TygerBurger Tyger Valley - 18 December 2019

Page 1

TYGER VALLEY

The TygerBurger team is taking a break. Our next edition will find its way to your postbox on 15 January 2020. Also look out for a special early edition on 8 January in selected areas.

We wish all our readers a safe festive season.

Woensdag, 18 Desember 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

11 tydskrifte + 35 koerante

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Dancing flowers

The Flowers group impressed with their dance during the the ballet concert “Classical works and a journey through the enchanted forest” that was presented by The Studio recently. See more photos on page 6.

MOEDIGE ARTS: SIG HET ERG VERSWAK

’n Graad ondanks siekte NIELEN DE KLERK @nielendk Die meeste van Janke Jacobs (22) se klasmaats wat verlede week saam met haar graad gekry het, het geen idee van die stryd waardeur sy is nie. Sy was immers saam met hulle in die klas en het haar graad in dieselfde tyd voltooi.

Maar Jacobs, van Vierlanden, moes maande lank wroeg deur hordes mediese toetse, die onsekerheid oor of sy ooit weer sou kon sien en die erge newe-effekte van medisyne. “Ek wou eers nie my storie vertel nie,” sê sy. “Maar ek’t besluit dat dit die tipe storie is wat gehoor moet word.” Jacobs het Vrydag met haar BChD aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) ge-

gradueer en is nou ná vyf jaar van studie ’n tandarts. In haar tweede jaar, in 2015, het haar lewe egter ’n nare draai geneem. “Ek het blinde kolle begin ervaar. Aanvanklik was ek nie te skrikkerig nie, maar is uiteindelik oogarts toe. Ek ken my oogarts redelik goed en ek kon aan haar gesig sien iets is nie reg nie.”

Sy is na ’n oftalmoloog verwys en is sommer dieselfde aand daarheen. “Sy’t nie geweet wat die inflammasie in my oë veroorsaak en my sig belemmer nie. Sy was baie bekommerd en ek ook.” Vir drie maande daarna het sy verskeie dokters geraadpleeg en verskeie toetse is gedoen om vas te stel wat fout is. V Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.