Vistanews 20130627

Page 45

Donderdag 27 Junie 2013

Madelein Venter DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) plaas en een van die groot trekpleisters – De Vette Mossel – is ook weer terug. Dié outentieke seekosrestaurant bied ’n seekosbuffet met ’n volle agtgangmaaltyd, asook ’n à la carte-spyskaart. Voorafbesprekings is noodsaaklik vir die buffet en vir R250 kan jy aan die smullekker seekosgeregte en varsgebakte potbrood smul totdat jy trommeldik is. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees om die ergste koue te verdryf. Lewendige vermaak word deur Henning Joubert en Anton Botha verskaf. Joubert is ’n Bloemfonteinse kunstenaar wat al wye draaie in die musiekwêreld gestap het. Hy was een van die stigterslede van die Afrikaanse groep Beeskraal en kan ’n hele string instrumente bespeel. Hy het al saam met al wat ’n bekende kunstenaar in die land is, opgetree en werk nou aan ’n solo-album. Hy is ook in die Vryfees-produksie Fyngeslyp te sien. Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy musiekvideo’s word gereeld op kykNET vertoon. Hy skryf die meeste van sy eie musiek en kan blitsvinnig ’n partytjie aan die gang kry. Kaartjies vir dié eetplek is by Spotted Apple beskikbaar. Skakel 051-447-1086 of stuur ’n e-pos na info@spottedapple.co.za om jou plek te bespreek of vir meer inligting.

HENNING JOUBERT vermaak besoekers aan De Vette Mossel op die Vryfees.

Kitaar bly gunsteling JY sal verskoon word as die naam Henning Joubert nie dadelik ’n klokkie lui nie. As jy egter na sy CV kyk, sal jy gou besef dié man het wel al jou pad gekruis. Daar is min instrumente wat dié 31-jarige Bloemfonteinse musikant nié kan bespeel nie. Voeg daarby ’n fantastiese stem en dan besef jy Henning is die hele pakket. Hy is op Klerksdorp gebore, maar is gek na Bloemfontein. “Ek’s mal oor die mense. Hulle is baie vriendelik en warm.” Hy het op skool sy buiging as konsertinaspeler gemaak en daarna aan die jazzdepartement van die Tswane-universiteit vir Tegnologie gestudeer. Hy bespeel ook die kitaar, mandolien, baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekklavier. “My gunsteling bly egter die kitaar,” sê Henning. “Dit is so veelsydig, baie verskillende genres, style en aanslae.” In 2001 het hy die Sakkie-langarm-boereorkeskompetisie op kykNET gewen en die album wat hy daarna opgeneem het, is met ’n Sama-eerbewys vereer. Henning was een van die stigterslede van die Afrikaanse rockgroep Beeskraal en ook permanent lid van Dozi en Robbie Wessels se orkeste. “Ek sou baie graag saam met Coenie de Villiers, Vusi Masashela, Tony Cox en PJ Powers wou optree,” sê hy. Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland, Kanada en Indië opgetree. Hy is boonop ’n talentvolle liedjieskrywer en werk nou aan sy solo-album wat later vanjaar uitgereik sal word. Hy het die meeste van die liedjies op die album self geskryf. Vir meer inligting of besprekings, bel Spotted Apple by 079-504-3912 of 051-447-1086.

Wys jou slag op fees met potjiekos ’n HEERLIKE avontuur en uitdaging wag op vanjaar se Vryfees van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein op elkeen wat vir kosmaak lief is . Vanjaar word ’n potjiekoskompetisie in samewerking met Kloppers, kykNET en Weber aangebied. En heel gepas vir die streek is die tema Vrystaat!. Die groot potjie-opskop vind op Saterdag 13 Julie op die Vodacom-kunstemarkterrein se mannegebied plaas. Die deelnemers kan om 10:00 begin kole stook. ’n Verdere bederf wag in die vorm van die beoordelaars met die finaliste van kykNET se kookkompetisie Kokkedoor en akteurs van Villa Rosa wat die wenpotjie sal kies. Spanne sal op dekor, spangees en stemming, smaak van die potjie en voorlegging aan die beoordelaars beoordeel word. Die wenspan kry R1 000, terwyl die spanne in die tweede en derde plek onderskeidelik R750 en R500 kry. Inskrywing kos R350 per span wat ’n Weber-voorskoot vir elke deelnemer, asook ’n resepteboekie, insluit. Weber sal die ketels verskaf, asook die nodige houtskool-brikette. Deelnemers moet hul eie platboompot, tafel, stoele, tafeldoek, braaigereedskap, bestanddele en speserye vir die potjie, asook die bykos, voorsien. Vir meer inligting of om jou in te skryf bel Atie Kamper by 082-859-2392.

45

Leerlinge bring warmte LEERLINGE aan die Goudveld-Hoërskool het die afgelope week komberse ingesamel en aan die Sonskyn-projek oorhandig. Altesaam 100 gesinne word deur dié projek versorg. Dit behels die lewering van weeklikse kospakkies aan 80 kinders en 40 bejaardes. Alet Viljoen, projekbestuurder, sê daar is ’n voortdurende behoefte. “Ons het altyd kos en klere vir die mense nodig. “Blikkieskos, nie-bederfbare kossoorte, pasta, mieliemeel, toiletware, mans- en vroueklere, kinderklere, babaklere, babamelkpoeier, babakossoorte en nog baie meer wat in die huis gebruik kan word, is dringend nodig. Ek vra ook somer- en wintersklere. Ons het 50 matrikulante wat toegerus moet word vir hul matriekafskeidgeslligheid,” het Viljoen gesê.

GR. 8-LEERLINGE aan die Goudveld-Hoërskool het komberse vir die Sonskyn-projek ingesamel.

JULY SPECIALS While Stocks Last • Specials Valid From 27 June - 24 July 2013 made in South Africa Cascade Double End Bowl

Nail Handles 128mm

R999

7165

6pc Utility Hook Chrome 6190

Black Nickle 8737 Chrome 8740

R1899

R1199

Each

Plate Rack Chrome

6284

Cascade Double End Bowl With Tidy 7114

R5999

R1989

R269 Call: 057 352 8134

Shop 5, 355 Long Road, Welkom

Dish Rack Wall Mount / Free Standing 482mm Stainless Steel

While Stocks Last! Prices include VAT • E&OE

Smul aan seekos op Vryfees

Vista

6185

www.gelmar.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.