TygerBurger Ravensmead - 28 October 2020

Page 1

RAVENSMEAD

G A R A G E D O O R S New Installations & Repairs, Automation New Specials Offers!

Single Aluzinc Sectional door Plus motor R8400-00 Repair call out R 250-00 Garage door motor R 3 300 We also make Fully Aluminium Doors Cell : 065 914 7756

playsafedoors@gmail.com X1WDJ0P1-QK271020

Woensdag, 28 Oktober 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

’n Man van Silversands stap met ’n leë bierkrat onderweg na ’n onwettige drankhandelaar in Mfuleni. Hy sê dit is vir hom makliker om by die “local dealer” te koop as om met ’n taxi na die wettige verkopers te gaan. INLAS: Polisiebeamptes staan hier by die drank waarop hulle by ’n huis in Happy Valley beslag gelê het. FOTO: BRENDEN RUITER

ONWETTIGE VERKOPE: POLISIE BEKOMMERD

Drankhandel is probleem BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

ie polisie is bekommerd oor die onwettige handel in drank in gebiede soos Happy Valley, Wesbank, Mfuleni en Ravensmead. Volgens ao. November Filander, polisiewoordvoerder, sien die polisie die laaste ruk al hoe meer dronk mense op straat. “Ons het verskeie plekke beboet en sommiges toegemaak wat drank oor naweke verkoop. Ons verstaan dat mense onder finansiële druk is, maar die Covid-19-regulasies stel dit duidelik dat geen drank oor naweke verkoop mag word nie. Ons het dus die publiek

se hulp nodig om ons van inligting te voorsien oor waar drank verkoop word,” sê Filander. Hy sê die onwettige verkoop van drank lei tot ander misdade. “Ons ondervind ’n toename in straatroof, aanranding, huishoudelike geweld en verkragting. In die meeste van hierdie voorvalle was mense dronk en laatnag nog op straat. Ons doen ’n beroep op mense om vir hul eie veiligheid nie onwettig drank te koop nie,” sê Filander. Hy kon egter nie bevestig of nuwe smokkelhuise tydens die inperking geopen is nie. TygerBurger het egter self ondersoek ingestel en by verskeie inwoners van Wesbank, Ravensmead en Eersterivier vasgestel dat

mense wat nie voorheen gesmokkel het nie, nou ook oor naweke drank teen astronomiese pryse verkoop. By sommige plekke kos een bier van 750 ml sowat R25 – minstens R10 duurder as by gelisensieerde drankverkopers. In ’n straat in Mfuleni word drank by drie huise verkoop. In Wesbank het dit minder as vyf minute geneem om uit te vind waar drank verkoop word. Selfs kinders in die straat het geweet waar om drank te koop. ’n Vrou van Wesbank, wat anoniem wil bly, sê haar buurman het tydens inperking sy werk verloor en verkoop nou drank om die pot aan die kook te hou. Verlede week het die Mfuleni-polisie ’n 38jarige vrou in Happy Valley weens die on-

wettige verkoop van drank in hegtenis geneem. Volgens Filander het die bestuurder van ’n bakkie geweier om by ’n padversperring stil te hou en weggejaag. “Die polisie het later gesien die bakkie staan by ’n huis in Luangwastraat. By nadere ondersoek is ’n groot hoeveelheid drank in die agterplaas gevind,” sê Filander. Kapt. Odwa Makupula, woordvoerder van die Ravensmead-polisie, sê hulle het tydens die inperking verskeie mense aangekeer weens onwettige handel in drank. “Die polisie monitor deurlopend die situasie, want daar is maar altyd mense wat kanse waag,” sê Makupula.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Ravensmead - 28 October 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu