Fakulteit Regsgeleerdheid

Page 1

2016/17 www.up.ac.za/law

Voorgraadse fakulteitsbrosjure


ii

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Boodskap van die Dekaan Indien u hierdie boodskap lees, stel u hoogs waarskynlik belang daarin om in die regte aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Die doel van hierdie boodskap is dan ook om ons Fakulteit Regsgeleerdheid, waarop ons baie trots is en wat as een van die beste in die land en in Afrika beskou word, aan u bekend te stel. Ons ontvang jaarliks ‘n groot aantal aansoeke van voornemende studente en werkgewers is gretig om ons gegradueerdes in diens te neem. Die Fakulteit Regsgeleerdheid bestaan uit die Departemente Regsleer, Handelsreg, Privaatreg, Prosesreg, Publiekreg en die Sentrum vir Menseregte. Die Fakulteit beskik tans oor die dienste van 65 toegewyde heeltydse akademici, waarvan ongeveer tweederdes reeds doktorsgrade in verskeie regsgebiede verwerf het. Hulle word ondersteun deur hoogs gemotiveerde administratiewe en hulppersoneel wat almal saamspan om ons studentegemeenskap te dien en hulle voor te berei op die regsberoep. Die Fakulteit huisves sentrums vir Gevorderde Korporatiewe en Insolvensiereg, Kinderreg (die Direkteur van die Sentrum, Prof Ann Skelton, is die wenner van ‘n 2012 Wêreld Kinders-eretoekenning, Reg in Ontginningsindustrieë in Afrika (die eerste van sy soort op die kontinent), Menseregte (die Sentrum het die 2006 UNESCO-prys vir Onderrig in Menseregte asook die 2012 Afrika-unie Prys vir Menseregte verower), Intellektuele Goederereg, Reg en Geneeskunde (in samewerking met die Departement Forensiese Medisyne in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe), Sport- en Vermaaklikheidsreg, asook die Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika en die Regskliniek. In die Fakulteit is ook die Adams & Adams-leerstoel in Intellektuele Goedereg gesetel, asook die Barclays Afrika-leerstoel in Afrika Bankreg, die Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies UNESCOleerstoel in Onderwysreg in Afrika, en die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief in Internasionale Ontwikkeling en Ekonomiese Verhoudinge in Afrika en Internasionale Konstitusionele Reg.

Prof André Boraine Dekaan: Fakulteit Regsgeleerdheid Die Fakulteit Regsgeleerdheid is verbind daartoe om ‘n belangrike rol te speel in regsnavorsing in Suid-Afrika en Afrika. Deur verskeie inisiatiewe

word deurlopend gepoog om die aantal en gehalte van die Fakulteit se navorsingsuitsette te verbeter en hulle in lyn te bring met die Universiteit van


Universiteit van Pretoria

Pretoria se langtermynstrategie, UP 2025. Lede van die Fakulteit se akademiese personeel het reeds ‘n groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die reg op verskeie gebiede en het oor die jare heen ‘n beduidende aantal handboeke oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Die Fakulteit is verder verbind daartoe om by te dra tot ‘n gemeenskap gebaseer op sosiale geregtigheid. Gedurende die tydperk van politieke onrus en die oorgang na ‘n grondwetlike demokrasie het die Fakulteit die Sentrum vir Menseregte op die been gebring. Sommige lede van die Fakulteit het dan ook aan die formulering van die finale Suid-Afrikaanse Grondwet (1996) deelgeneem. Namate die reg al veelsydiger en in sommige gevalle meer globaal raak, sorg die Fakulteit dat hy professionele verhoudinge met talle internasionale liggame soos die Verenigde Nasies (VN), die Europese Unie (EU), die Wêreldbank en buitelandse universiteite handhaaf. Vooraanstaande internasionale akademici besoek ons gereeld vir onderrig- of navorsingsdoeleindes en ons akademici besoek op hul beurt buitelandse universiteite. Die Fakulteit fokus veral sterk op Afrika en het ‘n wye netwerk met verskeie universiteite op die vasteland tot stand gebring. Oor die jare heen het die Fakulteit alumni gelewer wat die hoogtepunt in hul beroep as regsgeleerdes bereik het – sommige as regters in die Hoë Hof, die Appèlhof en die Konstitusionele Hof, waar hulle ‘n beduidende rol in die versterking van ons regstelsel gespeel het. Op voorgraadse vlak bied die Fakulteit ‘n vierjaar-LLB-graadkursus aan. Die meerderheid van ons studente skryf egter eers vir ‘n BCom (Regte)- of ‘n BA (Regte)-graad in. Ons streef daarna om LLB-gegradueerdes te lewer wat deeglik toegerus is met die kennis en vaardighede wat in enige van die gevestigde regsberoepe vereis word. Met dié doel voor oë het die Fakulteit die kurrikulum in 2012 hersien en besluit om tydens onderrig groter klem op ‘n navraaggerigte benadering te plaas ten einde die navorsingsvaardighede van ons studente te verbeter en ons onderrigfokus in lyn te bring met UP se akademiese plan vir 2025. Dit beteken dat ons die klem plaas op opleiding in regsvaardighede, wat skriftelike en mondelinge kommunikasie, regsnavorsing, formulering en deelname aan skynverhore insluit. Op nagraadse vlak bied ons omvattende meestersprogramme (LLM) (gedoseerde

of navorsingsprogramme) en ‘n doktorale program (LLD) aan. Met die oog op die kritieke belangrikheid van die verdere ontwikkeling van navorsing in die Fakulteit word daadwerklike pogings aangewend om topstudente te lok en hul nagraadse ondervinding in die Fakulteit te verbeter. Ten einde nagraadse studente se navorsingsvaardighede te ontwikkel, is ‘n omvattende program in navorsingsmetodologie enkele jare gelede bekendgestel. Die Fakulteit is besonder trots op sy Regskliniek, wat onder die bestes in die land tel en ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van studente se maatskaplike bewustheid en praktiese vaardighede. Die Regskliniek verskaf basiese regsdienste aan hulpbehoewende lede van die gemeenskap en dienste word gelewer deur senior studente onder die kundige toesig en leiding van gekwalifiseerde prokureurs. Finalejaar-LLB-studente kan vir ‘n praktiese kursus by die kliniek inskryf. Benewens die regsvaardighede wat hulle daardeur aanleer, ontvang hulle ook krediete vir ‘n keusevak in hul finale LLB-jaar. Aangesien sterk klem op die belangrikheid van skryf en publikasie geplaas word, word heelwat tyd aan die verbetering van studente se skryfvaardighede bestee en akademiese personeel word ondersteun en aangemoedig om te publiseer. Die Fakulteit huisves geakkrediteerde regstydskrifte en -publikasies soos De Jure, die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR), die African Human Rights Law Journal en die African Human Rights Law Reports. Die Pretoria Student Law Review, waarin artikels deur regstudente gepubliseer word, word deur die Fakulteit befonds en ondersteun en deur regstudente bestuur. Akademiese boeke en publikasies word ook deur Pretoria University Law Press (PULP) uitgegee. Die Fakulteit word gehuisves in die Regsgeleerdheidgebou, ‘n moderne en indrukwekkende gebou op die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus. Die Regsgeleerdheidgebou bevat ook die goed toegeruste Oliver R Tamboregsbiblioteek wat die unieke Law of Africa-versameling insluit en vir TuksRegtestudente geoormerk is. Die Fakulteit bied talle geleenthede vir studenteontwikkeling in alle sfere. Die Fakulteit se studentehuis, Regshuis, sorg vir ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite wat akademiese, sport-, kulturele en sosiale geleenthede insluit, byvoorbeeld die jaarlikse Regsfakulteitsfees. Dié geleentheid

iii

beklee ‘n belangrike plek op ons kalender en bied aan studente en personeel ‘n platform waar hulle hul talente ten toon kan stel. Lede van die Fakulteit se Skynhofvereniging blink uit in plaaslike en internasionale skynhofkompetisies en ons spanne is dikwels die toppresteerders tydens dié geleenthede. TuksRegtestudente dien die studentegemeenskap van die Universiteit van Pretoria deur die Konstitusionele Tribunaal en die Studente Dissiplinêre Adviespaneel. As ‘n TuksRegte-student sal u deel wees van ‘n lewenskragtige en groeiende Fakulteit Regsgeleerdheid, die Universiteit en die gemeenskap. Elke lid van die Fakulteit Regsgeleerdheid deel die verantwoordelikheid om die belange van die Fakulteit te bevorder deur ‘n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van toekomstige kundiges en navorsers op die gebied van die regte, en deur die ontwikkeling ‘n gevoel van maatskaplike verantwoordelikheid onder sy studente aan te moedig. Die waardes van die huidige geslag sal die toekoms van ons geliefde land bepaal, en onderrig in die regte is van die uiterste belang om ‘n florerende samelewing te waarborg wat die idee van die oppergesag van die reg heelhartig ondersteun. Ons sien daarna uit om ons nuwe studente in 2017 te verwelkom en te sien watter bydrae hulle eendag as TuksRegte-studente in die nasionale en internasionale arena sal maak – danksy ‘n samestelling van ons hoë standaard van regsonderrig en hul eie professionele gedrag en die kennis en vaardighede wat hulle aangeleer het – en hoe hulle hul kliënte, gemeenskappe en die regsberoep dien en die regte beskerm wat ‘n regverdige samelewing vir almal verseker. Ons doel bly steeds om ons studente met die nodige kennis, vaardighede en perspektiewe toe te rus ten einde gegradueerdes te kan lewer wat leierseienskappe en kritiese denkvaardighede openbaar, bewus is van hul maatskaplike en etiese verantwoordelikhede, en gesogte kandidate onder voornemende werkgewers is. Ons gegradueerdes is nie slegs leiers in die gemeenskap en die beskermers van regte nie, maar ook trotse alumni van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Regsgeleerdheid. Prof André Boraine Tel +27 (0)12 420 4126


1

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................2 Fakulteitshoogtepunte..........................................................................................................................................................................................................................3 LLB, BA (Regte) en BCom (Regte).......................................................................................................................................................................................................4 Regsprogramme in ander fakulteite.................................................................................................................................................................................................4 Toelatingsvereistes vir die LLB ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry.....................................................................................4 Vrystelling/krediet vir modules geslaag by ander instansies......................................................................................................................................................4 Eksaminering............................................................................................................................................................................................................................................4 Samestelling van die LLB-graad..........................................................................................................................................................................................................4 Kernmodules............................................................................................................................................................................................................................................9 Keusemodules.......................................................................................................................................................................................................................................10 Beroepsmoontlikhede.........................................................................................................................................................................................................................12 Algemene inligting................................................................................................................................................................................................................................13 UP Opedag.............................................................................................................................................................................................................................................13 Inligtingsdiagramme (sien “Infographs” in Engelse weergawe op bladsy 14)

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2015. Kommentaar en navrae kan gerig word aan csc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.


Universiteit van Pretoria

2

Voorgraadse programme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2017 Ten einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook die minimum vereistes van die betrokke program. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT). Die volgende persone kan ook vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is. Let wel: Kandidate wat ‘n BA (Regte)- of BCom (Regte)-graad aan UP behaal het, sal nie aan ‘n keuringsproses onderwerp word nie en sal toegelaat word om outomaties vir die LLB-graad te registreer. Internasionale studente moet ‘n volle vrystellingsertifikaat van “Universities South Africa” bekom voor hulle oorweeg sal word vir toelating. ‘n Voorwaardelike vrystellingsertifikaat verleen nie toelating tot LLB-studie nie. LLB is ‘n voltydse vierjaarprogram. Studente word nie toegelaat om voltyds te werk terwyl hulle geregistreer is vir LLB nie. Slegs aansoekers wat voldoen aan al die bogenoemde toelatingsvereistes sal oorweeg word vir toelating. Universiteit van Pretoria-webwerf

www.up.ac.za/regte Minimum vereistes vir 2017 Prestasievlak

Programme

LLB [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus Fakulteitskeuring: ‘n Beperkte aantal studente word toegelaat. *Kandidate met ‘n TPT van 32 of hoër sal by ontvangs van hul aansoeke op ‘n deurlopende basis tot 30 September aanvaar word, of totdat alle beskikbare plekke opgeneem is. Kandidate met ‘n TPT van 38 of hoër sal deurlopend aanvaar word tot en met registrasie in Januarie van die volgende akademiese jaar, ongeag die getal kandidate wat reeds aanvaar is. Beroepe: Advokate, prokureurs, aanklaers, landdroste, regsadviseurs en akademici BA (Regte) [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Afrikaans of Engels

TPT

NSS/ IEB

HIGCSE

ASLevel

ALevel

5

3

C

C

32*

Navrae ten opsigte van LLB-aansoeke: Me Helen van Tonder, Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid Tel +27 (0)12 420 4265 Faks +27 (0)12 420 2090 E-pos helen.vantonder@up.ac.za

Verwys na die Fakulteit Geesteswetenskappe vir vereistes en beroepe.

Vir meer inligting oor die BA (Regte)-program, kontak: Me Harriet Klopper Tel +27 (0)12 420 2260 E-pos harriet.klopper@up.ac.za BCom (Regte) [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus Vir meer inligting oor die BCom (Regte)-program, kontak: Me Hermie Coetzee Tel +27 (0)12 420 4375 E-pos hermie.coetzee@up.ac.za

Verwys na die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir vereistes en beroepe.


3

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Fakulteitshoogtepunte Die Fakulteit Regsgeleerdheid bestaan uit die Departemente Regsleer, Handelsreg, Privaatreg, Prosesreg, Publiekreg en die Sentrum vir Menseregte. Die Fakulteit huisves ook die Sentrums vir Gevorderde Korporatiewe Reg en Insolvensiereg, Kinderreg, Intellektuele Goederereg, Reg en Geneeskunde (in samewerking met die Departement Forensiese Geneeskunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe), Sport- en Vermaaklikheidsreg, asook die Instituut vir Internasionale Reg en Regsvergelyking in Afrika en die Regskliniek. Die Fakulteit huisves ook die Barclays Afrika-leerstoel in Afrika Bankreg, die Adams & Adams-leerstoel in Intellektuele Goederereg, die Verenigde Nasies Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO)-leerstoel in Onderwysreg in Afrika en die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief in Internasionale Ontwikkeling en Ekonomiese Betrekkinge in Afrika en Internasionale Konsitusionele Reg. Die Fakulteit Regsgeleerdheid is daartoe verbind om ‘n beduidende rol in regsnavorsing in Suid-Afrika en Afrika te speel. Verskeie inisiatiewe word deurlopend geloods om sowel die omvang as die gehalte van die Fakulteit se navorsingsuitsette te verbeter en om dit te belyn met die Universiteit van Pretoria se langtermynstrategie, UP 2025, waarvan navorsing ‘n sentrale tema is. In 2013 het die Fakulteit meer as 126 navorsingsuitsette in geakkrediteerde akademiese tydskrifte gepubliseer. Dit is nie net aan publikasies deur voltydse personeellede te danke nie, maar ook aan die bydraes van studente, deeltydse personeellede en buitengewone professore. Die Fakulteit streef daarna om meer artikels in internasionale akademiese tydskrifte te publiseer ten einde die Universiteit se internasionale profiel te versterk. Die Fakulteit het in die 2014 akademiese jaar 81 besoekende navorsers en dosente ontvang en/of as gasheer vir hulle opgetree. 81 personeellede het referate op internasionale konferensies gelewer of lesings aangebied en/of navorsing gedoen aan buitelandse instellings, en 55 personeellede het referate tydens nasionale konferensies gelewer. Spesifieke navorsingsfokusgebiede sluit onder andere menseregte, reg en geneeskunde, internasionale reg, bank-, maatskappye- en verbruikersreg, reg en armoede, kinderreg, en intellektuele goederereg in. TuksRegte-graduandi word hoog aangeskryf as professionele regslui. Ons studente, van eerste- tot finalejaar, onderskei hulleself op verskeie terreine, insluitende die feit dat hulle uitstekend presteer in skynhofkompetisies op die Afrika-kontinent.


Universiteit van Pretoria

4

Voorgraadse programme LLB, BA (Regte) en BCom (Regte) In 1998 is die LLB-graad van ‘n vyfjaar- tot ‘n vierjaargraad verkort. Dit blyk egter dat nie alle studente na vier jaar gereed is vir die eise van die regsprofessie nie en daarom word studente oor die algemeen aangeraai om eers die driejaar BA (Regte)- of die driejaar BCom (Regte)-graad te voltooi en dan oor te skakel na die LLB-graad, wat ‘n verdere twee jaar se studie behels. Hierdie studente verwerf dan twee grade in twee verskillende studierigtings.

Regsprogramme in ander fakulteite Fakulteit Geesteswetenskappe: BA (Regte) Hierdie program voorsien in spesifieke opleidingsbehoeftes wat voortvloei uit die behoefte aan werknemers wat oor bepaalde regskennis beskik, maar ook in aspekte van die sosiale of geesteswetenskappe geskool is. Die doel is om studente op te lei as regspraktisyns met ‘n breë akademiese agtergrond, om sodoende ‘n alternatiewe roete na die uiteindelike verwerwing van ‘n LLB-graad te bied. Raadpleeg asseblief www.up.ac.za/jaarboeke vir die Jaarboek van die Fakulteit Geesteswetenskappe, wat meer inligting oor die BA (Regte)-program bevat. Die toelatingsvereistes vir BA (Regte) is op dieselfde webblad beskikbaar. Vir meer inligting oor die BA (Regte)-program, kontak: Me Harriet Klopper Tel +27 (0)12 420 2260 E-pos harriet.klopper@up.ac.za

Toelatingsvereistes vir die LLB ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry Ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry, word toepaslike kombinasies van erkende Nasionale Seniorsertifikaat (NSS)-vakke, asook spesifieke prestasievlakke van voornemende studente vereis. ‘n Opsomming van die fakulteitspesifieke vereistes en die TPT wat vereis word vir toelating tot die LLB word op bladsy 2 uiteengesit.

Vrystelling/krediete vir modules geslaag by ander instansies Aansoek om vrystelling vir modules wat by ander instansies geslaag is, moet op die voorgeskrewe vorm (wat by die Fakulteit se Studenteadministrasie beskikbaar is) gedoen word. ‘n Akademiese rekord en die volledige leerplan van die betrokke module moet die aansoek vergesel. Studente wat van ‘n ander universiteit af oorskuif, moet ten minste die helfte (50%) van die modules wat benodig word vir die LLB aan hierdie Universiteit voltooi en moet ten minste twee jaar by hierdie Universiteit geregistreer wees voordat ‘n LLB van die Universiteit van Pretoria aan hulle toegeken kan word.

Eksaminering

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Die eksamens vir eerstesemestermodules vind in Mei en Junie plaas, terwyl eksamens vir tweedesemestermodules in Oktober en November afgelê word. Dit is elke student se verantwoordelikheid om op die amptelike eksamenrooster vas te stel wanneer sy of haar modules geskryf word.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: BCom (Regte)

Samestelling van die LLB-graad

SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Die doel van hierdie program is om omvattende vormende opleiding te verskaf wat kan lei tot verskeie beroepsgeleenthede, veral in die korporatiewe wêreld. Hierdie program is ‘n kombinasie van BCom- en LLB-vakke. Die doel van hierdie program is om studente as regspraktisyns met ‘n breë akademiese agtergrond op te lei, om sodoende ‘n alternatiewe roete na die uiteindelike verwerwing van ‘n LLB-graad te bied. Raadpleeg asseblief www.up.ac.za/jaarboeke vir die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat meer inligting oor die BCom (Regte)-program bevat. Die toelatingsvereistes vir BCom (Regte) is op dieselfde webblad beskikbaar. Vir meer inligting omtrent die BCom (Regte)-program, kontak: Me Hermie Coetzee Tel +27 (0)12 420 4375 E-pos hermie.coetzee@up.ac.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Die leergang vir die LLB-graad word uit die onderstaande lys modules saamgestel:

Eerste jaar Eerste semester

Tweede semester

Fundamentele modules Akademiese Inligtingsbestuur (AIM 101) Regsleer 110 (JUR 110)

Regsleer 120 (JUR 120)

Kernmodules Personereg 110 (PSR 110)

Familiereg 121 (FMR 121) Romeinse Reg 120 (ROM 120)


5

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Samestelling van die LLB-graad Plus ‘n Minimum van 24 krediete uit die volgende taalmodules: (BA (Regte)- en BCom (Regte)-gegradueerdes benodig ‘n minimum van 12 krediete uit die volgende taalmodules): Afrikaans vir Sprekers van Ander Tale (1) (AFR 114) English for Specific Purposes (ENG 118) Inleiding tot Teksstudie (AFR 120) Introduction to Literature in English 1 (ENG 110) Introduction to Literature in English 2 (ENG 120) Taal- en Teksvaardigheid (AFR 110) Keusemodules: Twee semestermodules uit die volgende lys – BA (Regte)- en BCom (Regte)-gegradueerdes is vrygestel van hierdie vereiste: Enige taalmodule aangebied deur die Fakulteit Geesteswetenskappe, buiten die modules hierbo gelys Filosofie 110, 120 (FIL 110, 120) Finansiële Rekeningkunde 111, 122 (FRK 111, 122) (Voorvereiste: 5 of beter in die NSS vir Wiskunde) Geskiedenis 110, 120 (GES 110, 120) Kriminologie 110, 120 (KRM 110, 120) Politiek 111, 120 (PTO 111, 120) Sosiologie 110, 120 (SOC 110, 120) Die volgende moet in gedagte gehou word: Studente moet hulself vergewis van die voorvereistes van modules uit ander fakulteite. Die modules mag nie roosterbotsings veroorsaak nie. Sommige modules het beperkings op die aantal studente wat mag registreer.

Familiereg 121 (FMR 121) (15 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

(a) Inleiding tot die familiereg (b) Algemene beginsels betreffende die totstandkoming van die huwelik (c) Nietige, vernietigbare en putatiewe huwelike (d) Die onveranderbare gevolge van die huwelik (e) Basiese beginsels betreffende die regsverhouding tussen ouer en kind (f) Die veranderbare gevolge van die huwelik (g) Die beginsels betreffende die ontbinding van die huwelik (h) Die gevolge van ontbinding van die huwelik (i) Gebruiklike huwelike (j) Gesinsvennootskappe en godsdienstige huwelike

Personereg 110 (PSR 110) (10 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte

Die regsreëls in verband met die ontstaan, privaatregtelike status en tot-niet-gaan van ‘n natuurlike persoon of regsubjek.

Regsleer 110 (JUR 110) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte Die module bevat beide teoretiese en vaardigheidskomponente. Alle elemente hieronder behels konseptuele kennis gekombineer met praktiese toepassing. Grondliggende regsfilosofiese aspekte van reg/die reg in die algemeen: (a) ‘n Eerstejaardefinisie van reg/die reg (b) Die verband tussen reg en die samelewing, reg en geskiedenis, reg en politiek, reg en taal (c) Wat dit behels om ‘n regstudent of regsgeleerde in Suid-Afrika te wees (d) Inleiding tot verskillende perspektiewe op die reg

Die Suid-Afrikaanse regstelsel en die historiese ontwikkeling daarvan; Bronne van die Suid-Afrikaanse reg en die historiese ontwikkeling daarvan: (a) Inleiding tot die eienskappe en komponente van die SuidAfrikaanse regstelsel (b) Gemengde regstelsels (c) Die Suid-Afrikaanse Grondwet en die historiese ontwikkeling daarvan (d) Inheemse reg en die historiese ontwikkeling daarvan (e) Die gemenereg en die historiese ontwikkeling daarvan (f) Regspraak, wetgewing en ander bronne van moderne SuidAfrikaanse reg (g) Toepassing van die bronne van die reg op ‘n feitestel en gebruik van die bronne van die reg om ‘n jurisprudensiële vraag te beantwoord Bogenoemde inhoud vorm die basis vir die vaardighedekomponent, wat akademiese geletterdheidsvaardighede insluit, en soos volg is: (a) Navorsing in die biblioteek (b) Die vind, lees en toepassing van die bronne van die reg (c) Die lees, verstaan en opsomming van tekste met regsonderwerpe (d) Die ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van skryfwerk oor die reg in ‘n teoretiese sin (e) Die skryf van ‘n goed gestruktureerde opstel of paragraaf oor regsprobleme en regs- of regshistoriese onderwerpe

Regsleer 120 (JUR 120) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte Basiese beginsels van die volgende: (a) Verbintenisreg (kontrakte en delikte) (b) Strafreg (c) Siviele prosesreg (d) Strafprosesreg (e) Bewysreg Toegang tot geregtigheid: (a) Howe en alternatiewe dispuutbeslegting (b) Regsprofessie (c) Toegang tot geregtigheid en die bevordering daarvan in SuidAfrika (die beginsel, probleme, verteenwoordiging in strafsake, rol van verskillende organisasies, ens) Bogenoemde inhoud vorm die grondslag van die vaardighedekomponent (insluitende akademiese geletterdheidsvaardighede) en bestaan uit die volgende: (a) Die opstel van ‘n eenvoudige kontrak wat op ‘n feitestel gebaseer is (kontraktereg) (b) Die lees, verstaan en opsomming van ‘n hofsaak wat op die deliktereg gebaseer is en toepassing van die beginsels van argument en logika op die hofsaak (c) Die opsomming, ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van ‘n regsteks oor die bewysreg (d) Die verstaan en toepassing van die beginsels van hoofondervraging, kruisondervraging en herondervraging op ‘n feitestel met die oog op deelname aan ‘n skynhof of debat

Romeinse Reg 120 (ROM 120) (10 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte

Inleiding tot die Romeinse sakereg: (a) Sake, saaklike regte, besit (b) Eiendomsreg, beperkings, verkryging, beskerming (c) Beperkte saaklike regte, serwitute, saaklike sekerheidsregte


Universiteit van Pretoria

6

Samestelling van die LLB-graad Inleiding tot die Romeinse kontraktereg: (a) Algemene beginsels van die kontraktereg (b) Besondere kontrakte (c) Kwasi-kontrakte Inleiding tot die Romeinse deliktereg: (a) Algemene beginsels van die deliktereg (b) Besondere delikte (c) Kwasi-delikte

Tweede jaar Eerste semester

Tweede semester

Kernmodules Kontraktereg 211 (KTR 211) Publiekreg 200 (PBL 200) Regspluralisme 210 (RPR 210) Regspraktyk 210 (RPK 210) Regsuitleg 210 (RVW 210)

Besondere Kontrakte 220 (KTH 220) Erfreg 222 (ERF 222) Publiekreg 200 (PBL 200) Regspraktyk 220 (RPK 220) Verbruikersbeskerming 220 (VBB 220)

Besondere Kontrakte 220 (KTH 220) (15 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Koopreg (b) Huurreg (c) Verteenwoordigingsreg (d) Borgkontrak (e) Werkaannemingsreg

Erfreg 222 (ERF 222) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Intestate erfreg (b) Testate erfreg (c) Boedelbereddering: Funksie van die Meester Aanstelling en funksie van die eksekuteur Die eksekuteursrekening Aspekte van boedelbelasting

Kontraktereg 211 (KTR 211) (15 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die verbintenisreg (b) Totstandkoming van die kontrak (c) Inhoud van die kontrak (d) Interpretasie van kontrakte (e) Kontrakbreuk (f) Remedies vir kontrakte (g) Beëindiging van kontraktuele verhoudings (h) Opstel van kontrakte

Publiekreg 200 (PBL 200) (20 krediete)

Vir LLB, BAdmin en BA met spesialisering in regte (a) (b) (c) (d)

Inleiding tot staatsregteorieë Basiese beginsels: die reg, die staat en die individu Historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse staatsreg Verskillende elemente van ‘n staat

(e) Bronne van die Suid-Afrikaanse staatsreg (f) Die grondliggende bepalings, die regsorde en die simbole van die Suid-Afrikaanse staat (g) Samewerkende regering (h) Die nasionale wetgewende gesag (i) Die president en die nasionale uitvoerende gesag (j) Provinsiale regering (k) Die regsprekende gesag (l) Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte: geskiedenis van menseregte in Suid-Afrika, regsfilosofiese en politieke perspektiewe op menseregte, toepassing, beregbaarheid en uitleg van menseregte, jurisdiksie, prosedures en remedies, beperking van menseregte, ontleding van geselekteerde menseregte (m) Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie (n) Die openbare administrasie (o) Die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste (p) Algemene bepalings

Regspluralisme 210 (RPR 210) (10 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

(a) Die inheemse stamme, hulle kultuur en die begrip “regspluralisme” (b) Persone- en familiereg van inheemse volkere (c) Deliktereg van die inheemse reg (d) Erfreg van die inheemse reg (e) Kontraktereg van die inheemse reg (f) Regskonflikte en hofstrukture (g) Godsdienstige regstelsels in Suid-Afrika

Regspraktyk 210 (RPK 210) (10 krediete) Vir LLB

(a) ‘n Oorsigtelike studie van die ontstaan en ontwikkeling van die onderskeie regsberoepe (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op die regsberoep (c) Professionele gedrag en etiek (d) Professionele gelde en kostes (e) Professionele aanspreeklikheid van regspraktisyns (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)

Regspraktyk 220 (RPK 220) (10 krediete) Vir LLB

(a) Praktykbestuur (b) Neem van instruksies (c) Boekhouding vir regspraktyke (d) Aspekte van hoftegnieke (e) Praktiese toepassing (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)

Regsuitleg 210 (RVW 210) (10 krediete) Vir LLB, BAdmin, BA met spesialisering in regte

Wettereg: (a) Algemene inleiding: verhouding tussen teks en konteks (b) Wat is wetgewing: kategorieë en tipes wetgewing (c) Struktuur en formaat van wetgewing (enacted law texts) (d) Inwerkingtreding, wysiging en tot niet gaan van wetgewing


7

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Heading...

Ek is tans ‘n derdejaar-LLB-student in die Fakulteit Regsgeleerdheid. Met my verwelkoming by TuksRegte het die reis na ‘n lewensveranderende ondervinding begin. Die dosente in ons eerste jaar het ons denkwyse uitgedaag; ons moes leer om kritiese denkers te wees en nie blote volgelinge van die norm nie. In my tweede studiejaar het ek ‘n geleentheid gekry om by uitstekende dosente en leiers in die akademiese gemeenskap te leer. Die Fakulteit is baie ondersteunend teenoor sy studente in alle fasette van die studentelewe. Die Fakulteit se studenteadviseur help studente met die aanpassing by die studentelewe, leermetodes en tydbestuur, en Regshuis sien na studente se sosiale lewe om deur byeenkomste soos die jaarlikse Regsfakulteitfees aan te bied. Ek het interessante individue ontmoet en goeie vriende gemaak. TuksRegte poog nie net om studente op te voed nie maar om goed voorbereide, krities denkende en hardwerkende individue op te lewer. Plutargos het eenmaal gesê ’die verstand is nie ‘n bak om vol te maak nie maar ‘n vuur om aan te steek’. Na my mening slaag TuksRegte daarin om die vuur aan te steek. Megan Labuschagne In 2014 was Megan die tweedejaar-LLB-student met die hoogste geweegde gemiddelde en die beste student in Erfreg. Sy was in 2013 en 2014 lid van die Dekaan se Merietelys en GKIHS. Sy het ook die SSLAW-kursus in Regslatyn met lof geslaag. – Red.

Die dag toe ek by die Universiteit van Pretoria instap, was ek nie 100% seker of ek die regte besluit geneem het om regstudies aan te pak nie. Na net ‘n paar weke was ek egter geensins spyt nie. Ek is nou net verby die halfpadmerk van my studie, en ek kyk terug en besef hoeveel dit vir my beteken. Ek het baie individue ontmoet wat my elke dag inspireer. Regstudie het my in staat gestel om krities te dink en meer ontledend te wees. Ek het soveel oor myself geleer en het selfs ‘n liefde vir navorsing ontwikkel. Die Fakulteit Regsgeleerdheid is ‘n uitstaande akademiese omgewing wat my ‘n geleentheid gebied het om die nodige vaardighede te verwerf wat ek eendag in die praktyk sal gebruik en wat my sal help selfs al volg ek nie ‘n regsloopbaan nie. Ek kon my volle potensiaal verwesenlik met behulp van wêreldklas dosente, tutors en ondersteunende vriende wat ook vertroud is met die uitdagings wat regstudente ondervind. Om by UP in die regte te studeer was beslis die beste keuse wat ek nog ooit gemaak het, en ek sien daarna uit om my graad in 2016 te voltooi en iewers in die toekoms ‘n LLM in privaatreg aan te pak. Sonja de Beer Tot dusver in haar studie het Sonja die hoogste gemiddelde in die voorgeskrewe tweedejaarmodule Regspluralisme behaal. Sy blink uit op akademiese gebied en is lid van die Dekaan se Merietelys en GKIHS. – Red.

Om ‘n Tukkie-student te wees, is so ‘n voorreg en ‘n eer. By UP kan elke student sy of haar potensiaal ontdek. Uitstekende lesings word deur toegewyde dosente aangebied, en dit maak studeer in die Fakulteit Regsgeleerdheid ‘n opwindende ondervinding. Met harde werk kan elke student se drome bewaarheid word. Die Universiteit rus studente toe met alles wat nodig is om te groei en te leer – nie net op jou studiegebied nie maar ook in jouself. As student het ek ontdek dat daar eindelose moontlikhede is, en die Universiteit het my oë laat oopgaan vir alles wat ek kan bereik. Die Universiteit is ‘n plek waar elke student kan ontwikkel tot ‘n goed toegeruste individu wat sy of haar rol in die samelewing suksesvol kan vervul. Ek hoop jy sal kans kry om die lewe as ‘n UP-student te ervaar. Ek weet my drome is besig om verwesenlik te word. Amanda Meyer Amanda dien as regter in die Konstitusionele Tribunaal van die Universiteit van Pretoria. Sy het reeds talle akademiese toekennings ontvang, insluitende as lid van die Dekaan se Merietelys en as een van die top-15% akademiese presteerders van die GKIHS. – Red.


Universiteit van Pretoria

8

Samestelling van die LLB-graad Beginsels van wetsuitleg: (a) Hoe word wetgewing uitgelê: teorieë en metodes van wetsuitleg en die invloed van die oppermagtige Grondwet op wetsuitleg (b) Interne en eksterne hulpmiddels om die oogmerk van wetgewing vas te stel (c) Sogenaamde gebiedende en aanwysende bepalings (d) Wetsuitleg en regterlike regsvorming (e) Basiese beginsels van grondwetuitleg

Deliktereg 320 (DLR 320) (15 krediete)

Verbruikersbeskerming 220 (VBB 220) (15 krediete) (a) Basiese beginsels van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (b) Aspekte in verband met die reg insake kredietooreenkomste (c) Basiese beginsels van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008

(a) (b) (c) (d) (e) (f) (g)

Derde jaar

Intellektuelegoederereg 320 (IGZ 320) (10 krediete)

Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

Eerste semester

Tweede semester

Kernmodules Belastingreg 310 (BLR 310) Bewysreg 300 (BWR 300) Insolvensiereg 310 (ISR 310) Publiekreg 310 (PBL 310) Regsleer 310 (JUR 310) Sakereg 310 (SAR 310)

Betalingsmetodes 320 (VHD 320) Bewysreg 300 (BWR 300) Deliktereg 320 (DLR 320) Intellektuelegoederereg 320 (IGZ 320) Navorsingsmetodologie 320 (RHP 320) Ondernemingsreg 320 (ODR 320) Publiekreg 320 (PBL 320)

Belastingreg 310 (BLR 310) (10 krediete) Vir LLB

(a) Grondbeginsels van inkomstebelasting (b) Berekening van inkomstebelasting betaalbaar (c) Kapitaalwinsbelasting

Betalingsmetodes 320 (VHD 320) (10 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

(a) Kenmerke van verhandelbaarheid, die wissel, tjeks en promesse, partye betrokke by wissels, tjeks en promesses (b) Geldigheidsvereistes, verhandeling, houerskap en akseptasie (c) Die bankier-kliënt-verhouding, kruisings en toevoegings tot kruisings, die regsposisie van die betrokkene en invorderingsbank (d) Elektroniese betalingsmetodes

Bewysreg 300 (BWR 300) (10 krediete) Vir LLB

(a) Basiese beginsels van die bewysreg en toelaatbaarheidsvereistes met betrekking tot spesifieke kategorieë van getuienis (b) Bewysregtelike aspekte van getuienislewering en grondwetlike implikasies vir bewysreg

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die deliktereg (b) Capita selecta uit die beginsels van toepassing op besondere delikte

Insolvensiereg 310 (ISR 310) (10 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

Algemene inleiding en geskiedkundige agtergrond Die proses van sekwestrasie Gevolge van sekwestrasie Vernietigbare en nietige regshandelinge ‘n Oorsig van die bereddering van insolvente boedels Akkoord, rehabilitasie en misdrywe Likwidasie van insolvente maatskappye en beslote korporasies

Vir LLB

(a) Algemene beginsels van die intellektuelegoederereg (b) Outeursreg (c) Uitvindings- en modellereg (d) Handelsmerkreg (e) Planttelersreg (f) Mededingingsreg

Navorsingsmetodologie 320 (RHP 320) (10 krediete) Vir LLB

Die module het twee hoofkomponente: generiese navorsingsvaardighede en metodes en perspektiewe aangaande regsnavorsing. Generiese vaardighede: (a) Hoe om ‘n navorsingsprojek te beplan (b) Hoe om ‘n navorsingsvoorstel te skryf (c) Hoe om konsephoofstukke te skryf (d) Taal (e) Verwysings, etiek van verwysing, aanbieding Metodes en perspektiewe aangaande regsnavorsing: (a) Die aard en doel van regsvergelyking, die voordele, nadele en gevare van regsvergelykende navorsing, dogmatiese en funksionalistiese benaderings tot regsvergelyking, tipe regsvergelykende studies en die regsvergelykende metode (b) Regshistoriese navorsing (c) Regspluralisme (d) Sosio-regsbenaderings (e) Breë teoretiese perspektiewe

Ondernemingsreg 320 (ODR 320) (12 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) Maatskappyereg (b) Reg insake beslote korporasies (c) Vennootskapsreg

Publiekreg 310 (PBL 310) (10 krediete) Vir LLB en BAdmin

‘n Oorsig van geregtelike hersiening van administratiewe optrede in die lig van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, met besondere klem op die omvang van die toepassingsgebied van geregtelike hersiening en die gronde vir geregtelike hersiening.


9

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Samestelling van die LLB-graad/Kernmodules Publiekreg 320 (PBL 320) (10 krediete) Vir LLB

(a) Die historiese ontwikkeling en teorie van internasionale reg (b) Bronne van die internasionale reg (c) Gebied (d) Internasionale regspersoonlikheid (e) Jurisdiksie, immuniteit van jurisdiksie en uitlewering (f) Onafhanklike vakgebiede van internasionale reg en die verantwoordelikheid van state (g) Beslegting van internasionale geskille (h) Internasionale reg in Suid-Afrikaanse munisipale reg

Regsleer 310 (JUR 310) (10 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

‘n Oorsig van die belangrikste regsfilosofiese benaderings, waaronder natuurreg, die positivisme, realisme, kritiese regsteorie, en moderne en postmoderne benaderings. Die teoretiese en praktiese waarde van hierdie benaderings word in ‘n postapartheidkonteks ondersoek.

Sakereg 310 (SAR 310) (15 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) (b) (c) (d)

Algemene beginsels van die sakereg Grondwetlike aspekte Beheer (besit en houerskap) Eiendomsreg (insluitende mede-eiendom en deeltiteleiendom) (e) Beperkte saaklike regte (insluitende serwitute, beperkende voorwaardes, publieke serwitute, mineraalregte en saaklike sekerheidsregte)

Vierde jaar Eerste semester

Tweede semester

Kernmodules Arbeidsreg 410 (ABR 410) Publiekreg 410 (PBL 410) Siviele Prosesreg 400 (SIP 400) Skripsie en Seminaar 410 (SKY 410) Strafprosesreg 400 (SPR 400)

Privaatreg 420 (PVR 420) Publiekreg 420 (PBL 420) Siviele Prosesreg 400 (SIP 400) Strafprosesreg 400 (SPR 400)

Plus vier keusemodules.

Kernmodules Arbeidsreg 410 (ABR 410) (10 krediete) Vir LLB

(a) Individuele arbeidsreg (b) Kollektiewe arbeidsreg (c) Hantering van arbeidsgeskille

Publiekreg 410 (PBL 410) (10 krediete) Vir LLB

Inleiding tot die strafreg: (a) Strafreg en die regstelsel (b) Strafreg en die deliktereg

(c) (d) (e) (f) (g)

Begrippe “strafreg” en “misdaad” Geskiedenis en bronne van die strafreg Determinisme en die indeterminisme Doel en funksie van die strafreg en misdade Indeling van die strafreg en misdade

Algemene beginsels van die strafreg: die misdaadvereistes: (a) Legaliteit (b) Handeling (c) Wederregtelikheid (d) Toerekeningsvatbaarheid (e) Skuld (f) Meervoudige verwere

Publiekreg 420 (PBL 420) (10 krediete) Vir LLB

Spesifieke misdade: (a) Poging, uitlokking en sameswering (b) Deelneming en begunstiging (c) Misdade teen die lewe (d) Misdade teen die liggaamlike integriteit en ouerlike gesagsregte (e) Misdade teen die goeie naam en waardigheid (f) Misdade teen die vermoë en wilsvryheid (g) Misdade teen die geslagslewe en huwelikslewe (h) Misdade teen die openbare sedes en godsdienstige gevoelens (i) Misdade teen die regspleging en amp (j) Misdade teen die staat Straftoemeting: (a) Strafteorieë (b) Strafvorme

Privaatreg 420 (PVR 420) (10 krediete) Vir LLB

Capita selecta uit enige van die volgende: (a) Verryking (b) Estoppel (c) Persoonlikheidsregte

Siviele prosesreg 400 (SIP 400) (15 krediete) Vir LLB (a) (b) (c) (d)

Aspekte van litigasietegnieke Algemene beginsels van die siviele prosesreg Praktiese toepassing Opstel van pleitstukke

Skripsie en Seminaar 410 (SKY 410) (15 krediete) Vir LLB

(a) Die skripsie handel oor ‘n onderwerp in die reg. (b) Die studieleier verwittig finalejaarstudente vooraf van die datum waarop die onderwerp van die skripsie vir goedkeuring aan hom of haar voorgelê moet word. (c) Die departementshoof waaronder die onderwerp ressorteer, of ‘n dosent wat deur hom of haar aangewys word, tree as studieleier en as eksaminator op, met dien verstande dat die departementshoof ‘n eksterne eksaminator mag benoem indien hy of sy dit wenslik sou ag. (d) Twee getikte, gedupliseerde of gedrukte eksemplare van die skripsie van minstens 8 000 en hoogstens 14 000 woorde (met ‘n aanduiding van die hoeveelheid woorde op die laaste bladsy van die skripsie) moet ingedien word. Die indieningsdatum is die einde van die eerste semester.


Universiteit van Pretoria

10

Kernmodules/Keusemodules Elke dosent neem jaarliks ‘n maksimum van 15 studente. Hierdie studente se onderwerpe moet verkieslik tematies verband hou. Alle ingeskrewe studente woon aan die begin van die jaar as groep een verpligte lesing by oor die benadering tot en skryf van ‘n skripsie. Elke dosent reël dan een seminaar van twee uur lank met sy of haar groep studente, waartydens studente die onderwerpe en basiese struktuur van hul skripsies voorlê. Ná voltooiing van die skripsies, word een eksemplaar by die biblioteek ingedien en een by die betrokke studieleier. Die dosent reël dan ‘n reeks verdere seminare, waartydens elke student sy of haar gevolgtrekkings voorhou en blootlê aan die groep se kritiese evaluasie. By hierdie geleenthede betrek die dosent ‘n fakulteitslid of ander deskundige. Die evaluering geskied soos volg: (a) Skriftelike dokument: 70% (b) Deelname aan seminaar: 20% (c) Konsepskripsie: 10%

Strafprosesreg 400 (SPR 400) (15 krediete) Vir LLB

(a) Die algemene beginsels van die strafprosesreg in die laer howe, die Hoë Hof en die Hoë Hof van Appèl van Suid-Afrika (b) Opstel van pleitstukke (c) Praktiese toepassing

Keusemodules Plus vier van die volgende keusemodules (10 krediete elk, behalwe waar anders aangedui):

Reg en Transformasie 410 (AMR 410)

Inleidende debat oor die universaliteit en kulturele spesifiekheid van menseregte, geskiedkundige oorsig van menseregte in Afrika, die Afrika-unie en menseregte, ‘n oorsig en ontleding van die Afrikahandves van Mense- en Gemeenskapsregte, en ‘n regsvergelykende analise van die stand van menseregte in Afrikalande.

Aktes en Notariële Praktyk 410 (ANO 410)

Voorvereiste: Sakereg 310 (SAR 310) (a) ‘n Oorsigtelike studie oor die ontstaan en ontwikkeling van die professies van transportbesorger en notaris (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op transportbesorgers en notarisse (c) Professionele verantwoordelikheid en etiek (d) Aspekte rondom die oordrag van onroerende eiendom, registrasie van verbande, serwitute en saaklike regte (e) Praktiese opstel van aktes en notariële dokumente

Alternatiewe Geskilbeslegting 420 (AGF 420)

Teorie rakende onderhandelings, mediasie en arbitrasie, asook die teoretiese en praktiese toepassing daarvan op verskeie regsgebiede soos strafreg, huweliksreg, internasionale reg, arbeidsreg en deeltitelreg.

Belastingpraktyk 420 (BLP 420) (a) Hereregte (b) Belasting op toegevoegde waarde (c) Diverse belastingaangeleenthede

Effektereg 410 (LOC 410)

(a) Regsbeginsels ten opsigte van die regulering van die primêre effektemarkte (b) Regsbeginsels ten opsigte van sekondêre effektemarkte

Geneeskundige Reg 410 (GRG 410)

(a) Algemene grondslae van die geregtelike geneeskunde (b) Juridiese grondslae van die geneesheer/hospitaal-pasiëntverhouding (c) Regverdigingsgronde vir geneeskundige ingrepe (d) Mediese nalatigheid en middellike aanspreeklikheid (e) Die pasiënt se privaatheid en mediese geheimhouding (f) Kunsmatige menslike voortplanting (g) Aanspreeklikheid vir ongewensde swangerskap/geboorte/ lewe (h) Transseksualisme en geslagsveranderingsoperasies (i) Die moment van dood en genadedood (j) Aspekte van die mediese tugverhoor

Grond- en Grondhervormingsreg 420 (GHR 420)

(a) Inleiding tot die grond- en grondhervormingsreg (b) Capita selecta uit beleidsdokumente, asook grondwetlike en ander statutêre maatreëls ten aansien van grondbenutting en -hervormingsreg (c) Relevante aspekte van die reg insake aktevervaardiging

Inligting- en Kommunikasietegnologiereg 420 (KUB 420)

(a) Inleiding tot die studie van inligting- en kommunikasietegnologiereg: Die plek van inligting- en kommunikasietegnologiereg in die regstelsel Die aard en omvang van inligting- en kommunikasietegnologiereg Bronne van inligting- en kommunikasietegnologiereg Ontstaan en invloed van die Internet (b) Regulering van die Internet: Nasionaal/internasionaal Jurisdiksie (c) Aspekte van die intellektuelegoederereg en die Internet (d) Elektroniese kommersiële aktiwiteite en die Internet: Aspekte van jurisdiksie en kontraksluiting Databeskerming en enkripsie Aanspreeklikheid van Internetdiensverskaffers (e) Advertering op die Internet (f) Strafregtelike aspekte van inligting- en kommunikasietegnologiereg (g) Grondwetlike aspekte in van inligting- en kommunikasietegnologiereg: Die reg op privaatheid, vryheid van spraak en inligting

Internasionale Humanitêre Reg 420 (PUR 420)

(a) Wat is internasionale humanitêre reg (oorlogsreg)? Die onderskeid tussen ius ad bellum en ius in bello (b) Historiese ontwikkeling en die bronne van inter-nasionale humanitêre reg (c) Verskillende tipes gewapende konflik: die onderskeid tussen internasionale en nie-internasionale gewapende konflik (d) Die onderskeid tussen oorlogvoerendes en burgerlikes (e) Die krygsgevangenestatus van oorlogvoerendes: soldate, spioene, huursoldate en guerrillas (f) Optredes tydens gewapende konflik: juridiese beperkings op die manier waarop oorlog gevoer mag word (insluitende die gebruik van sekere wapentuig en die teikens wat aangeval mag word) (g) Die onderskeid tussen volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade (h) Wenners of verloorders: oorlog, internasionale politiek en die toepassing van internasionale humanitêre reg (i) Die beskerming van vroue en kinders tydens gewapende konflik


11

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Keusemodules (j) Toerekenbaarheid en strafloosheid: vervolging van oorlogsmisdadigers deur nasionale howe, ad hoc-tribunale (die Internasionale Straftribunaal vir die voormalige Joegoslawië (ICTY) en die Internasionale Straftribunaal vir Ruanda (ICTR)) en die Internasionale Strafhof (ICC) (k) Die nakoming van onwettige bevele en die aanspreeklikheid van bevelvoerders (l) Die rol van die Internasionale Komitee van die Rooikruis (ICRC)

Internasionale Keusemodule 411, 412, 413 en 414 (IET 411, 412, 413 en 414) Verwys na die Jaarboek vir verdere besonderhede.

Internasionale Privaatreg 410 (IPR 410) (a) (b) (c) (d)

Teoretiese en historiese agtergrond Konseptuele probleme Vasstelling van vreemde reg Konfliktereëls vir die vasstelling van ‘n toepaslike norm van die volgende: Familiereg Kontraktereg Deliktereg Sakereg Erfreg (e) Erkenning en afdwinging van vreemde vonnisse

Kinderreg 410 (KID 410)

(a) Die status van kinders in die Suid-Afrikaanse reg (b) Die grondwetlike beskerming van kinders (c) Algemene beginsels van die Children’s Act 38 of 2005 (d) Ouerlike verantwoordelikhede en regte (e) Kinderhowe (f) Aanneming en alternatiewe sorg (g) Internasionale dokumente met betrekking tot kinderregte (h) Internasionale aanneming en ontvoering (i) Kinders en die strafregstelsel

Mediareg 420 (MDR 420)

Capita selecta uit die media- en kommunikasiereg binne die raamwerk van die Grondwet, insluitende: (a) Die filosofiese grondslae en geskiedenis van vryheid van spraak, en die rol van die media in ‘n demokrasie (b) Artikel 16 van die Grondwet, en verskeie beperkings op vryheid van uitdrukking (c) Regsvergelykende oorsig van vryheid van spraak in die VSA, Kanada en Duitsland (d) Laster, insluitende aanlyn laster (“on-line defamation”) (e) Privaatheid (f) Joernalistieke privilegie in die Suid-Afrikaanse reg (g) Regulering van die advertensiewese (h) Die Films- en Publikasiewet (i) Kinderpornografie

Munisipale Reg 410 (MRG 410)

(a) Inleiding: algemene beginsels van plaaslike regering (b) Die transformasie van plaaslike regering (c) Die status en doelstellings van, en uitdagings vir plaaslike regering (d) Regsaard en verpligtinge van munisipaliteite (e) Samewerkende regering (f) Nuwe institusionele modelle vir plaaslike regering (g) Afbakening van jurisdiksies van plaaslike regerings (h) Samestelling en verkiesing van plaaslike regeringstrukture (i) Die rol van tradisionele leiers binne plaaslike regering (j) Magte en bevoegdhede (k) Politieke strukture (l) Munisipale dienste en ander funksionele aktiwiteite

(m) Menslike hulpbronne en arbeidsregtelike kwessies (n) Munisipale finansies en fiskale bestuur (o) Ontwikkeling, beplanning en unieke plaaslike regeringsaangeleenthede

Omgewingsreg 410 (OMR 410)

(a) Die aard en omvang van omgewingsreg (b) Die Grondwet en die omgewing (c) Raamwerkwetgewing oor die omgewing (d) Beplanningsreg (e) Omgewingsimpakstudies (f) Waterreg (g) Besoedelingsbeheer en afvalbestuur (h) Mynwese en energiebronne (i) Biodiversiteit en die beskerming van woude, plante en wilde diere (j) Erfenishulpbronne (k) Lewende mariene hulpbronne

Onderwysreg 420 (ONR 420)

(a) Inleiding tot die aard en rol van onderwysreg (b) Die fundamentele reg op onderwys en ander grondwetlike beginsels relevant in die onderwys (c) Sekere besondere regte van studente, leerders, ouers en opvoeders (d) Basiese regsbeginsels van onderwysbestuur in openbare skole (e) Basiese regsbeginsels by tersiêre onderwys (f) Ander tersaaklike dele van die onderwysreg

Praktiese Regskunde 400 (PRR 400) (20 krediete, twee keusemodules)

(a) Praktiese regswerk volgens ‘n diensrooster in die Universiteit se Regskliniek gedurende die akademiese jaar, wat konsultasies met kliënte, die opstel van pleitstukke en die bywoning van verhore insluit. (b) Besprekingsklasse oor sake wat in die Regskliniek hanteer word (c) Taakopdragte

Reg Insake Banke en Finansiële Instellings 410 (LBF 410) (a) Reg insake geselekteerde finansiële instellings (b) Bankreg (c) Versekeringsreg

Reg en die Gemeenskap 420 (CLW 420)

Die module behels beide ‘n teoretiese en ‘n gemeenskapsbetrokkenheidkomponent. Teoreties: (a) Reg en die gemeenskap (b) “Street law” (c) Populêre geregtigheid (d) Toegang tot geregtigheid Gemeenskapsbetrokkenheid: (a) Deelname aan plaaslike gemeenskapsprojekte (b) Aanbieding van lesings met regstemas by skole, fabrieke, tronke en ander plaaslike gemeenskappe (c) Opstel van inligtingbrosjures en uitvoer van navorsing oor regstemas vir plaaslike gemeenskapsliggame

Regsleer 420 (JUR 420)

Die module fokus op verskeie regsbenaderings, waaronder filosofiese perspektiewe, kritiese teorie en ander inter- en transdissiplinêre perspektiewe op die reg en hul reaksie op en verhouding tot hedendaagse kwessies.


Universiteit van Pretoria

12

Keusemodules/Beroepsmoontlikhede Regsproblematiek van MIV en Vigs 410 (RHV 410)

‘n Inleiding tot die mediese en sosiale aspekte van die siekte en aspekte van die regsposisie van mense met MIV/Vigs, seminaaropdragte (mini-skripsies) oor probleme van ‘n morele en regsaard, soos die kriminalisering van MIV-blootstelling as ‘n afsonderlike misdryf, implikasies van die reg op mediese sorg, aanmelding van MIV/Vigs en die perke van privaatheid, asook aspekte wat voortspruit uit mediese eksperimentering en die ontwikkeling van ‘n inentingsmiddel.

Skadevergoedingsreg 410 (SGR 410)

(a) Algemene beginsels en leerstukke van die skadevergoedingsreg (b) Besondere beginsels by deliktuele skadevergoeding (c) Besondere beginsels by kontraktuele skadevergoeding (d) Prosesregtelike beginsels in die skadevergoedingsreg

Skynhof 420 (SKH 420)

Studente wat die Fakulteit amptelik verteenwoordig by die jaarlikse Afrika Menseregte-skynhofkompetisie, die Phillip C Jessup-skynhofkompetisie oor Internasionale Reg, of ‘n ander skynhofkompetisie wat deur die Dekaan gemagtig is, kry krediet vir Skynhof 420 tydens die jaar van amptelike deelname.

Sosiale Sekerheidsreg 420 (SOR 420) (a) (b) (c) (d) (e)

Die omvang en funksies van sosiale sekerheid Ouderdomstoelae en versekering Beserings aan diens en werkloosheidsversekering Siekte, ongeskiktheid en gesondheidsorg Kinder- en gesinsonderhoud

Sportreg 420 (SRR 420) (a) (b) (c) (d)

Deliktuele aanspreeklikheid Kontraktuele aanspreeklikheid Strafregtelike aanspreeklikheid Diverse aspekte voortspruitend uit sport

Statutêre Misdade 410 (SMI 410) Misdrywe: Capita selecta uit: (a) Rekenaarmisdrywe (b) Drank- en dwelmmisdrywe (c) Ekonomiese misdrywe (d) Geslagsmisdrywe (e) Misdrywe binne gesinsverband en teen kinders (f) Misdrywe teen diere (g) Misdrywe in verband met gevaarlike wapens, vuurwapens en plofstowwe (h) Polisie- en gevangenismisdrywe (i) Misdrywe teen die openbare veiligheid en orde (j) Misdrywe teen die staatsveiligheid (k) Misdrywe teen die omgewing (l) Verkeersoortredings (m) Minimum vonnisse Forensiese kriminalistiek: (a) Komponente en doelstellings van misdaadondersoek (b) Identifikasie, vergelyking en individualisering (c) Inligtinginsameling deur kommunikasie (d) Serologiese ondersoeke (e) Odontologiese ondersoeke (f) Daktiloskopiese ondersoeke (g) Trigologiese ondersoeke

Transnasionale Besigheidsreg 420 (TBR 420)

(a) Internasionale koopkontrakte (b) Internasionale vervoerkontrakte (c) Versekeringskontrakte ten opsigte van internasionale kontrakte

Trusts en Boedels 410 (TBS 410)

(a) Aspekte van die trustreg (b) Aspekte van bereddering van bestorwe boedels

Beroepsmoontlikhede Die verwerwing van ‘n regsgraad beperk gegradueerdes nie net tot die professies van prokureur of advokaat nie. ‘n Wye verskeidenheid beroepsmoontlikhede bestaan vir ‘n persoon wat hom- of haarself in die regte bekwaam. Voorbeelde hiervan is onder andere:

Prokureurs in privaat praktyk ‘n Prokureur is ‘n algemene regspraktisyn. Om as ‘n prokureur te kwalifiseer, moet ‘n kandidaat ná die suksesvolle afhandeling van sy of haar regstudies ‘n tweejaar-leerklerkskap as kandidaatprokureur by ‘n privaat regsfirma, ‘n geakkrediteerde regskliniek, of die Regshulpraad voltooi. Die kandidaat moet die Prokureurstoelatingseksamen suksesvol aflê alvorens hy of sy deur die Hoë Hof van Suid-Afrika as prokureur toegelaat word. Andersins kan ‘n kandidaatprokureur sy of haar leerklerkskap tot een jaar verkort deur voltyds of nauurs, ‘n geakkrediteerde regskool deur die Law Society of South Africa, vir ‘n tydperk van ses maande by te woon. ‘n Pas toegelate prokureur mag ‘n pos as ‘n professionele assistent by ‘n prokureursfirma aanvaar. Bevorderingsmoontlikhede sluit onder andere in om as ‘n junior vennoot of vennoot wat ‘n salaris ontvang, in die firma aangestel te word, waarna moontlike verdere bevordering tot senior of winsdelende vennoot kan volg. Alternatiewelik kan ‘n toegelate prokureur besluit om sy of haar eie praktyk op die been te bring en vir sy of haar eie rekening te praktiseer. ‘n Prokureur kan besluit om op ‘n spesifieke gebied van die reg te spesialiseer en op spesifieke soorte sake te fokus, byvoorbeeld siviele of strafreglitigasie, kommersiële reg of eiendomstransaksies. Sommige prokureurs kwalifiseer ná die aflegging van verdere eksamens as aktevervaardigers wat toesig hou oor die oordrag en registrasie van vaste eiendom, of as notarisse wat notariële dokumente verly. ‘n LLB-gegradueerde kan ook as ‘n prokureur kwalifiseer deur ‘n leerklerkskap by die Staatsprokureur se kantoor, wat deel uitmaak van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, te voltooi.

Advokate in privaat praktyk Daar word tradisioneel na lede van die Balie verwys as “junior of senior advokate”. ‘n Senior advokaat is ‘n advokaat wat al minstens tien jaar lank as sodanig praktiseer, ‘n leier in die professie is, en wat deur die President van Suid-Afrika, op aanbeveling van die onderskeie Balierade, aangestel word as ‘n Senior Consultus (SC).


13

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Beroepsmoontlikhede/Algemene inligting Staatsaanklaers/staatsadvokate Staatsaanklaers is amptenare in diens van die Direktoraat van Openbare Vervolging. Hulle behartig die vervolging in strafsake in landdroshowe namens die staat. Die staatsaanklaer besluit of iemand vervolg moet word. Die staatsaanklaer moet die getuienis in strafregtelike verrigtinge voor die hof plaas ten einde die staat se saak te probeer bewys. Dit is ‘n vereiste dat alle voornemende staatsaanklaers ‘n LLB-graad moet voltooi. ‘n Staatsaanklaer kan ook bevorder word tot ‘n senior staatsaanklaer of tot ‘n staatsadvokaat. Verder skep die huidige struktuur van die Direktoraat van Openbare Vervolging in hierdie verband ook verskeie werksgeleenthede vir staatsaanklaers. Staatsadvokate verskyn namens die staat in die Hoë Hof in strafregtelike aangeleenthede. Hulle verrig soortgelyke funksies as staatsaanklaers. Staatsadvokate berei voor vir strafverhore en stel regsopinies op. ‘n Staatsadvokaat moet oor ‘n LLB-graad beskik, ‘n toegelate advokaat wees en ‘n opleidingskursus by die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling voltooi. Dit is moontlik vir ‘n staatsadvokaat om tot die posisie van senior staatsadvokaat bevorder te word. Dit is nie ‘n vereiste dat ‘n staatsadvokaat lid van die Balie moet wees nie.

Regsadviseurs Regsadviseurs is meestal gekwalifiseerde prokureurs of advokate of persone wat hul regstudies suksesvol voltooi het. Sulke persone werk in ‘n adviserende hoedanigheid by maatskappye, organisasies of instellings. ‘n Persoon wat as ‘n regsadviseur aangestel is, mag nie op die rol van praktiserende prokureurs of advokate verskyn nie.

Akademici Gegradueerdes in die regte kan ook besluit om loopbane in die akademie te volg. Regsdosente by universiteite en opleidingskolleges is leerkragte en navorsers van die reg. Hulle pligte sluit in die opstel en fasilitering van lesings, assessering van studente, navorsing en die skryf van navorsingspublikasies en die lewering van bydraes tot regshandboeke in hulle onderskeie spesialiseringsvelde. Verskeie regsakademici het ondervinding as praktiserende prokureurs of advokate. ‘n Dosent kan onder andere bevorder word tot senior dosent, medeprofessor of volprofessor, en kan aangestel word as hoof van ‘n departement of regskool of dekaan van ‘n regsfakulteit. Regspraktisyns wat praktiserende prokureurs in diens van ‘n regskliniek is, word ook aangestel as dosente in regsvakke, addisioneel tot die regshulp wat hulle aan die publiek verleen.

Voorsittende beamptes (landdroste of regters) Voorsittende beamptes sluit landdroste en regters in. Landdroste is voorsittende beamptes in die landdroshowe, terwyl regters voorsittende beamptes in die hoë howe is. Landdroste is ook gemoeid met sekere administratiewe pligte, byvoorbeeld om as huweliksbevestigers op te tree. ‘n Landdros kan bevorder word tot senior landdros, hooflanddros of streekhoflanddros.

Regters word gewoonlik in die verskeie plaaslike en provinsiale afdelings van die Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl of die Grondwetlike Hof aangestel. Aanvanklik is regters slegs uit advokaatgeledere aangestel, maar sedert 1994 kwalifiseer regslui en akademici toenemend om as regters aangestel te word. Regters word deur die Geregtelike Dienskommissie aangestel. Verwys ook na die Legal Practice Act 24 of 2014 en Implementation of Parts 1 and 2 of Chapter 10 op 1 Februarie 2015 vir die moontlike uitwerking wat die nuwe wetgewing mag hê op die professie en beroepsopleiding.

Algemene inligting Besoek www.up.ac.za > ‘Studeer by UP’ > ‘Voorgraadse studente’ vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by Tuks Wysig of voeg ‘n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by Tuks te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar

UP Opedag Datum 21 Mei 2016 Tyd 08:00–14:00 Die volgende persone moet die UP Opedag bywoon: Leerders in Graad 12 wat reeds bevestiging ontvang het dat hulle voorlopig tot UP toegelaat is Leerders in Graad 12 wat aan die toelatingsvereistes voldoen en wat hulle aansoekvorm wil inhandig Leerders in Graad 11 wat feitlik seker is dat hulle wel by UP gaan aansoek doen Die ouers van bogenoemde leerders


Universiteit van Pretoria

14

‘n Student wat met regstudies begin, word gou gekonfronteer met die kompleksiteite van die gedagtewêreld. James Boyd White noem regte ‘n ‘struktuur van denke en uitdrukking wat op ‘n stel inherent onstabiele, dinamiese en dialoogspannings gebou is’. Enige vooropgesette menings van ‘n magdom rigiede opdragte en prosedures ontbind gou in verwarde nadenke oor onbeperkte en sagte vrae. Party van hierdie vrae is ewig en ander is verbygaande, maar almal vereis dat die individu sy of haar onsamehangende aannames eerlik bekyk en die antwoord kry wat die meeste op beginsels berus. Regstudies geskied noodwendig in die konteks van die verlede, hede en toekoms, nie net van die bepaalde posisie van die student nie maar van die kleiner en groter gemeenskap. In Suid-Afrika was die reg ‘n onderdrukkende instrument van totalitêre gesag wat aanspraak gemaak het op die gesag om waardigheid vir individue van ‘n bepaalde ras, geloof en geslag uit te sonder. Hierdeur het die reg die taal van vooroordeel, haat en vernietiging geword. In 1993 het die reg egter die gekose kanaal vir verandering geword en is die herinnering aan ongelykheid van die verlede omskep in die taal van transformasie vir ‘n egalitariese samelewing gebaseer op vryheid, gelykheid en waardigheid. Hoe ons vandag studeer, sal die narratief bepaal wat die reg môre sal vertel, en ons het ‘n verpligting om seker te maak dit is ‘n verhaal van trou aan geregtigheid. Werner van der Westhuizen Werner het in sy derde jaar LLB by TuksRegte aangesluit. In Januarie 2016 begin hy sy klerkskap by Bowman Gilfillan. Hy beoog om nagraads in Europa en die Verenigde State van Amerika te studeer en as litigant te spesialiseer. – Red.

Dit is ‘n absolute voorreg om aan UP te studeer. As ‘n finalejaar-LLB-student kan ek met trots sê dat my ondervinding aan UP lewensveranderend en verstommend is. Die Fakulteit Regsgeleerdheid het uitstekende akademiese en ondersteuningspersoneel, en ek dink dit dra by tot my sukses as ‘n LLB-student. Die dosente is baie passievol oor hulle werk en is ook baie toeganklik. Ek reken ek word onderrig deur die beste in die land en moontlik in Afrika. Verder is die bibliotekarisse en die departementele administrateurs doeltreffend en hulpvaardig om ons talle navrae te beantwoord. En die skoonmakers hou die biblioteek, klaskamers en badkamers skoon, sodat dit ‘n plesier is om dit te gebruik. Voordat ek ’n TuksRegte-student geword het, het ek gedink die studentelewe gaan net oor studeer. Dit het verander, en ek het nou ‘n gebalanseerde lewe. Op my eie klein manier kan ek ‘n positiewe uitwerking op ander mense se lewens hê. As ‘n afgeronde individu doen ek gemeenskapswerk en neem ek deel aan mediese uitreik-inisiatiewe van die platforms van die JuniorTukkie-vereniging en Winners’ Campus Fellowship. Ek is ook ‘n mentor vir die UP Sterreprogram. Laastens – regstudie help my om kritiese dinkvaardighede te ontwikkel en skep ‘n platform van waar ek ‘n positiewe impak op my generasie kan hê. Maria I Soyeju (Love) Maria is sedert haar eerste jaar in 2012 deurgaans op die Dekaan se Merietelys en is sedert 2013 ‘n lid van die GKIHS. – Red.

Ek is van mening dat die Universiteit van Pretoria, en in die besonder die Fakulteit Regsgeleerdheid, ‘n bevorderlike leeromgewing vir studente is. Krediet aan die Fakulteit Regsgeleerdheid vir die lewensbelangrike rol in die ontwikkeling van my vermoë om elke aspek van die lewe te verstaan en waardeer – nie oppervlakkig nie, maar krities. Die Fakulteit Regsgeleerdheid konsentreer nie op die ontwikkeling van studente in konserwatiewe “juriste” nie omdat die regsopleiding hier op meer as blote wetgewing fokus. Ek glo dat enige gemotiveerde student wat ‘n LLB-graad deur die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit van Pretoria behaal toegerus is met ‘n ontwikkelde morele menslike agentskap wat pligsgetroue en moreel verantwoordelike keuses maak deur bewus te wees van die omgewing waarin die wet ‘n geharmoniseerde toepassing in die lewe van elke Suid-Afrikaanse burger moet wees, waar sodanige omgewing sosiaal, ekonomies en kultureel verweef is. Johannes van der Walt Johannes verwerf ‘n BCom (Regte)-graad (cum laude) in 2014. Hy ontvang talle akademiese toekennings, verwerf akademiese erekleure en is gevolglik ‘n lid van die Dekaan se Merietelys en GKIHS. Sy prestasies sluit in die hoogste gemiddeld behaal vir Besondere Kontrakte 220 / Regsinterpretasie 210, die LexisNexis-prys vir die beste student in die vak Regsinterpretasie 210, die Cliffe Dekker Hofmeyr Ing-prys vir die beste student in die vak Besondere Kontrakte 220, die Johan Verloren van Themaat-prys vir die beste student in Staatsreg 210 en 220 ens. Hy is tans ‘n tutor in die Departement Handelsreg. In 2014 het Johannes in die TuksRegte Interne Skynhofkompetisie die Engelse afdeling gewen en die Beste Engelse sprekerstoekenning verower. – Red.


15

Fakulteit Regsgeleerdheid 2016/17

Notas


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.