BRACKENFELL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
SPRING HAS SPRUNG
PETUNIA 6 PACK WAS 19.95
NOW
11.95
Offers valid until 2 October 2016. While stocks last.
X1RT0CYN-AL280916
Woensdag, 28 September 2016 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Skildery vrolik saal op Brackenfellkunste naar Elouise Millburn voor die muurskildery wat sy Saterdag in die kindersaal van die Karl Bremerhospi taal geverf het. Die Painting it Forward projek is deur Chris Lategan, ’n kunstenaar in die plaaslike rolprent bedryf van stapel gestuur en word deur die Daniel and Friends Fund ondersteun. Die hele saal is met kleur opgetower. FOTO: STEPHAN DU TOIT PHOTOGRAPHY
DOING GOOD BETTERVELDTOG: GEREED OM KANTORE IN TE RIG
Uitkoms vir haweloses DESIRÉE RORKE @dezzierorke
N
á amper drie jaar se beplanning is die Doing Good Better-veldtog gereed om hul kantore in William Dabsstraat oorkant die treinstasie in twee skeepshouers in te rig. Die projek, wat ’n samewerking tussen verskeie plaaslike organisasies is, beoog om ’n werksrehabilitasie-sentrum vir hawelose
mense in Brackenfell te skep. “Die projek het afgeskop met die maaltydgeskenkbewys-program wat sedert voorverlede jaar al in Brackenfell bekendgestel is. “Tydens verskeie veldtogte in die strate van Brackenfell het ons lede van die publiek aangemoedig om eerder die maaltydgeskenkbewyse aan te koop en aan hawelose mense te gee pleks van om geld onverantwoordelik uit te deel,” sê Nick van Rooyen van Teahmo, wat die projekkoördineerder
is. Hulle kon dit dan vir warm maaltye verruil by die Shiloh-kombuis wat ook in Brackenfell geleë is. Van Rooyen sê hulle het onlangs ’n huurkontrak van tien jaar met die Stad Kaapstad geteken vir ’n perseel waar hulle die kantore kan oprig. “Twee skeepshouers is ook aan ons geskenk en op die perseel afgelewer en ons beplan om dit spoedig as kantore in te rig,” sê hy.
Die perseel sal as “hoofkantoor” dien om die program te bestuur. “Hawelose mense kan dan hier aanmeld waar hulle deur veldwerkers van MES assesseer sal word en geleenthede gebied word om by werkspanne van Brackenfell se stadsverbeteringsdistrik (BBID) aan te meld,” sê Van Rooyen. Daarbenewens wil hulle ook vaardigheidsontwikkeling op die perseel vestig. V Na bladsy 2.