GOODWOOD
WINNER BEST
WATER WISE GARDEN BASICS
FREE NEWSPAPER IN SA
CACTI
ASSORTED
WAS 24.95
NOW
a r t ys a l e 12.95 p
Offers valid until 30 October 2016. While stocks last.
X1RW0YKN-AL261016
Woensdag, 26 Oktober 2016 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
RUYTERWACHT: ‘AL WAT ’N KARAKTER IS, HANG DAAR UIT’
Kinders uit parke oor kriminele BRENDEN RUITER
@ruitervaniewind
W
aar sal die kinders van Ruyterwacht speel noudat dwelmgebruikers en ander misdadigers die speelparke oorgeneem het? Dit is die vraag op die lippe van bekommerde inwoners van Ruyterwacht. Die situasie is glo nou so erg dat sommige ouers weier dat hul kinders enigsins naby die parke kom. Volgens Daniël Dekker, ’n bekommerde ouer, kan jy nie waag om jou kind alleen na die park te stuur nie. “Al wat ’n karakter is, hang by die parke uit. Daar word gedrink en dwelms gebruik. Ons moes ook al ander misdadigers verwilder. Baie mense is ook al in die parke beroof. Wat gaan van die dorp word as kinders nie eens meer plekke het waar hulle kan speel nie?” wonder Dekker. In e-pos aan die plaaslike raadslid, Charles Esau, pleit Dekker dat die Stad Kaapstad so gou moontlik die parke opknap en beveilig. “ ’n Mens kry die idee dat daar nie omgegee word vir Ruyterwacht se kinders nie. In ander gegoede gebiede lyk die parke wonderlik, maar ons kinders kan aan die elemente blootgestel word. Ek stel voor die parke word omhein en daar word toegangsbeheer toegepas, sodat die kinders van die dorp veilig kan wees,” sê Dekker.
“
Faizel Adams, nog ’n inwoner van die dorp, stem saam dat parke wat nie omhein is nie, ’n probleem skep. “Die probleem vir kinders is veel groter as net parke. “Hier is nie ontspanningsgeriewe vir jongmense in die dorp nie, nou drom hulle op die parke saam. Dit is dan wanneer drank en dwelms misbruik word en misdaad plaasvind. Die Stad sal daadwerklik moet kyk na hoe om meer ontspanningsgeriewe in die dorp te vestig, anders gaan ons nog lank probleme ervaar,” sê Adams. Esau sê op sy beurt is hy bewus van die ongelukkigheid oor die parke. “Ek was al in die dorpe in my wyk en in vergelyking daarmee lyk Ruyterwacht se parke goed. Daar is ’n begroting, maar ons moet kyk wat die grootste en dringendste behoeftes in die dorp is. Dit is belangrik dat kinders sorgeloos kan speel. As die gemeenskap bewus is van kriminele aktiwiteite wat in parkies aangaan, moet hulle nie skroom om die polisie in kennis te stel nie,” sê Esau. Intussen doen Esau ’n beroep op inwoners om nie die parke te vandaliseer nie. “Oor die Stad heen moet gevandaliseerde eiendom vervang word en dit kos ook baie geld – geld wat elders beter aangewend kan word. Ons moet eienaarskap neem van openbare eiendom en dit nie beskadig nie,” sê Esau.
Daar word gedrink en dwelms gebruik. Ons moes ook al ander misdadigers verwilder. Baie mense is ook al in die parke beroof.
No, you can’t walk on water ... The Meerendal wine estate was the battleground for South Africa’s biggest obstacle course racing series, the Warrior Race, this past weekend. Juan Booysen from Burgundy Estate looks ready to run as he hits the water after sliding down the waterslide. Participants pushed themselves to the limits as they battled slippery slopes, jumped off heights and ran and waded their way through various obstacles. PHOTO: CARINA ROUX