospital held their annual Mr and Ms Valentine pageant on Friday 14 February. The win­ ners were not only judged on their friendly disposition, but also had to participate in a quiz which proved their knowledge and understanding of tuberculosis, various medication and the need for adherence and infection control procedures. This year’s win­ ners were (back) Ivan Pietersen (2nd runner­up), Gert Jansen (Mr Valentine) and Hendrik Jansen (1st runner­up) and (front) Christi­ na Mrubata (2nd Princess), Elizabeth Titus (Princess) and Dorathea Europa (1st Princess).

Die Standard Kinderfonds is reeds fluks besig met sy insamelingsprojek om te sorg dat minderbevoorregte kinders in die Breedevallei nie hierdie winter koud of honger hoef te gaan nie. Hoewel die fonds staatmaak op skenkings vir sy Winterwarmteprojek in die vorm van klere (nuut of tweedehands), word ’n beroep nie net op die inwoners nie, maar ook op sakelui gedoen om skenkings van veral niebederfbare voedsel te maak. Bydraes wat ontvang word, word onder drie instansies verdeel wat op hul beurt toesien dat dit gaan na waar die nood op sy hoogste is. Dié instansies is die ACVV Worcester, Kindersorg SA en Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG). Skenkings kan by die volgende versamelpunte op die dorp afgelewer word: die Standard-kantoor by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Brownstraat 6, Aïda Winelands by Kerkstraat 22 en Dentzone by Fieldstraat 22. Kontantskenkings kan inbetaal word by: FNB-rekening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; rekeningnommer: 62152031383; takkode 261150; tak: Cape Town City. Faks ’n afskrif van die depositostrokie na Christine.Smit@worcesterstandard.com. Alle bydraes sal in die Standard erken word.


Standard

Nuus News

20 Februarie, 2014

3

’n Ongeluk tussen ’n wit Ford Bantam en ’n blou Peugeot het op die Rawsonville­pad reg oor­ kant Nekkies plaasgevind. FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Die blou Peugeot waarin die Ackermans gery het, het op sy sy binne ’n sloot aan die kant van die pad te lande gekom.

Motor in sloot ná ongeluk by Nekkies MATTHEW SHELDON “Die gil van my twee kinders en die omstanders het my wakker gemaak”. Só het Judith Ackerman (48) vertel nadat haar motor vermoedelik naby Nekkies buite Worcester deur ’n Ford Bantam-bakkie van agter getref is. Die ongeluk het omstreeks 18:00 Saterdagaand 8 Februarie plaasgevind. Die blou Peugeot waarin die Ackermans gery het, het op sy sy in ’n sloot aan die kant van die pad beland. “Ek kon sien die bestuurder was nie in beheer van sy voertuig nie want sy bakkie het heen en weer oor die pad gery. Die bestuurder het my van agteraf getref en dit is toe dat my kar geswaai het en van die pad af in ’n sloot gerol het,” het sy gesê. Met die Standard se aankoms op die toneel het visse en hengeltoerusting op die ongelukstoneel gesaai gelê. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, Worcester-polisiewoordvoerder, wou die bakkie vermoedelik die Peugeot verbysteek toe die ongeluk plaasgevind het. Ackerman het aan die Standard verduidelik dat sy erg geskok was toe sy dié bakkie agter haar teen ’n hoë spoed sien ry het. Ackerman se dogter (12) en seun (7) het ligte beserings opgedoen, terwyl sy haar nek, rug, kop en bekken ernstig beseer het. Die Ackermans is na die Worcester-hospitaal geneem. Die kinders is dieselfde dag ont-

slaan terwyl Ackerman vir ’n dag in die hospitaal moes lê. “Onverantwoordelike bestuurders sal strenger vasgevat moet word. Die veiligheidsgordel het ons lewe gered, maar dit is ook ’n wonderwerk van God dat ons die ongeluk oorleef het,” het sy agterna gesê. Moloi sê nadat die polisie op die toneel aangekom het, kon hulle eers nie die bestuurder van die bakkie opspoor nie. Hulle het hom wel later gevind. Hy het bygevoeg dat dié persoon se verklaring afgeneem is. Dit is nou na die senior staatsaanklaer verwys. Volgens Moloi is niemand nog tot dusver in hegtenis geneem nie. ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

Die polisie het ná die ongeluk na die be­ stuurdervan die Bantam­bakkie gesoek.


4

Standard

Nuus News

20 Februarie, 2014

Tafeldruif­wenners wys goeie gehalte

Polisieduikers maak gereed om Shayne Booysen (18) se liggaam te soek.

FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Uitstappie word tragedie JOLINE VAN DER MERWE ’n Impulsiewe uitstappie deur die bos om in die Breederivier in die Nekkieskampterrein te gaan swem, het vir drie vriende van Avianpark in ’n tragedie ontaard toe een sy lewe verloor het. Shayne Booysen (18), sy 15-jarige neef en Elroy Modise (28) het Vrydagoggend sit en praat oor hul naweekplanne, toe hulle besluit het om by die rivier te gaan visvang. Dié drie en van hul ander vriende was Maandag en Dinsdag ook by die rivier om lafenis te kry teen die versengende hitte wat die Vallei die laaste twee weke in sy greep gehad het. Dit is sowat 30 minute se stap deur die bos van Avianpark af tot by dié deel van Nekkies. Volgens Modise het die 15jarige seun moeg geword terBooysen se ma Christine Booysen wyl hulle van een kant van en tante, Alice Esterhuizen, is ge­ die rivier na die ander kant broke ná sy verdrinking. geswem het. Booysen het soek en dit omstreeks 19:30 uit die hom toe aangesê om sy neef Shayne Booysen te gaan help. “Ek het toe om- het verdrink tydens rivier gehaal. “Woorde kan nie beskryf hoe ek gedraai om hom te gaan help ’n visvang­uitstap­ en dit was maar moeilik om- pie met sy vriende. gevoel het nie,” vertel ’n verslae Modise. dat nie een van ons sterk Die oorledene se ma, Christine Booysen, swemmers is nie en hy baie gespartel het,” sê haar seun het nie van swem gehou nie. vertel Modise. Modise sê terwyl hy na die riete gegryp “Vir 18 jaar was Shayne nie ’n water-mens het om homself en die neef na die wal te nie.” Christine sê toe haar suster die nuus van trek, het hy gehoor hoe Booysen “ah!” skree. Toe hulle omkyk, was hy besig om Shayne se verdrinking aan haar oordra, het sy haar net sprakeloos aangestaar. onder die water te verdwyn. Die familie en vriende beskryf Booysen Die twee het toe huis toe gehardloop om hulp te gaan soek. Een van die bure het die as ’n “grappige karakter” met die mooiste polisie omstreeks 13:30 ontbied en die twee glimlag. “Ek gaan daai kind mis,” sê sy tante, Alivriende het die polisie gaan wys waar Booysen onder die water verdwyn het. Po- ce Esterhuizen, met trane in die oë. Sy lisieduikers het ure lank na sy liggaam ge- woon ook dieselfde erf.

Die Hexvallei Tafeldruif Assosiasie (HTA) se Wingerdblokkompetisie het Saterdag 15 Februarie in die Ledesaal op De Doorns plaasgevind. Daar was vanjaar meer luister aan die funksie verleen met ’n dinee en ’n dans waar daar lekker saamgekuier kon word. Vanjaar het daar 19 gevestigde blokke en 10 jongblokke vir die Die wenners van die gevestigde blokkompetisie is W.J. kompetisie ingeskryf. van Wyk (Hylton Grange), Michael Bester (Kleinberg), Die blokkompetisie is sedert Pierre van Zyl (De Modderdrift – eerste plek), J.J. le 1976 reeds ’n instelling op die jaar- Roux (De Vlei B) en Eddie Kotze (Vorentoe). likse kalender. Tenspyte van swak weersomstandighede vroeg in die seisoen was die gehalte van die blokke baie goed en die beoordelaars, onder leiding van Johan Hugo (PPECB), het hulle goed van hul taak gekwyt. Volgens Michael Laubscher, voorsitter van die HTA, is die sukses van die kompetisie te danke aan die borge en donateurs wat so ’n groot bydrae maak jaar na jaar. Laubscher het die geleentheid gebruik om al die vroue wat die funksie bygewoon het te bedank en het bygevoeg dat hulle die anker Wenners van die jongblok­kompetisie is Deon van die boerdery is. Meissenheimer (Vreesniet van AS Viljoen & Die gasspreker vir die aand was Willem Seuns Boerdery), Jan Engelbreght (Kanetvlei Bestbier, uitvoerende bestuurder van die van De Wet Conradie), Robert Brown (Kanet­ Suid-Afrikaanse Tafeldruif Industrie (SATI). vlei van De Wet Conradie) en Pieter de Kock Bestbier het tydens sy spreekbeurt ’n kort oor- (Boplaas van AS Viljoen & Seuns Boerdery). sig gegee van SATI se rol in die landbou en FOTO’S: VERSKAF ook uitgebrei oor die groep se beginsels. Hy het gesê die mark moet toeganklik ge- wees. Ter samevatting meen Betsbier transformaak word vir die uitvoer van tafeldruiwe, en die uitvoermark van druiwe moet op goeie masie skep geleenthede vir almal in die landgehalte en pryskapitaal onderhandel word, boubedryf en dat transformasie wel suksesvol deurgevoer kan word. veral vir die buiteland. “Ten spyte van die onlangse reën en skade Bestbier voel ook daar moet navorsing gedoen word ten opsigte van tegnologiese mark- moet ons deurdruk,” het Bestbier bygevoeg. Die HTA bedank al sy borge vir hul ondergedrewe primêre programme en dat daar goeie kommunikasie tussen rolspelers moet steuning.

Goeweneur D’urban se nalatenskap ’n Leser en inwoner van Worcester, Julian Kritzinger, verwys na die artikel “Gedagtes oor Durbanstraat en verwantskap met Durban aan die kus” (Standard, 13 Februarie) en het die volgende inligting oor dié straat aan die Standard gestuur: Durbanstraat, sowel as Durban en Durbanville, is na luitenant-generaal Sir Benjamin D’urban (GCB, KCH, KCTS, FRS 1777 – 25 Mei 1849) vernoem. Hy was ’n Britse generaal en koloniale administrateur en word vandag onthou vir sy grensbeleid, maar veral as die goewerneur wat gemoeid was met die emansipasie van slawe ten tyde van sy goewerneurskap aan die Kaapkolonie (1834-1838). D’urban, wat in Halesworth, Suffolk, gebore is, het as jong man by die Britse leër in 1793 aangesluit en vinnig opgang gemaak. Vir sy dapperheid en pligsgetrouheid is ’n magdom toekennings aan hom toegeken waaronder die Army Gold Cross met vyf gespes. Ná sy militêre loopbaan is D’Urban in die buitelandse diens aangestel en word deur koning William IV in 1834 as goewerneur en opperkommandeur van die Kaapkolonie aangestel.

Die groot trek van setlaars na die noorde en ooste het onder sy goewerneurskap begin, asook die uitbreek van die Kaapse Grensoorloë (1834-1835). D’urban was verantwoordelik vir die anneksasie van die gebiede tussen die Keiskamma en die Groot-Kei (later Queen Adelaide’s Province). Hy is in 1949 in Montréal oorlede nadat hy die diens aan die Kaap verlaat het. Ná ’n herbegrafnis rus sy oorskot in die Last Post Fund Militêre Begraafplaas in Pointe-Claire. Slawerny is in 1833 in die Verenigde Koninkryk afgeskaf en D’Urban moes toesien dat dit ook in die Kaapkolonie afgeskaf word. Hy word ook onthou dat hy op progressiewe wyse vele munisipale en wetgewende rade op die been help bring het en Port Natal geannekseer het as nuwe kolonie vir die Britse Ryk. Om hom te vereer was die naam van die hawestad van Natalia (Port Natal) in 1835 na Durban verander. Hy moes ongetwyfeld baie deur Worcester reis op pad Oosgrens toe om die Kaapse Grensoorloë te beëindig. Daar is toe besluit om Durbanstraat na D’Urban te vernoem.


Standard

Nuus News

20 Februarie, 2014

Kiesers oor registrasie MATTHEW SHELDON EN JOLINE VAN DER MERWE Suid-Afrikaners kan op 7 Mei hul kruisie gaan trek vir die party wat hulle glo verbe-

“Ja, ek het ge­ registreer. Ek bly in Avianpark en behuising is ’n groot probleem, maar niks word aan die saak gedoen nie. ’n Mens weet nie meer vir wie om te stem nie, want almal van hulle maak net leë beloftes. Op die ou end, as die spesifieke party aan be­ wind kom, val dinge nie in plek soos hulle belowe het nie,” sê Tom Klassen (51) van Worcester.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON

tering en verandering sal bring. Die Standard het met Breedevalleiers gesels om uit te vind of hulle geregistreer het of nie.

“Ek het gere­ gistreer. Ek wil vir ’n party stem wat iets vir Worcester sal beteken. Die DA en die ANC beteken niks vir ons nie. Daar is soveel proble­ me in ons ge­ meenskap wat jare al nie aandag gekry het nie en ek soek verande­ ring,” sê Wil­ lem Willemse (41) van Wor­ cester. “Ons moet regi­ streer sodat ons kan stem vir ‘n beter land. Ek wil stem vir ver­ betering van ons dorp. Daar is soveel bende­ geweld en moorde. Ons mense kort drin­ gend huise. So, ek gaan stem vir verande­ ring,” is die me­ ning van Anneli­ ne Prins (42) van Worcester.

“Paaie moet ge­ teer word en mense bly in hokke of sink­ huise wat oor­ stroom elke keer wanneer dit reën. Ek voel my kruisie kan ’n verskil maak en dis hoekom ek geregistreer het,” sê Isaac du Plessis van Robertson.

Movies at Nu Metro Movie action like it’s real. This is what you can expect when you watch your next 3D movie at Nu Metro Mountain Mill. Yes, it now boasts a 3D cinema! This week’s movies (21 – 28 February): • 3D: The Nut Job (PG) Friday (21 February), Sunday (23 February) to Friday (28 February) 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Saturday (22 February) 10:00, 12:30, 15:00, 17:30, 19:45. • Pad na jou Hart (7–9 PGV) Friday, Sunday to Friday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Saturday 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. • Faan se Trein (10–12 PG) Friday, Sunday to Friday 11:15, 14:00, 16:45, 19:30. Saturday 09:00, 11:30, 14:15, 17:00, 19:30. • Cloudy with a Chance of Meatballs

2 (PG) Friday, Sunday to Friday 12:30, 15:00, 17:30. Saturday 10:00, 12:30, 15:00, 17:30. • Pompei 2D (16V) Friday, Sunday to Friday 12:15, 14:45, 17:15, 19:45. Saturday 09:45, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45. • Vampire Academy (13V) Friday (21 February) to Friday (28 February) 19:30. Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket counter or www.numetro.co.za for more information. Schedules are subject to change without prior notice. Visit www.worcesterstandard.com and click on “tell your story” to upload a review and stand a chance to win two movie tickets.

“Nee, ek het nie ge­ registreer nie omdat ek nie ’n kans gekry het om dit te doen nie. Ek was te besig met my werk. Die politici is deurme­ kaar in ons land en ek gee nie om wie wen nie. Ek hoop net die party wat as re­ gerende party verkies word, sal verbeter op die vorige regering,” sê Gert Janse van Rensburg (24) van Worcester. “Die rege­ ring sê ons moet stem – so ek gaan stem. Ek is geregistreer en gereed om my plig vir my land te doen. Ek dink die hoofrede hoekom ek gaan stem, is: My vrou en kinders doen dit, al­ mal doen dit, so ek gaan dit ook doen. Dit is net ’n jammerte dat ek nooit verbete­ ring sien nie. Die lewe raak net moeiliker, maar ek doen my plig,” sê Phillip Swartz (71) van Worcester.

5

“Nee, ek het nie geregistreer nie, want ek wil nie stem nie. Ek hou nie van politici nie. Hulle maak net beloftes, maar lewer nie ’n diens nie. Ek sien die afgelo­ pe paar jaar geen verande­ ring of verbete­ ring, veral op Villiersdorp, nie,” sê Hlumi­ sa Msomi (21) van Villiers­ dorp.

“Dit is belangrik om te registreer sodat dinge kan regkom en mense reg behandel word. Ons benodig meer huise. Ek wag reeds jare vir ’n huis. Ek voel as ek stem, verwag ek verbetering,” sê Magrieta Stevens (54) van Worcester.


6 Standard Hy wil deur sport dien

Gemeenskapsnuus Community

20 Februarie, 2014

MATTHEW DON

SHEL­

Elke dag staan hy op met die gedagte en dryfkrag om deur middel van sport ’n verskil in mense met gestremdhede se lewens te maak.

hy. De Koker (57) sê daar is baie uitdagings wat gestremde mense op ’n daaglikse basis konfronteer, maar die moeilikste is die gebrek aan sportfasiliteite wat toeganklik is vir gestremdes in die Vallei. “Ons wil graag die gestremde gemeenskap bemagtig sodat almal aktiewe burgers kan wees,” is sy doelwit. “Dit wat jy kan bereik in sport, vat dit met albei hande en mik hoog. Gee nooit op jou droom op nie,” moedig hy die gemeenskap aan. Volgens hom is hy ’n gesinsmens, met ’n liefde vir die buitele-

Soggens, sodra hy wakker word, drink hy eers ’n koppie koffie voor hy opstaan, was en aantrek en in sy “karretjie” (rolstoel) klim om werk toe te gaan. So gesels Desmond de Koker, die nuwe voorsitter van die Boland Sportvereniging vir Liggaamlik Gestremdes. Hy glo ook sport maak ’n integrale deel Desmond de Koker FOTO: MATTHEW SHELDON van ’n mens se lewe we en die natuur. uit. In sy vrye tyd oefen hy vir die rolstoel-maraDe Koker is op die ouderdom van drie maande met polio gediagnoseer en hoewel die siekte thon en hou daarvan om TV te kyk, veral rugsy linkerarm en -been verlam het, is hy vandag by, sokker en stoei. De Koker, wat op Worcester gebore is, se onafhanklik en voer die meeste van sy take droom is om eendag ’n algemene uitvoerende sonder hulp uit. Hy is by ’n onlangse bestuursvergadering sportbeampte vir die departement van kultuursake en sport te word. van die vereniging tot voorsitter verkies. Hy en sy vrou, Jacqueline, het twee kinders De Koker is tans ook ’n algemene werker by die Breedevallei Munisipaliteit se swembad op Shaun (24) en Gretchen (18). Hulle het ook twee kleinkinders Graham (agt maande) en Sujo die hoek van Greystraat en Sohngelaan. “Die doel van die vereniging is nie net om (twee maande). Sy boodskap aan die jeug is: “As die jongal die gestremde mense betrokke te kry by enige sportsoort van sy keuse waarin hy gemaklik mens na die Here toe kom en sy laste by die voel nie, maar ook om gestremdes wat een- voetbank van die Here neersit, dan eers sal saam is te help om meer betrokke te raak in daar verlossing kom. Jy kan niks in die lewe aktiwiteite in die gemeenskap,” verduidelik aanpak sonder die Here nie.”

Onderwysman ’n taalliefhebber JOLINE VAN DER MERWE

en my vrou sit dit voort,” vertel Fillis trots. ’n Semi-aktivis, Kiwidore Fillis is ’n omdat hy tydens die gebore en getoë Worapartheidsjare tyd cesteriet wat op verin die Victor Verster skeie dorpe in SuidGevangenis spanAfrika gebly en deer het, sien Fillis skool gehou het homself tog as ’n maar altyd weer tespontane mens met ruggekeer het na sy ’n kort humeur en geliefde Worcester. “iemand wat veg vir Dié opvoeder, digregverdigheid”. ter, eggenoot, pa en Fillis is die eerste broer is ook ’n geom te erken dat sy troue en passievolle uitgesprokenheid All Blacks-onderhom al baie keer in steuner. Hy was die sop laat beland selfs al die voorsithet. ter van die All Fillis en sy vrou, Blacks-ondersteuBeatrice, is reeds 27 nersklub op Worcejaar getroud. “My ster en lid van die vrou is my grootste All Blacks Suppor- Kiwidore Fillis, self erkende All Blacks­ ters-forum. Fillis is fanatikus. FOTO: JOLINE VAN DER MERWE motivering en inspirasie. Sy staan altyd ’n produk van die NGK Oefen Primêre Skool en Esselenpark by my, deur die suksesse en mislukkings. Sekondêre Skool. Hy het onderwys by die Sy bid voortdurend vir my,” voeg hy by. Opleidingskollege Suid-Kaapland in In sy vrye tyd is hy ’n self-erkende sportOudtshoorn studeer en in 1984 sy loop- en drama-entoesias. Hy is skeidsregter in baan in Touwsrivier begin. “Dit was die die Superliga-wedstryde en sou graag die grondlegging van my onderwysvaardig- All Blacks-span na Bolandpark wil bring. In 2002 het Fillis ’n lid van die Breedevalhede,” vertel hy. Fillis kom uit ’n familie van agt kinders, lei Dichters geword en het in 2010 ’n digalmal onderwysers, en het van kleins af bundel gepubliseer met die titel Hierdie ’n liefde vir lees gehad. Op kollege het hy taal van my - het ek van my oor’le ma gekry. ’n passie ontwikkel vir die Afrikaanse Sy tweede bundel, Nuwe dice, word in taal. “Ek het hierdie taal van my ma gekry April bekendgestel.s

Authorities try to stem the tide of diarrhoea in children in De Doorns Government departments have pooled resources in an effort to address the high number of children under the age of five with diarrhoeal disease. The community of Stofland, an informal settlement in De Doorns, is most affected by diarrhoea, with over 48 admissions to Worcester Hospital in the last few weeks. The department of health has confirmed with environmental health and safety authorities that the water in De Doorns is of good quality and fit for consumption Other mitigating factors in the outbreak are environmental health, waste disposal and hygiene at crèches. The department has put the following measures in place to assist crèches to identify children who require treatment and assist with preventative measures: . Extended hours for community care workers, who will visit crèches in the morning and again in the afternoon to evaluate the children’s condition. Community care workers will be doing house visits to establish where there may be at-risk children. . A mobile service will be running throughout the area to distribute an oral rehydration solution and evaluate the children’s health. Packets of rehydration powder (Hydrol), which requires mixing with

one litre of clean water are available from the care workers and the clinic. Avoid illness: . Wash your hands often, with soap and clean running water, for at least 20 seconds. . Clean: Wash hands, dishes, baby bottles, cups and chew-toys in warm soapy water, rinse well and cover with a cloth to keep flies away. . Separate: Keep children’s toys clean and do not allow them to share chew-toys. Do not use the same cloth for cleaning the baby and doing dishes! . Keep raw foods separate from cooked and ready-to-eat foods to avoid cross-contamination. . Throw away: Rubbish, dirty water and animal droppings attract flies. Make sure you place used disposable nappies, packaging from meat, used sanitary towels etc. into plastic bags before placing them in the bins. Should your child develop diarrhoea, visit the clinic immediately. Go straight to the receptionist and tell them that your baby has diarrhoea and/or is vomiting. Make sure you have the ingredients to make the sugar salt solution: one litre of clean, cool water, add 8 teaspoons of sugar and half a teaspoon of salt and mix well. Give to people of all ages, in small sips at a time.

SPOEGWOLF: Die nuwe entoesiastiese ATKV­tak van die Hoërskool Montana het die opwindende sanggroep Spoegwolf gekry om Saterdag 1 Maart by Olive Rose in Brandwacht op te tree. Die kaartjies kos R100 en jy mag jou eie piekniekmandjie en kombers saam bring! Die vertoning begin om 18:00. Kaartjies is by Montana te koop. Vir navrae, bel Sarihana by 0 082 695 3439.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Februarie, 2014

VALLEI-KALENDER ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid kom om 17:00 by Kerkstraat 33 byeen. Navrae: Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skin­ ner: 0 023 342 1881. SATERDAG 22 FEBRUARIE ) Marius Swart stel sy nuwe CD, Treasures down

the Country Road, bekend. Tyd: 18:30 vir 19:00 by Worcester­Vallei NG kerksaal. Kaartjies is R30 p.p., slegs R10 vir die inwoners van Die Instituut vir Blindes en APD. Kaartjies by die deur of voor die tyd by 0 023 347 2785. ) Die De la Bat­gemeente (Dowes) hou van 09:00 af basaar. Kom geniet die familiedag. ) Die ATKV Worcester se Gesinstak nooi lede en toekomstige lede uit na ’n familiebraaidag by Goudini­spa. Toegang slegs R30 vir volwas­ senes en R10 vir kinders. Net 100 plekke beskik­ baar. Moenatie: 0 082 819 6344 of Barbara: 0 082 553 1269. WOENSDAG 26 FEBRUARIE ) Kansa se Kankerslim­pretstap. Inskrywings: R20 volwassenes; R5 kinders. Registrasie is van 18:00 tot 18:45 en die wegspring op Kerkplein

om 19:00. Navrae: 0 023 342 7058. DONDERDAG 27 FEBRUARIE ) Diabetes­byeenkoms om 18:00 by Mediclinic Worcester se raadsaal. Spreker: dr. Francois van Zyl (endokrinoloog). RSVP voor 24 Februarie by 0 023 348 1500. Alle diabete welkom. SATERDAG 1 MAART ) Nataniël tree om 20:00 by die Eikesaal, Raw­ sonville, op. Kaartjies kos van R150 tot R200. Navrae by Charmaine Carstens: 0 023 344 3040 of Grieta van Rhyn: 0 082 451 2231. ) Ray Dylan in Concert from 19:00 – 22:00 at the Gericke Primary School’s sportsfield, Krige Street, Ceres. Tickets are R120 pp. Bring own chair or blanket. No alcohol allowed.

7

) Huis Mimosa (De Doorns) bied ’n vroue­og­ gend met Dowwe Dolla en Matty Reid aan in die Ledesaal. Navrae en kaartjies: 0 023 356 2345 (soggens). SATERDAG 15 MAART ) Rejoice – “ Sing with Joy”. Gospel met ‘n klas­ sieke inslag om 19:00 by die Klein Teater, Wor­ cester. Kaartjies: R80 by Munnik Juweliers. Na­ vrae: info@rejoice.co.za of 0 083 375 6100. TUESDAY 25 MARCH ) Absa Cape Epic Mountain bike challenge at McGregor from 08:30 – 13:30. Entrance free. Info: 0 023 347 0968, www.tourismmcgregor. co.za or info@tourismmcgregor.co. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 info@worcesterster

Mannekoor soek nog lede Mogamat Orrie, Thembisa Tina (Korrektiewe Dien­ ste: projekkoördi­ neerder), Collin Dudaen Robert Stemmet (hoof van Worcester Mansgevangenis) met van die pro­ dukte wat die ge­ vangenes maak.

FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Gevangenes ploeg só terug JOLINE VAN DER MERWE Die maak van helderkleurige krale uit herwonne tydskrifblaaie en kartonbokse maak nuwe deure oop vir die gevangenes van die Worcester Mansgevangenis. Die Group of Hope is in 2002 by die Brandvlei Korrektiewe Dienste van stapel gestuur as ’n middel vir kwaaddoeners om terug te ploeg in die gemeenskap. Nadat ’n bewaarder aangeval is, is alle aktiwiteite stopgesit totdat dit in 2010 by die Worcester Mansgevangenis hervat is. Daar is sewe projekte wat deur die groep geïnisieer word. Die projekte wissel van tuinmaak tot die reël van funksies en die aanneem van gemeenskapsorganisasies om hulle te help om geld in te samel of groente uit hul eie tuin te skenk. Een van die grootste projekte wat die gevangenes tot dusver aangepak het, is die ontwerp en maak van ’n verskeidenheid krale. Hoewel hulle nie die produk aggressief bemark nie, word dit by onder meer boetiekwinkels in die V&A

Mogamat Orrie en Luyanda Mbo­ niswa wys hoe hulle die krale vir halssnoere maak.

Onwerklik soos dit mag klink, het dié besonderse krale by ’n nederi­ ge Cremora­boks begin.

Waterfront in Kaapstad verkoop. Robert Stemmet, hoof van die Worcester Mansgevangenis, sê benewens die wins wat gemaak word uit die verkope van die krale, hou die projek ook baie voordele in vir die gevangenes. “Dit leer hulle om geduld te hê – ’n vaardigheid wat hulle kan help wanneer hulle hier uitstap,” sê Stemmet. Die krale word teen bekostigbare pryse verkoop om geld te genereer wat dan vir hul projekte betaal. Die gevangenes aan die stuur van die projekte is Mogamat Orrie, Collin Duda en Luyanda Mboniswa. Orrie sê die projekte leer hom om

beter met ander saam te werk, respek te hê vir ander se kultuur en ook om die wet te respekteer. Duda word eersdaags vrygelaat op parool en sê die vaardighede wat hy aangeleer het, sal hom help om sy eie onderneming te begin of om mense in sy gemeenskap te leer om tuin te maak of krale te vervaardig. “Ek het ’n tweede kans gekry en is gereed om ’n positiewe verandering in my gemeenskap te maak.” Dié drie het ook ’n handleiding geskryf met stap-vir-stap aanwysings om die krale te maak. Die handleiding word nou gebruik om gevangenes by ander gevangenisse op te lei.

Die Worcester Mannekoor is in 1996 onder leiding van ’n oud-Namibiër, Dieter Leicher, met die hulp van musiek-en-sangonderwyseres Annalise Fourie, gestig. Maar nou, ná al die jare, wil die koor graag nuwe lede verwelkom sodat daardie vol, ryk klank, eie aan ’n mannekoor, behoue kan bly. Die Worcester Mannekoor verwelkom nuwe Die koor het tans 20 lede lede sodat sy vol, ryk klank, so eie aan ’n wie se ouderdomme wis- mannekoor, behoue kan bly. sel van 20 tot 70 jaar. Volgens die koor se sekretaris, Ni- aangebied, waarvan een gewoonlik co Roux, oefen hulle elke Donder- met ’n gesellige ete gepaardgaan. dagaand van 19:00 tot 21:00 by die Verder word daar gereeld saam Hugo Naude-kunssentrum. met ander kore aan konserte en Die koor het tans ’n nuwe koorlei- koorfeeste deelgeneem en by ereer in die persoon van Dalmarie Ter- dienste en Kerssangdienste opgeblanche. tree. Terblanche stam uit ’n familie Die Mannekoor het oor die jare met ’n groot liefde vir musiek. Sy ook ’n paar groter projekte aangebeskik oor wye ervaring van sang, pak, waarvan die hoogtepunte twee koorsang en dansonderrig. konserttoere na Duitsland in 2002 en Sy sien daarna uit om op die stewi- 2007 asook ’n konserttoer deur Nage fondament wat haar voorgangers mibië in 2011 was. gelê het, voort te bou en die WorceMans wat belangstel om by die ster Mannekoor tot nuwe hoogtes te Worcester Mannekoor aan te sluit, lei. kan die voorsitter, Christo Vorster, Die koor is tans nog op soek na ’n by 072 406 2482 of die sekretaris, Nibegeleier. co Roux, by 072 377 7709 of Dalmarie Twee koorkonserte word elke jaar Terblanche by 083 269 3956 bel.

Bederfoggend vir vroue op De Doorns In dié dolle dae waarin vroue smag na ’n wegbreekgeleentheid, kom die bederfoggend op 1 Maart op De Doorns soos manna uit die hemel. “Die lewe is ’n fees” is die tema van die oggend waar vroue kan vergeet van die daaglikse geswoeg. Die oggend begin om 09:30 in die Ledesaal en word deur Huis Mimosa, plaaslike tehuis vir senior burgers, aangebied. Kaartjies kos R200 stuk en die drag is chic en elegant met ’n fleurige hoed.

Gassprekers wat vir pitkos vir die siel gaan sorg, is Matty Reid en Margit Rodenbeck-Meyer as Dowwe Dolla en seremoniemeester. Tee met verversings en ’n ligte middagete word voorsien. Slegs enkele kaartjies is nog beskikbaar. Mense wat nie die geleentheid kan bywoon nie, maar dit steeds wil ondersteun, kan ’n ouma teen R200 per kaartjie borg. Bel Sindri by 023 356 2345 (soggens) om te bespreek.


8

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

20 Februarie, 2014

Daar is wel ander opsies as misdaad Misdaad is ’n verskynsel wat altyd met ons sal wees. ’n Utopie is skynbaar nie vir die mens bedoel nie. Ons kan hoogstens met misdaad saamleef, dit beveg en alternatiewe daarvoor soek. Elders in hierdie uitgawe word juis ’n verhaal vertel waarby hierdie gedagte aanklank vind. ’n Klompie gevangenes in ’n plaaslike tronk, die meeste geharde misdadigers voor hulle agter tralies beland het, het juis so ’n alternatief gevind. Hulle leer om krale uit afvalpapier en bokse te maak wat dan in halssnoere omskep word. Die eindproduk is uniek en modern en word nou tot in boetieks in Kaapstad verkoop. Nie net leer hierdie mense iets uit niets skep nie, maar daarby ontwikkel daar ook ’n strewe en begeerte na ’n samelewing waar misdaad nie ’n plek het nie. In hierdie uitgawe word ook geskryf oor die positiewe invloed van sport en hoe ons dit met vrug onder ons kinders kan aanbied as ’n alternatief vir misdaad.

Efesiërs 5:1­5 Riglyne Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm,of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ’n gierigaard is, want gierigheid is afgodery, het nie deel aan die koninkryk van Christus of God nie.

HUPSTOOT: Die Worcester Vryburgers het onlangs hul jaarlikse toedeling van fondse gedoen. Die oorhandiging is tydens ‘n gesellige kuier by Damas Restaurant gehou. Geld is uitgedeel aan Huis Brevis, Nuwerus­tehuis, Huis Andries Hamman, Huis Lafras Moolman, Awendrus­tehuis, Stilwaters Dienssentrum, Grace House Kinderhuis sowel as die Vryburger Hoop in Nood­fonds. Van links is Frederick Louw (Grace House), Arno Hugo (Worcester Vryburger­stuurman 2013), Ina Visser (Huis Lafras Moolman), Daleen Fortuin (Awendrus), Liesl du Toit (Huis Andries Hamman), Jo­Lize Groene­ wald (Vryburger Hoop in Nood­fonds), Tonya Pio (Grace House), Anna­bé Coetzee (Nuwerus), Stephne Botha (Huis Brevis), Elize Lotriet (Stilwaters) en Fiona Hugo (Worcester Vryburger­stuurvrou 2013). FOTO: VERSKAF

Geen dierebeheer in Worcester nie H. Krotz gee ’n klop op die skouer aan mnr. Pool en seun. “Baie dankie vir u hulp. God seën u.”

Sulke weldoeners is ons ‘silwer randjie’ Goeie dinge gebeur nog, selfs in “slegte” tye. Ons is dankbaar vir mooi stories en goeie dade, maar gee nie altyd die erkenning wat dit verdien nie. In die media lees ons daagliks van alle vorme van misdaad en geweld. Slegs nou en dan is daar ’n storie wat ’n donker prentjie ophelder, die spreekwoordelike silwer randjie. Ná ’n onlangse voorval wat my dag lelik omgekrap het, wil ek graag my goeie ondervinding met julle deel. Ek was in sak en as nadat ek my selfoon verloor het. Al my persoonlike inligting – bankbeson-

derhede, nommers, SMS’e . . . Wat ’n ramp! Toe lui die telefoon: “My man het u selfoon opgetel. U kan dit kom afhaal.” Ek kon my ore nie glo nie en het dit dadelik gaan kry. Baie, baie dankie aan Jessica van Roodewal vir jou en jou man se welwillendheid en die moeite wat jy gedoen het om my selfoon terug te besorg. Ek wil ook ’n beroep doen op almal wat van soortgelyke ondervindings kan getuig om dit aan die media deur te gee. Laat die lysie goeie stories aangroei, ons het dit nodig!

ANITA VAN ZYL WORCESTER

View Legends is waardige kampioene Hiermee wil ek graag die span van View Legends Krieketklub, asook hul ouers en getroue ondersteuners hartlik bedank vir hul opoffering en harde werk gedurende die Vlakkie Krieket-wêreldbeker. My opregte dank aan Ceraj Ismail en sy familie vir hul ondersteuning en dat hulle altyd daar is vir die gemeenskap. Dit voel baie lekker as jy gekroon word as kampioen, maar al die eer kom net die hemelse Vader toe, want Hy het vir elkeen ’n talent gegee. Ons het

alles net vir Rivervier se gemeenskap gedoen. Dankie aan View Legends, kampioene! Baie dankie ook aan Billabong vir ’n goeie wedstryd en sportmanskap. Alle sterkte vorentoe! Aan die View Legends-span: dankie vir jul dissipline en respek. Hou so aan, ons kan net verbeter. Dankie, Here, vir ’n jong span soos View Legends. Ons klub loof en prys u goedheid.

DAWID SMITH TROTSE AFRIGTER

Dit is met groot kommer dat ek hierdie skrywe rig aan die Breedevallei se munisipale bestuurder en DA-beheerde raad. Is ek net oorsensitief of dalk bemoeisiek, maar wat is aan die gebeur met dienslewering rakende die groeiende getal rondloperdiere in die gemeenskap? Brandsiek en dwalende honde is aan die orde van die dag in die strate, kruis en dwars, heen-en-weer voor aankomende verkeer. Wat het geword van dierebeheer? Dit is tog ’n uitsluitlike funksie van die plaaslike owerheid. Hoeveel van hierdie dieresiektes word nie op die weerlose kinders van die gemeenskap oorgedra nie, bv. wurmbesmetting en brandsiek? Beteken die gesondheidstatus van die gemeenskap so min vir die BVM, gee hul so min om vir hul kiesers dat hierdie probleem maar net voortduur, nie net tot koste van die weerlose diere nie, maar ook die onskuldige gemeenskap? Nêrens sien jy iemand wat rondloperdiere probeer skut of beheer nie. Die persoon wat nog iets probeer doen tot voordeel van die gemeenskap kry die antwoord dat geen diere ingeneem word nie sonder die betaling van R150 kontant by die nuwe Dierevereniging, wat bedryf word op die vorige DBVperseel. Hoekom kan die BVM nie weer hierdie funksie uitkontrakteer soos in die verlede met die geslote Dierebeskermingsvereniging (SPCA) nie? Toe was daar nie sprake van enige probleme nie. ’n Uitstekende, goed funksioneren-

de klein- en grootdiereskut was in plek. Hoe lank moet ons as belastingbetalers nog hierdie ontstellende oorlas verduur? Waarom kan die BVM nie ook soos ander verantwoordelike plaaslike owerhede sterilisasie van honde en katte subsidieer nie? Waarom is daar nie ook soos by Swellendam se munisipaliteit verordeninge in plek wat die spesifieke onbeheerde aanteling hokslaan nie? Dit help geensins dat die gemeenskap gewindowdress word met die naderende verkiesing nie, onder op die bodem kook en borrel die afwesigheid van dierebeheer – dié drukpot gaan ontplof met lelike en ernstige gevolge vir die onskuldige gemeenskap, spesifiek die agtergeblewenes wat nog die heeltyd aan die agterspeen suig.

ME. C. BADENHORST WORCESTER

(Johan Botha, woordvoerder van die Breedevallei Munisipaliteit, lewer as volg kommentaar:) Dankie vir u skrywe en die uitwysing van probleme in bogenoemde verband. Die funksies waarna verwys word, is deur die raad uitgekontrakteer aan ’n niewinsgewende organisasie, Worcester Dieresorg Vereniging, wat dit namens die raad verrig. Hierdie ooreenkoms geskied op ’n maand-tot-maand basis en daar sal met die gemelde organisasie rondom die bewerings in gesprek getree word. Dit dien gemeld te word dat die raad tans in samewerking met ander owerhede by inisiatiewe betrokke is om die voorkoms van diere op die N1 vas te vat.

Televisie­kyk blyk enigste kuur vir kroniese ‘ovaalbalkoors’ te wees Lesers wat funksies beplan, kan gerus die Supersport-program in verlede week se Standard bestudeer vir geskikte datums. Op Worcester het menige byeenkomste al verlies gely as gevolg van ’n rugbywedstryd ver hiervandaan. Hoe beter die WP, Stormers en Springbokke vaar, hoe meer mense ry Nuweland toe of kyk rugby op die kassie. Hoe meer mense TV kyk, hoe minder woon geleenthede by. Televisie-kyk blyk die enigste kuur vir ovaalbalkoors te wees. Ek het dit Saterdagaand by ’n troue weer gesien. Die platejoggie, ’n vurige Sharks-ondersteuner, moes by die TV-skerm in die kroeg gehaal word om die aankondigings in die onthaallokaal te

maak. Soms is die datum van ’n spesiale geleentheid vasgemessel. ’n Verjaardagpartytjie of huweliksherdenking kan nie aangeskuif word nie. Funksies en feeste wat nie op ’n sekere datum moet plaasvind nie, sal meer suksesvol wees as die rugbyprogram in ag geneem word. Daar is grootskerms by geleenthede soos Wacky Wine, Soetes & Soup en Robertson Lenteskou en ander, maar menige sportliefhebber verkies steeds sy eie sitkamer. Tuis kan hulle ’n glasie klink op die wenspan of ’n troosdop drink en tussendeur iets om die senu-

wees te kalmeer. Sonder om te worrie dat hul alkoholvlak later getoets gaan word. Verder is alles byderhand: braaigeriewe, braaivleis en biltong. Kortom, hulle is in hul eie gemaksone. En daar is nog voordele. Deur ’n knoppie op die afstandbeheer te druk, kan rugbyliefhebbers Curriebeker, Supersport, Sesnasies, Sewes-wêreldreeks of internasionale wedstryde kyk. Die Springbokke gaan vanjaar kragte meet teen Wallis, Argentinië, Ierland en Engeland. SuidAfrika gaan ook teen Australië sowel as Nieu-Seeland te staan kom. Hoewel min Worcesteriete hul steun verleen aan Ierland en En-

geland en jy wie weet waar sal moet soek vir plaaslike ondersteuners van Wallis, Argentinië en Australië, is hier ’n groot All Blacks-ondersteunersgroep. En dis mense wat op 13 September om 09:35 voor TV-skerms regoor die dorp vasgenael gaan sit vir die Springbokke se wegwedstryd in Nieu-Seeland. Hulle het ook reeds 4 Oktober op die almanak omkring wanneer die All Blacks op Ellispark teen Suid-Afrika uitdraf. Die swart ondersteunershemde met die silwer varing hang gereed in die kas. Familie en vriende is reeds in kennis gestel dat hulle nie in dié tyd gepla moet word oor onbenullighede soos verjaardagpartytjies, verlowings en huweliksonthale nie.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Februarie, 2014

Tyd vir die Shavathon

9

Die Shavathon op Saterdag 1 Maart by die Mountain Mill Mall skep weereens die geleentheid vir mense om hul ondersteuning te betoon deur hul hare te skeer of in helder kleure te verf ten bate van kanker. Vanjaar is dit 11 jaar dat die Shavathon, wat deur Kansa aangebied word, plaasvind. Indien jy nie Saterdag by die Mountain Mill Mall kan uitkom nie, kan jy van 24 tot 28 Februarie jou eie Shavathon by jou kantoor reël. Die doel van die Shavathon is om solidariteit met diegene wat deur kanker geraak word, te toon. Hare kan teen ’n donasie van R50 geskeer of gekleur word om solidariteit te betoon. By deelnemende winkelsentrums soos die Mountain Mill Mall sal daar ook ’n donasie van R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar gevra word. Die geld wat verlede jaar ingesamel is, het dit vir die Kankervereniging moontlik gemaak om mediese voorraad soos doeke, bedbeskermers, rolstoele, nagstoele, bedpanne, krukke en looprame gratis aan geregistreerde pasiënte te voorsien. Kankerpasiënte is welkom om by die kantoor te registreer om ’n diens te ontvang. Die Shavathon begin om 09:00 en duur tot 17:00.Vir enige navrae, bel Jurene Horne by 0 023 342 7058.

GPF hou vergadering Die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hou sy amptelike jaarvergadering Donderdag 27 Februarie om 18:00 in die Stadsaal. Organisasies word gevra om hul regen geloofsbriewe van die organisasie teen 20 Februarie by die polisiekantoor, vir aandag konst. Wilna de Wet, in te handig. Bel Adeline Reynhardt by 0 082 329 2450 vir meer inligting.

Impact soek vrywilligers Impact Development, ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie, nooi vrywilligers om by hulle aan te sluit. Vrywilligers sal opgelei word as noodhelpers en deel vorm van die ontwikkelingspan. Vir meer inligting, bel past. Rhodney Visagie by 0 073 432 7607.

Divorce care for kids DivorceCare for Kids (DC4K), a biblicallybased programme for children ages 5-12 of families experiencing divorce and separation, will be launched on the 4th of March. DC4K will meet every Tuesday from 15:0016:30 at the Worcester United Church. The DC4K programme consists of 13 sessions and each session is full of games, activities, crafts, stories, exercises, videos and music, centred around a weekly theme to help the children process the many changes they are facing. Topics include: What’s happening to my family; Facing my anger; How to deal with my sadness; It’s not my fault; Dealing with loneliness and telling my parents how I feel. For more information, please contact Chantelle at 023 347 2896.

GELUKKIGE WENNER: Die glimlag van ’n wenner! Virusca Rmbar­ ry van Rivierview is ’n ywerige leser en was die gelukkige wenner van Chris Barnard se boek Danda op Oudeur. Sy het gewen deur in te skryf vir een van die Standard se SMS­kompetisies. By haar is Justin Cupido, die Standard se verkoopsbestuurder, wat die boek aan haar oorhandig het. ’n Baie ingenome Virusca sê dit is die heel eerste keer dat sy iets wen.

FOTO: CHRISTINE SMIT

BOEKWENNER: ’n Inwoner van Worcester, Joan Rode, is een van die gelukkige boekwenners nadat sy die boek getiteld Diere ABC gewen het. Sy was een van die lesers wat ingeskryf het vir een van die Standard se SMS­kompetisies. Volgens haar is dit die eer­ ste keer wat sy iets wen. Sy gaan die boek as ’n geskenk aan haar kleinkind, Caleb Rode (3), gee. By haar wat die boek oor­ handig, is Justin Cupido, die Standard se verkoopsbestuurder.

FOTO: MATTHEW SHELDON


10

Standard

Skole Schools

20 Februarie, 2014

Sjoerd Selders, Trevor van der Ross, Faezal Karriem, Juan Benjamin, An­ dré Peens en Danie Robert­ son. Voor is Hanlie Bruyns, Margo le Roux, Andrea Vlok en Lin­Mari Nolte. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

INTERSCHOOLS CRICKET: An u.14A cricket player from Worcester Gym­ nasium, Pierre Rousseau, hitting a four on the way to their first Inter­ schools victory. The Interschools took place recently at De Kuilen High School. The results were as follows: u.14A won with eight wickets; u.15A won with 136 runs; u.19A2 won with eight wickets and u.19A1 won with 186 runs. Aiden Beukes scored 73 runs for the first team and Cameron van der Wygen, who bowled six overs, took three wickets and didn’t con­ cede a single run. Jesse Albanie scored 59 runs for the u.15A team while Reevan Strydom had figures of 5/21 for the u.14A team.

KRIEKET: Hans Klus­ mann, oud­leerder van die Worcester­Noord Primêre Skool, het ty­ dens die onlangse pro­ vinsiale kriekettoernooi vyf paaltjies vir 15 lo­ pies teen die Westelike Provinsie aangeteken.

ATLEET PRESTEER: ’n Leerder van Bothas Halte Pri­ mêr, Morné Pieterse, het onlangs aan die 1 200 m­i­ tem by ’n atletiek­by­ eenkoms op Tulbagh deelgeneem en die tweede plek behaal. Morné het ook tydens die Witzenbergbyeenkoms die derde plek in dié item behaal. Hy gaan eerskomende Saterdag 22 Februarie by ’n atletiek­by­ eenkoms in die Paarl deelneem waar hy vir Boland kan kwalifiseer. Morné is hier saam met sy skoolhoof, Nicolaas Pedro.

Nuwe klaskamers vir gr. R’s JOLINE VAN DER MERWE Die Primêre Skool Worcester het onlangs die amptelike opening van hul nuwe gr. R-klasse met ’n ontbyt gevier. ’n Huis langs die skool in Somsersetstraat is deur een van die leerders se ouers, Christiaan Groenewaldt, gekoop en ingerig vir die doel om as klaskamers vir die gr. R-klasse te dien. Die projek is in November 2013 van stapel gestuur en aan die begin van die skooljaar kon die gr. R’s reeds hul nuwe klaskamers betrek. Die onkoste om die klasse in te rig is grotendeels deur Groenewaldt gedek en deur Hennie Verster gedoen. Die skool huur nou die eiendom by die ouer. “Dank die Vader dat ons hierdie geleentheid gekry het. Die skool is besig om uit te brei en die nood het ontstaan om ’n aparte plekkie te kry vir die gr. R’s,” vertel André Peens, die skoolhoof. Daar is tans 60 gr. R’s en onderrig word in Engels en Afrikaans aangebied. Juan Benjamin, direkteur van onderwys in die Kaapse Wynlanddistrik, sê dit is ’n fantastiese inisiatief deur die skool. “Die klaskamers is teks- en prentjieryk wat die kleintjies se breine gaan stimuleer.” Benjamin voer ook aan dat opvoeding nie nét die regering nie maar ook ouers en die privaatsektor se verantwoordelikheid is. “Wanneer al die rolspelers begin saamwerk, is ons

besig om sukses te behaal in opvoeding,” het Benjamin gesê.

Juan Benjamin (direkteur van onderwys: Kaapse Wynlanddistrik) en Diana Niemand (gr. R vakadvi­ seur) knip die lint by die amptelike opening van die gr. R­klas. By hulle staan André Peens (skoolhoof van die Primêre Skool Worcester).

ASTROBAAN: Die eerste projek van die Worcester Gimnasium Ontwikkelingsfonds het Maan­ dag 10 Februarie afgeskop met die spit van die sooie van die Astro­baan op die skoolter­ rein. Hierdie baan is die eerste van sy soort in die omgewing en belowe om baie by te dra tot die ontwikkeling van hokkie in die Boland. As alles volgens plan verloop, sal die eerste wedstryde reeds in Junie vanjaar op hierdie baan gespeel kan word. Van links is Sakkie Krouwkam (SBL­voorsitter), Lucy Olivier (hokkie­organiseerder), dr. Johan Blomerus (voorsitter van Astro­komitee), die onderskeie hokkiekapteins en Charl Schoeman (skoolhoof van Worce­ ster Gimnasium).

GROEP SEWE: HTS Drostdy se atletiekspan het onlangs aan die PUK­Interhoër Groep Sewe­byeenkoms in Pretoria deelgeneem. Drostdy se span het die algehele tweede plek in dié groep behaal. Die span het 12 van die 16 rekords in groep sewe verbeter. Die atlete het altesaam 25 goue, 22 silwer­ en 22 bronsmedaljes verower.


Standard

Promosie Promotions

20 Februarie, 2014

Hoogstraat is die hartklop van dorp met baie te kies en te keur Hoogstraat in Worcester spog met meer as een “onderskeiding” – op sowat 4 km is dit nie net die dorp se langste straat nie, maar dit kan met reg as Worcester se hartklop bestempel word. Hoogstraat, wat loop van oorkant die HTS Drostdy aan die westekant tot by die N1 aan die oostekant, kan ook eweneens as ’n volwaardige eenstopsentrum beskryf word. Dit wat nie aan die straat geleë is nie, is ’n klipgooi daarvandaan. Geen ander straat in Worcester kan spog met soveel handelsbanke, die wye verskeidenheid winkels, apteke, eetplekke en selfs ’n botteleringsaanleg nie! Worcester het jare gelede bekend gestaan as die motormekka in Kaapland. Vandag nog kan min dorpe Worcester nadoen wat dit betref. En kan geen straat in

Worcester met soveel motorhawens spog as juis Hoogstraat nie. In dié straat kan jy letterlik enige fabrikaat te koop kry van uitstekende tweedehandse voertuie tot die blinkste, spoggerigste – en van die duurste – sedans op die mark. Wat Hoogstraat se winkels betref, kan jy kies en keur uit die verskeidenheid – van meubels, medikasie, klere vir oud en jonk en vir enige geleentheid, snoepwinkels, eetplekke en dan is daar nog die magdom kafees wat van vroegdag tot laataand oop is. In dié straat kry jy letterlik van ’n lekker koppie boeretroos tot fyn, eksotiese Oosterse geregte. Byna daagliks maak een of ander handelaar ’n onderneming hier oop. Dit is ook een van die strate waar ’n handelaar wat eenmaal hier begin sake doen het, nie sommer gou weer sy deure sluit nie.

11


12

Standard

Promosie Promotions

20 Februarie, 2014

Hoogstraat bly immergewild Hoogstraat het baie gesigte, maar die oorwegende een is dié van ’n bedrywige en immergewilde straat wat graag deur inwoners en besoekers besoek word. Parkeerplek weerskante van die straat en rondom Kerkplein bly egter skaars, wat wys dat dié straat, die kern van die sakesentrum, gewild en uiters bedrywig is. Hierdie foto’s gee ’n blik op die baie bedrywige Hoogstraat wat van Maandag tot Saterdag druk besoek word.

Hoogstraat is van vroegdag af ’n miernes van bedrywighede. Palm­ en ander bome (foto regs) verskaf welkome groenigheid.


Standard

Promosie Promotions

20 Februarie, 2014

13

Lewensaar spog met argitektoniese juwele Hoogstraat, Worcester se lewensaar, is nie net die straat waar die handel floreer nie. Dit spog selfs met ’n argitektoniese juweel of twee. Een van hierdie juwele is die gebou wat eens die dorp se openbare biblioteek gehuisves het en ’n historiese boustyl verteenwoordig. Daar is ook die gebou (voorheen Boland Bank) op die hoek met Adderleystraat wat ’n pragtige voorbeeld van die Art Deco-boustyl is. Boustyle wissel namate ’n mens na die N1 se kant beweeg waar meer woonhuise begin

voorkom. Die gebou wat die voormalige Pardon-kafee, ook op die hoek met Adderleystraat, gehuisves het, word steeds as ’n heilige plek of pelgrimstop beskou. Dit is ook hier, in die kapelletjie aan die agterkant van die gebou, waar die geestelike herlewing wat in 1860 ontstaan het weer in 2010 op die dorp herdenk is. Vandag nog besoek buitelanders hierdie belangrike bakenpunt. Geen ander straat in die dorp spog met ’n standbeeld nie. Dit is hier, op die pragtige Kerkplein, waar plaaslike kunstenaar Lorna Reade se standbeeld van Nelson Mandela

staan, geplaas in die Tuin van Herinnering – ook ’n eerste en enigste vir Worcester. Worcester se poskantoor en stadsaal is ook aan Hoogstraat geleë. Elke Kersfees kom mense van oral om saam met Worcesteriete die aanskakeling van die Kersliggies te aanskou en ’n aand in die gees van Kersfees saam deur te bring. * Hoogstraat was voorheen bekend as Cole-

straat en is na sir Galbraith Lowry Cole vernoem wat onder meer onder Wellington in die Peninsula-oorlog geveg het. Cole was ook tussen 1828 en 1833 goewerneur van die destydse Kaapkolonie. Die naam Colestraat is in die jare 1890 verander na Hoogstraat. (*Inligting verskaf deur Julian Kritzinger van Worcester.)


14

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

20 Februarie, 2014 THOMAS, FELICIA. Ons het gehoop jy gaan huis IN MEMORIAM toe kom, maar God het in 1015 Sy wysheid besluit om jou KAMFER, LEA (LALLA). na Sy huis te neem. Baie mooi herinneringe sal ons altyd bybly. Van jou skoonma Thelma, Roslyn, Werner, Celeste, Jordan en JP. THOMAS, FELICIA. Ons tyd was so kort. Gaan jou baie mis, Ma. Van Sandy en ouers. THOMAS, FELICIA. Woorde kan nie beskryf hoe ons voel nie, maar ons berus in God se Wil. Van Patricia, Andrew, Thaillia en Terrell.

GERBER, PIERRE. Met hartseer neem ons afskeid van 'n eggenoot, pa en oupa. Die hartseer lê vlak, maar die grappe en lag sal ons altyd onthou. Rus in vrede, ons gaan jou baie mis. Des, kinders, kleinkinders en skoonkinders. Lief jou.

BOTHA, DANICALE WAYNE. Aan ons neef en kleinseun dankie dat jy deel was van ons lewe en ons kon wees van joune. God het 'n doel met alles in die lewe. Ons gaan jou baie mis. Van jou Ouma en familie. BOTHA, WAYNE. Jy was 'n pa duisend. Kon nie vir beter vra nie. Van jou seun Waylin. RIP.

Jou eerste verjaardag 22.02.2014 weg van ons. Ons mis jou baie en jy sal altyd onthou word. Rus in vrede, liefste Mamma, tannie en ouma. Kamferfamilie.

HATTINGH, CHARL. Geb. 18.02.1985. Gest. 26.01.2004. Lieflingseun tien jaar is verby, maar altyd sal jy in ons gedagtes bly. Mammie en Daddy.

FAMILIEKENNISGEWINGS

STERFGEVALLE 1005

BOOYSEN, SHAYNE. Ek mis jou alreeds. Dit is baie seer. Rus in vrede, my kind. Van Mammie, Fiena, vriende en familie.

KUYS (ADAMS), LEAH. Mamma dis so hartseer om totsiens te sê. Dankie dat jy my ma was en vir al die mooi dinge wat jy vir ons geleer het. Jy was my BOOYSEN, SHAYNE. Rus in vrede. Ons gaan jou rolmodel. Jou stem is stil. Die gemis is groot. baie mis. Van Adams-, Andrews- en Davids-gesin. Mamma daardie plek sal altyd in my hart bly vir jou. Veral Geraldo, Lee-Roy, Ek weet jy is veilig daar by Chanell, Jean-Pierre en Jesus. Daar is nie meer Claudia. pyn en lyding nie. Mamma, BOOYSEN, SHAYNE. Ek rus sag in Jesus se arms. Van Shirley, Alee, Jovemis jou alreeds. Sal jou lynn, Alrenzo, Keshia en altyd onthou. Aunt Gibby Faithlynn. en gesin.

MUGGELS, YORINA. Geb. 22.12.1975. Gest. 13.02.2014. Ek het altyd gedink dat ons saam gaan oud word, maar God het anders besluit. Daar waar jy nou is, is daar geen pyn en lyding. Rus sag in Jesus hande. Ek sal jou altyd liefhê en nooit vergeet nie. Van jou man, kinders en familie. Begrafnisdiens 10:00 by Metodiste Kerk, Africastraat.

SHANNON, ons Diva, is 21 op 22.02.2014. Happy birthday, my peetsussie. Liefies vir jou. Van jou peetmammie Sinda en peetboeta Jaden.

HATTINGH, CHARL. You celebrate your 29th birthday among the angels because that is what you are, an angel. We still miss your smile and humble ways. As you always said its all in the mind, so are you in our minds and hearts forever. Happy happy birthday, Charl. Danver, Lynn, Tammy and Keechia.

GELUK aan Rose en Benna op hul 40ste huweliksherdenking 21.02.2014. Van Van der Westhuizenfamilie.

RAAI wie is 21? 20.02.1993. Geluk, Hildegardt. Van Eileen, Gretchen en Nique.

RAAI wie is 50 op 22 Februarie 2014? Van vrou, kinders en kleinkinders. RAAI wie is 2? Eudine Maritz. Van Mammie, Dadda, ouma Alliceen, Devos-, Maritz- en Booysen-familie.

HATTINGH, CHARL. After all these years we still miss you so much. Your sweet memories we will cherish forever. Love, Millison, Joseph, Jomi and Jaden.

RAAI wie is 21 op 21.02.2014? Van Mammie, Mano, Mario en familie PERSOONLIKE DIENSTE VEELS geluk Moeder en Ouma. Op 70 gryse ouderdom dra u steeds vrugte. Van al u geliefdes, suster.

LENINGS 1445

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumsum only). Ph. (021) 949 0930. PERSOONLIK

GELUKWENSINGS 1030

BOTHA, DANICAL WAYNE. My seun Daddy mis jou alreeds, maar ek weet waar jy nou is, is daar ewige rus. Jou Pa en gesin. BOTHA, DANICAL WAYNE. Geb. 27.06.1987. Gest. 12.02.2014. Begrafnis vind plaas op Saterdag 22.02.2014 08:30 by Romanstraat 3 en 10:00 by Ou Apostel Kerk, Parkerstraat.

BAIE geluk op my liefie se 21ste verjaardag. Mag die Here jou dae verleng en mag jou dag baie spesiaal wees. Lief vir jou. Malcolm.

SHANNON, now the future is in your hands. Owner of your destiny be brave and stretch out your dream. Show the world how great you can be. Happy 21st birthday. From Mommy, Daddy, Padronay en Ruché.

1460

BAIE geluk op jou 50ste verjaardag, Fatimah. Van Faheem, Moneebah, jou ma Doreah en kinders.

RAAI wie word 21 en kroonverjaardag? Deedz. Vir padkos Ps. 23. Van Mammie, Whitney en familie.

SHE is so cute! OPLEIDING & OPVOEDING 1480

CONVERSATIONAL XHOSA. Macro needs and mini skills groups and inhouse. Call 082 840 6552. renee.language@gmail.com. SAKE

TE KOOP 2405

RESTAURANT in Middedorp te koop. Kontak eienaar 082 416 5590.


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

20 Februarie, 2014

DIENSTE

EIENDOMME 2420

TE HUUR 3205

KAMER met "kitchenette" en eie badkamer te huur in middedorp. Geskik vir een persoon. Veilig en sentraal. LugreĂŤling. Slegs R2 000 per maand (krag uitgesluit). Beskikbaar 1 Maart. Skakel 082 449 2684 vir besigtiging. VERSKEIE wonings te huur: www.rentbay.co.za BETREKKINGS 3600

INGENIEURSWESE 3655

DIENSTE

DIENSTE

2420

2420

CAR WASH (behind King Cycle) R50 wash, dash and tyres. Vacuum R350. Valets by appointment. 072 473 4427.

PROFFESIONAL spraypainting. All makes, BMW, Toyota, V/W, Mercedes and Opel. Call for free quotes 072 473 4427.

GESOEK 2425

GESOEK 6 of 12m vraghouer. Kontantkoper. Sel 083 702 2826. VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

IZUZU Double Cab petrol bakkie 1997, 17700 km, white, canopy, aircon, nudge- and rollbar, towbar, leather seats. Good condition. Phone 084 556 9980 preferably after hours. VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

DADELIKE KONTANT. Vir lopende en nie-lopende voertuie is welkom. Skakel, sms of pcm na 079 544 2824.

ALGEMEEN 3680

MERCHANDISERSWORCESTER. A well-established dairy manufacturer requires Merchadiser with excellent customers service skills. The ideal candidate will have at least a matric qualification or relevant merchandising experience. References will be required. Please fax CV to HR Manager 086 6550 191.

15


16

Standard

20 Februarie, 2014

Geklassifiseerd Classifieds


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

20 Februarie, 2014

17


18

Standard

Eiendomme Property

20 Februarie, 2014

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Perfect home in established area This beautiful neat, older style, double-storey home with three spacious bedrooms has two bathrooms, renovated kitchen and scullery is situated in the Paglande. Beautiful Oregon floors throughout the living room lead onto an enclosed veranda and a lovely vine-covered patio. A one-bedroom flat with a separate entrance and own parking could generate an extra income. The well-manicured garden makes this home a must see. This is truly a perfect home in an established sought-after, quiet area. For more information, phone Sotheby’s at 163 Church Street on 0 023 347 2240.


Standard

Sport Sport

20 Februarie, 2014

Racing Saturday (22/2/2014) at Kenilworth Race one: Grandwest Casino & EW Workriders’ Maiden Plate 1 200 m: 1. Surrey (4) 2. Bandido Cabellero (1) 3. Muskets ’n Roses (5) 4. Cape Siskin (3) Race two: China Town Parow Maiden Juvenile Plate 1 200 m: 1. Kingvoldt (5) 2. Rebel’s Game (10) 3. Door Of Deception (3) 4. River God (12)

Glenview Aces het die afgelope Saterdag 15 Februarie in ’n Safa SAB­ligawedstryd teen City Killers met 5­1 vasgeval.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Aces loop ’n groot drag slae op die lyf MATTHEW SHELDON Glenview Aces het die afgelope Saterdag 15 Februarie in ’n Safa SAB-ligawedstryd teen City Killers met 5-1 vasgeval. Die twee spanne het kragte gemeet in die Esselenpark-stadion. Killers van Stellenbosch het geen tyd verspil om druk op Aces toe te pas nie deur goeie bewegings en aanvalle. Aces het hul bes probeer om beheer oor die wedstryd te kry, maar Killers se balverspreiding was te goed. Dit was Killers wat drie agtereenvolgende doele aangeteken het om die telling op 3-0 te

staan te bring. In die tweede helfte het Aces begin om meer doeltreffende aanvalle van stapel te stuur. Aces se doelskoper Rhodeon Esterhuizen het ’n paar maklike kanse gehad om ’n doel aan te teken, maar sy pogings het misluk. Kort hierna in die 60ste minuut het hy die bal van die middelveld gekry en ’n doel aangeteken. Die telling was toe 3-1. Oomblikke later het Killers nog ’n doel aangeteken om die telling op 4-1 te staan te bring. Volgens Murshid Valley, speler en afrigter vir Aces, is hy teleurgesteld dat sy span slae gekry het. “Ons voel nie goed oor die feit dat ons ver-

loor het nie, maar daar is nog tyd om op te maak vir die foute wat ons maak. Daar is ook ’n behoefte om nog o.21-spelers na dié klub te lok,” het hy gesê. Net voor die eindfluitjie het Killers die finale spyker in die doodskis geslaan toe hy die vyfde doel aanteken. Die eindtelling was 5-1 in Killers se guns. Aces het ook die afgelope Sondag in ’n Safa SAB-ligawedstryd teen Idas Valley van Stellenbosch met 6-2 verloor. Eerskomende Saterdag 22 Februarie speel Glenview Aces teen Eagles van Stellenbosch in ’n Safa SAB-ligawedstryd in die Esselenparkstadion. Die wedstryd begin om 15:00 op die A-veld.

Boland Ajax get thumped by United FC Stellenbosch MATTHEW SHELDON Boland Ajax lost 5-1 against United FC from Stellenbosch in a Safa SAB league match played on Saturday 15 February. The two clubs faced off on Zweletemba’s turf grounds in Worcester. According to Tumi Thibogang, chairman of Boland Ajax, he was not happy with the loss. “This is the first time that our players are exposed to this league. They are picking up the pieces and will play better soccer in the coming matches,” he said. The first few minutes of first half was riddled with missed chances for Ajax, even though they were moving the ball around swiftly and getting themselves into spaces. Shortly hereafter, Ajax finally cracked the seal on the match when leftwinger Bubele Mbobo latched on to a ball from the mid-field, ran towards the box and chipped the ball over the goalkeeper to give his side the lead wit a score of 1-0. United began to increase the tempo of the match, playing shorter passes and executing tighter marking when pursuing the ball. Moments later, with United’s ferocious attacking displays they managed to score three goals in a row to take a massive lead of 3-1 just before half-time. During the second half, United damaged Ajax again scoring another two goals through their fine counter-attacking displays. The final score was 5-1 in United’s favour. Thibogang told the Standard that they dominated the match and enjoyed most of the ball possession, but were not clinical enough in front of the goalposts. Ajax also played a SAB league match in Paarl against City Killers on Sunday 16 February. Their losing score was 3-2.

Race three: Lektron New Shop Online Maiden Juvenile Plate (fillies) 1 200 m: 1. Paradise Horse (8) 2. In Limine (4) 3. Czarina (2) 4. Quick Step Rosie (9) Race four: Ellies/Elsat Maiden Plate (F&M) 1 400 m: 1. Good Thinking (4) 2. Cosmonauta (3) 3. Casey’s Jet (2) 4. Stride Out (6) Race five: Russel Hobbs Divided Handicap (MR 93) 1 200 m: 1. Azincourt (7) 2. President Of Pop (4) 3. Sail South (9) 4. Fly By Night (1)

19

Race six: Lektron Chairman’s Cup (Grade 3); 3 200 m: 1. Hot Ticket (2) 2. Jeppe’s Reef (3) 3. Coltrane (ARG) (4) 4. Barossa Valley (6) 5. Paddy O’Reilly (1) 6. Wavin’ Flag (9) Race seven: Two Oceans Racing Prix Du Cap (F&M) (Grade 3) 1 400 m: 1. Lanner Falcon (9) 2. Priceless Jewel (2) 3. Alascan Maiden (10) 4. Pure Power (8) 5. Maybe Yes (13) 6. Jet Belle (1) Race eight: JVC Divided Handicap (MR 75) 1 200 m: 1. Silver Salver (2) 2. I Am The Law (7) 3. On The Nod (1) 4. Albarakah (3) Race nine: Telefunken FM 72 Handicap 1 200 m; 1. Perini (4) 2. Mysterio (10) 3. Lupin (Aus) (2) 4. Shamsiya (7) Place Accumulator: 8x4x4,7,9x1,2,3,4,6x2, 8,9,13x2,7x2,4,7. Jackpot: 1,2,4,7,9x1,2,3,4,6x1,2 ,8,9,10,13x1,2,3,7. Pick 6 (10c unit): 2,3,4,6x1,2,4,7,9x1,2,3 ,4,6,9x2,9,10,13x2,4,7 x2,4,6,7,10.

Gholf Bonnievale (72): Enkel-Stableford: E. van der Bank 37, D. van Eeden 35, C. van Zyl 34, L. Wentzel 30, J. Jooste 30. Ceres (72): Klubkampioenskapstoernooi: Afd. A: R. Engelbrecht 143, V. Hewitt 145, D.J. Schreuder 154. Hexvallei (72): Samespel-syferplus: F. Olivier & I. Coleske +12, P. v Eeden en T. Esterhuize +8, J. de Kock & J. Jacobs +6. Montagu (72): Samespel-Stableford: L. Noble en W. Jeneke 50, J. Olivier en P. Muller 50, K. Conradie en N. Engel 48, W. van Eeden en B. van Zyl 48, E. Jeneke en D. Jacobs 47, D. Douw en C. Malgas 47, D. Rossouw en C. Rossouw 47. Riverside (72): Houespel: R. Moosa 65, R. Savahl 67, N. Macpherson 69, P. Januarie 70, S. du Toit 71, J. Joseph 71. Robertson (72): Samespel-Stableford: Voorkeurdryf: R. Lotter en M. Breedt 53, R. Viljoen en R. Nel 52, L. Vercuiel en B. Jonker 52, G. du Toit en J. Cronje 50, E. Deyzel en A. Smuts 50, H. Kleinhans en J. de Groot 50, R. Llewellyn en C. Llewellyn 49, M. Viljoen en D. Conradie 49, J. Hess en R. Lambrecht 49. Worcester (72) Gekombineerde Stableford: C. Fouché en L. Becker 80, J. de Klerk en R. Lambrechts 76, P. Cilliers en W. Faul 74, R. van Schoor en T. Franken 73, W. van der Merwe en G. van der Merwe 73. Krieket Klubkompetisies Robertson t. Paarl-Oos: Paarl-Oos 135/6 (Lee Alexander 44, 3x6, 5x4, Bruce Millar 40, 6x4; W. Matthys 3/35). ROBERTSON 111 (L. Williams 32, 2x6, 1x4; Garth Lewis 3/18, Alfredo Adams 3/27.) Paarl-Oos wen met 24 lopies.

Boland Ajax lost 5­1 against United FC from Stellenbosch in a Safa SAB league match on Saturday 15 February. PHOTOS: JOLINE VAN DER MERWE

Bergfietse Du Toit Tanka-trek (PA Hamlet) Mans: 1. James Reid en Brendan Davids (Trek Racing) 10:00.2; 2. Adriaan Louw en Kenny Looser (Fairview Elite) 10:09.38; 3. Charles Keey en Dareehn Lill (Canondale Blend) 10:12.06. Vroue: 1. Ariane Kleinhans en Cherise Stander (RE:CM 12:06.07; 2. Ischen Stopforth en Yolande de Villiers (Sasolracing Ladies) 12:21.17; 3. Hanlie Booyens en Mariske Strauss (Pragma’s Orange Monkeys) 12:42.59. Solo-mans: 1. Urs Huber 9:44.08; 2. Karl Platt 9:48.52; 3. Waylon Woolcock 10:15.58.

HTS Drostdy Fietsry: Porcupine Fietswedren Pierre Nel (eerste) en Chris-Lee van Deventer (vierde) Tennis: Die graad 4- en graad 8leerders het teen vier senior leerders van Hexvallei gespeel en met 6-0 gewen.

Another scene from the match between Boland Ajax and United F.C.

verower 32 eerste plekke, 20 tweede en 16 derde plekke. Krieket: o.19B teen Montana o.19A: Montana kolf en teken 155 aan. Drostdy kolf en teken 115/8 aan. Drostdy verloor met 40 lopies.

Vierde seunspan wen 6-0 teen Montagu en die tweede meisiespan speel gelykop.

Toutrek: Seuns 400 kg – 1ste, 2de, 3de 440 kg – 2de, 3de, 4de 480 kg – 1ste, 2de 520 kg – 1ste, 2de, 3de, 4de 560 kg – 1ste, 4de 600 kg – 1ste, 4de

Atletiek: Drostdy neem deel aan ’n byeenkoms by Charlie Hofmeyr in Ceres. Die atlete

Meisies 440 kg – 2de 450 kg – 2de 520 kg – 2de, 3de


20 Februarie 2014

VLAKKIEKRIEKET: WÊRELDBEKER

View Legends het die gunstelinge, Billabong, met 51 lopies in die eindstryd van die Vlak­ kiekrieket Wêreldbeker geklop. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Spelers en toeskouers hardloop verheug oor die veld nadat Billabong se laaste paaltjie ge­ val en View Legends as die wenners gekroon is.

Legends klop Billabong in Vlakkie­stryd JOLINE VAN DER MERWE View Legends het verlede Sondag tydens die jaarlikse Vlakkiekrieket Wêreldbeker-eindstryd wat in Duncanweg, Johnsonspark, gehou is, koning gekraai teen Billabong. Dawid Smith, afrigter van die wenspan, sê sy span het in 2011 begin speel en hulle oefen sowat vier dae per week met ekstra oefensessies wanneer hulle vir ’n kompeti-

sie voorberei. “Die span het regtig die vrugte van hul harde werk gepluk,” het Smith bygevoeg. Sowat 27 spanne het sedert 1 Desember aan weeklikse wedstryde in Roodewal en Riverview deelgeneem. Die ouderdomsgroepe van spelers strek van 14 tot 40 jaar. Vlakkiekrieket is sedert die 80’s reeds deel van die Vallei-sportkultuur. Die doel van Vlakkiekrieket is om veral kinders van die straat af te hou. “As ons die kinders vir ’n paar ure van die strate kan

kry, sal hulle nie betrokke raak by kriminele aktiwiteite en op gevaarlike plekke wees nie,” sê Denfred Cupido, een van die Vlakkiekrieket-komiteelede. Die Breedevallei Munisipaliteit (BVM) is goeie ondersteuners van die sport en Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester, en rdl. Sammy Goedeman, burgemeesterskomiteelid en portefeuljehouer vir sport en rekreasie, was daar om medaljes en bekers aan die wenspanne te oorhandig. Kivedo het die spelers vir hul prestasies,

harde werk en goeie sportmanskap geprys. Hy het ook die toeskouers en spanne geprys vir die wonderlik atmosfeer op die veld. Die spelers van die spanne wat eerste en tweede geëindig het, het elk ’n medalje ontvang vir hul deelname. terwyl die beste bouler, kolwer en speler in die eindstryd elk ’n beker vir hul uitstekende spel ontvang het. Die beste speler sowel as beste kolwer was Edmund Lukas van View Legends en Edlin Mampa van Billabong is as die beste bouler aangewys.

Goeie tye by Mountain Mill Mall Model Sport se Valentyn­resies Die Worcester Atletiekklub ((WAK) en die hoofborge, Mountain Mill Mall en Model Sport, is trots op die vinnige tye en dankbaar vir die deelname aan die jaarlikse St Valentine Nite-wedloop wat Woensdag 12 Februarie by die Mountain Mill plaasgevind het. Sowat 177 atlete het vir die 10 km-wedloop aangetree. Die wedloop is uiteindelik deur Dicardo Jacobs van Boland Nedbank gewen in 32:39 met Johannes Jansen (Robertson) 32:42 tweede en Justin Fritz (33:00) van Ceres Atletiekklub in die derde plek. In die vroue-afdeling het Tanith Maxwell van die Boxer Atletiekklub in KwaZulu-Natal in versengende hitte en ’n lastige wind eerste oor die wenstreep genael in 37:45, met Mariette Strauss van Tygerberg Atletiekklub in tweede plek (41:08) en Clariece Slingers (42:36) van Nedbank Boland in die derde plek. Die wenners is beloon met prysgeld van

R1 000 in albei die senior afdelings. Die ander kategorie-wenners was Jansen (junior mans), Slingers (junior vroue), Alexander Evertson van Robertson (veterane mans in 40:19), Danel van Lill (veterane vroue) van Worcester in 48:46, Sollie van Rooyen van Worcester (meester mans in 36:59), Strauss (meester vroue), Brian Rothman (grootmeester mans) van Brackenfell in 49:33 en Sue Symer (grootmeester vroue) van Helderberg in 59:14. Die 5 km-pretdraf en pretloop het 373 deelnemers gelok en die borge is baie ingenome met die groei in die deelnemersgetalle. “Ek wil graag al ons borge bedank vir hul skenkings,” sê Faezal Karriem, voorsitter van Worcester Atletiekklub. Voorts het hy ook die verkeersafdeling en plaaslike munisipaliteit bedank vir hul volgehoue steun aan die klub die afgelope jare.

Die Mountain Mill Mall Model Sport St Valentines Nite Race het in en rondom die inkopiesentrum plaasgevind.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.