Vista News 14-03-2013

Page 31

Donderdag 14 Maart 2013

Vista

31

ARTS&CULTURE/KUNS&KULTUUR

Ongeluk stuit Mathys geensins Molly Green

Join Taaibosville entertainment NEW models signed with Taaibosville Entertainment are from the left Tshepang Khoboko, Thato Ndlovu, Tebello Phoshodi, Ipeleng Kgothule, Melissa Mayburgh and Layla Mcbetty.

MATHYS ROETS, die kunstenaar met die fluweelstem, kan wel nie meer op sy eie voete staan nie, maar met sy sin vir humor skort niks nie. Hy het geleer om die ligte kant van lewe raak te sien en selfs vir homself te lag. Daarby is geen uitdaging vir hom te groot nie. Sy optrede in die Bekfluitjie-teater in Welkom was ’n reuse-sukses en veral sy Leonard Cohenliedjies het groot byval gevind. Hy het vertel van sy aanpassing en gewaarsku iemand in ’n rolstoel moet liefs nie by ’n winkelsentrum sit en koeldrank drink nie. “As jy weer sien, val ’n

muntstuk daarin . . . “Die manne met wiele is ’n hegte groep. “Daar word gepraat oor watter wiel jy het, wie dit gemaak het en hoe vinnig jy kan ry.” Mathys sê hy kan nie glo dit is reeds vier jaar gelede dat hy die ongeluk gehad het wat sy lewe radikaal verander het nie. “Mense wil altyd help. Sonder hulp neem dit my 30 sekondes om in die rolstoel te kom. Met hulp drie minute,” sê hy grappenderwys. Hy vertel ook van ’n man wat met krukke loop wat hom probeer help het. “Ek het later maar stadig agter hom gebly, want ek wou nie aanstoot gee nie.”

Werksessies op skou gehou

Smith in ‘7de laan’ LIZELLE SMITH from Parys, a model and pop singer, will soon be on South Africa’s small screens. She has recently started shooting for an appearance on Afrikaans soapie 7de Laan on SABC 2. She also performed at the Matjhabeng Candle Light event which was held at Welkom Central Park in December. She is a member of Taaibosville Enter­ tainment.

DIE tydskrif IDEES se leserswerksessies word vanjaar op die Bloemskou aangebied. Bemeester die kuns om yskasmagnete te maak, asook decoupage te doen en linoleumsnee (lino cutting) en stempels te gebruik. Idees se eie Dala Watts en Ciskia Hanekom sal die interessante leserswerksessies aanbied. Dit kos R185 per persoon wat die benodigdhede, ’n sak met geskenke en verversings en toegang tot die Bloemskou insluit. “Die werksessies is uiters gewild, so bespreek betyds jou plek om teleurstelling te voorkom,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloemskou. Die datums en tye van die werksessies is: Vrydag 26 April om 15:00

in die banketsaal – yskasmagnete. Saterdag 27 April om 10:00 in die banketsaal – decoupage. Saterdag 27 April om 15:00 in die banketsaal – linoleumsnee en stempels. “Indien jy belang stel om een of al drie van die werksessies by te woon stuur ’n e-pos na entertainment@spottedapple.co.za. Verskaf jou naam, posadres en datum van die sessie of sessies wat jy wil bywoon, asook hoeveel kaartjies jy verlang. “Geen bespreking sal bevestig word voordat die volle betaling ontvang is nie. “Betaling moet geskied 48 uur ná ontvangs van die faktuur, anders word die bespreking outomaties gekanselleer,” sê Prinsloo.

MATHYS ROETS, teken hier vir een van sy grootste aanhangers, Petra Pretorius, ’n CD. Sy optrede in die Bekfluitjie­teater in Welkom was ’n groot sukses. Foto: Molly Green

Traditional parade held at St Dominic’s College

Kom oud en jonk met sang betower

THE traditional Shrove Tuesday Parade was held around the pool at the St Dominic’s College Primary School. The children were allowed to dress up according to class themes. The true reason for this carnival is the tradition of pancake day. This day marks the day before the Lent Fast begins according to the Catholic Christian Calendar. Pictured from the left are Delilah, Jonah in the whale and King Tut.

RAY DYLON tree op 22 Maart in die Hoërskool Hennenman op. Beperk­ te plekke is beskikbaar. Kaartjies kos R120 vir volwassenes, laer­ skoolleerlinge betaal R100 en vir kinders wat op skote sit, is dit gratis. Tafels is ook beskikbaar. Rig navrae aan Richard by 074­588­2976.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.