TygerBurger Tyger Valley - 17 June 2020

Page 1

TYGER VALLEY SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 17 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Lia Conradie (8) help verf aan die muur van hul huis in Bostonstraat. Haar pa, Jaco, en ander gaan nou hierdie letters weer toeverf, maar eers as hulle elke letter “opgeveil” het. Hulle mik om R10 000 vir die Alta du Toit-nasorgsentrum in te samel. FOTO: JACO CONRADIE

BOSTON: BOODSKAP MAAN INWONERS OM TUIS TE BLY

’n Muur van hoop NIELEN DE KLERK @nielendk

E

ers was dit net ’n vriendelike boodskap vir bure om tuis te bly. Nou het ’n geverfde boodskap op ’n muur in Boston ontaard in ’n liefdadigheidsprojek waarin daagliks meer geld instroom. Hierdie donasies is alles ten bate van die Alta du Toit-nasorgsentrum, wat finansieel swaar deur die Covid-19-pandemie getref is. Inwoners wat in die besige Bostonstraat ry, het die afgelope twee maande al gewoond geraak aan die boodskap “please ... stay at home”, wat op een van die huise se mure ge-

verf is, tesame met prettige rooi hartjie-ballonne. Soos die inperkingsregulasies verslap is, het party egter begin wonder wanneer hierdie boodskap verwyder sal word. Martilize Coetzee was een van hierdie mense. Sy het op ’n plaaslike Facebookgroep daaroor uitgevra en die eienaar van die huis, Jaco Conradie, het dit raakgesien. Hy kry toe net daar ’n blink plan. In plaas daarvan om dit net summier dood te verf, het hy die letters en ballonne begin opveil. Al die geld word aan die Alta du Toit-nasorgsentrum geskenk. Binne minute het die onderneming Boston

Networks R1 000 gegee. Conradie, wat aanvanklik gemik het om R2 500 met die projek in te samel, het vinnig besef hy moet groot droom. Hy mik nou om R10 000 in te samel. Coetzee is self vuur en vlam en help hom om donasies te kry. Conradie sê hy het die Alta du Toit-nasorgsentrum gekies omdat hulle in die buurt is en hy dikwels die organisasie se kliënte, gestremde volwassenes, in die area sien. “Charity begins at home,” sê hy. Sy oë het egter oopgegaan toe hy hoor hoe swaar hulle trek in hierdie Covid-19-tydperk, sê hy.

“Hulle kan nie meer hul gewone geldinsamelingsprojekte hou nie.” Donateurs het boonop nie meer geld nie en baie ouers van die organisasie se kliënte sukkel self om die mas op te kom en by te dra. Daarmee saam het hulle die ekstra uitgawes van die Covid-19-pandemie wat gesondheidstoerusting betref. Conradie sê hy gaan nie die letters toeverf voordat hy R10 000 ingesamel het nie. Indien jy wil bydra, kontak die Alta du Toit-nasorgsentrum by 021 913 2106 vir bankbesonderhede en maak die skenking se verwysing “Boston Cares”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Tyger Valley - 17 June 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu