TygerBurger Ravensmead - 1 July 2020

Page 1

RAVENSMEAD

Woensdag, 1 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Masks donated Financial services provider Metropolitan recently handed over cloth masks to learners at Rosendal Secondary in Delft so that they can resume schooling safely. Pictured is Kashief Williams going through his work while wearing his new mask.

SUNBIRD PARK: GEWELD BREEK UIT, BUITEBANDE BRAND

Chaos oor ‘onwettige’ krag BRENDEN RUITER @ruiterwind

G

eweld het vroeg Maandagoggend in Sunbird Park en omgewing uitgebreek nadat inwoners van ’n nabygeleë informele nedersetting buitebande aan die brand gesteek het en klippe gegooi het. Die geweld spruit uit ongelukkigheid van die gemeenskap van Sunbird Park en omgewing oor die onwettige aanlê van elektrisiteit deur die inwoners van die informele nedersetting Sophia Town. Sunbird Park se inwoners probeer jare reeds om die onwettige

verbindings te beëindig en het onlangs besluit om hierdie verbindings self af te sny. Dit het nie aanklank gevind by Sophia Town se mense nie, Sondagmiddag is ’n dreigboodskap op ’n stuk karton op ’n bakkie in die buurt gelos. “Greg moet asseblief nie die drade afhaal nie, want ons baklei nie saam met jou nie. Moenie verbaas wees, as jy die drade afhaal, dat jou vragmotors aan die brand gaan slaan nie. Ons wil nie baklei nie, maar as jy wil baklei, gaan ons terugveg. Ons is ook mense soos jy, dankie,” het die boodskap gelui. Maandagoggend is buitebande

op verskeie paaie aan die brand gesteek en klippe is gegooi. Dit het daartoe gelei dat die verkeer in en om Silversands vir ure tot stilstand gedwing is. Ebrahim Sawant, plaaslike raadslid, het Sondag probeer om ’n vergadering tussen die strydende gemeenskappe en Eskom te belê, maar dit is ter elfder ure afgestel. “Ons as die Stad Kaapstad aanvaar dat onwettige verbindings Eskom se probleem is, maar hulle het nou gesê dit ons afdeling, s . hy. “Die situasie is plofbaar en ons wil so gou moontlik ’n werkbare oplossing vind,” sê Sawant. Sawant het Maandag met die ver-

.

teenwoordigers van Sophia Town vergader en sê hulle het wedersyds onderneem om daadwerklik aan die griewe aandag te gee. Monde Njokweni, woordvoerder vir die inwoners van Sophia Town, sê hulle voel niemand gee om vir hulle nie. “Ons moes eers betoog voor iemand na ons griewe kom luister het. Sawant het onderneem dat ons eersdaags met ander belanghebbendes vergader om alle probleme op te los,” sê Njokweni, wat volgens hom namens 300 mense praat. Volgens Rudie Cookson, ’n inwoner van Sunbird Park, het alle hel Maandag omstreeks 05:00 losge-

bars. “Ons sukkel reeds jare om die misdadige aansluitings stop te sit en was al by baie verskillende owerhede. Dit is jammer dat die ding nou tot hier mos kom, want as iemand vroeër iets gedoen het, sou dit nie gebeur het nie,” sê Cookson. Hy sê voorts sy gemeenskap lewe in vrees en weet nie wat om volgende te verwag nie. Kol. Sibulelo Mvumbi, stasiebevelvoerder by die Mfuleni-polisie, sê die openbare orde-polisiëringeenheid monitor die situasie. “Ek kan nie bevestig of iemand weens openbare geweld in hegtenis geneem is nie, maar ons sal optree as dit nodig word,” sê Mvumbi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.