Tygerburger parow 2 april 2014

Page 10

10 TYGERBURGER Parow

HOOFARTIKEL

Verkiesing die kans om land reg te ruk Dit is maklik om deesdae pessimisties te raak oor ons land se toekoms. Korrupsie vier landwyd hoogty. Wanbesteding van belastinggeld is algemeen; selfs ons president is daaraan skuldig. Stakings lê die ekonomie lam. Die petrolprys styg maandeliks met ongekende spronge. Die werkloosheidsyfer is die hoogste nóg. Eskom dreig gedurig met beurtkrag. Moord-, doodslag- en diefstalstories is ons daaglikse mediabrood. Sommige munisipaliteite se dienslewering is totaal afwesig. Die slaggate op baie paaie is so groot soos kraters op die maan. Die onderwysstelsel se wieldoppe is aan die afspring... En so kan ’n mens voortgaan totdat jy jouself in ’n donker put van ellende bevind. Maar tog, as jy diep grawe, is daar nog hoop. Daar is nog mense soos Thuli Madonsela, wat nie voor politieke druk swig nie. Daar is nog ’n regstelsel wat onderskei tussen goed en kwaad. Daar is nog ’n grondwet wat die regte van landsburgers beskerm. Die media word nog toegelaat om te kritiseer en skandale oop te vlek. Ons het nog ’n vrye en demokratiese verkiesing. En dit is presies by dié laaste punt waar Suid-Afrikaners binnekort die geleentheid kry om die eerste, gróót, positiewe verskil te maak. Stem vir die party wat jy dink SuidAfrika weer op die pad na herstel kan plaas, want só kan ons tog nie voortploeter nie.

SMS V Home Affairs a circus: there are only two venues for new identity documents in the province. They can stuff the new IDs. - PR, Uitzicht V Aan Charlotte (SMS’e, 26 Maart) in re­ aksie op Anoniem se SMS (SMS’e, 19 Maart). Hy wil nie die koerant net in Afri­ kaans hê nie; hy wil dit net in Engels hê. Hy wil dit van Tyger, in Afrikaans, na Tiger, in Engels, verander. - Didi V Ek stem saam dat daar iets gedoen moet word aan ons waterdruk (SMS’e, 26 Maart). Stort jy en daar word ’n kraan oopgemaak, kry jy ’n stroompie koue wa­ ter. - SKE, Kraaifontein V 10 out of 10, Terry (‘Cats will be cats, so blame the owners’, Letters, 26 March). I agree with you. - Anonymous V Ek sal graag wil weet hoekom die gebied wat die plakkers in Richmondpark be­ woon, nie geskik is vir behuisingsdoelein­ des nie (“Plakkers moet trap, sê Stad,” 19 Maart) as Van der Staelstraat in Bothasig net so naby is? - Anoniem V Aan die persone wat dreigbriewe in men­ se se posbusse gooi: sies, skaam julle om mense so te treiter en hul troeteldiere in gevaar te stel. Skaam julle! - Anoniem V Het jy probleme met katte? Kry ’n vang­ hok, gaan laai hulle by die Dierebesker­ mingsvereniging af en laat die eienaars die R200 betaal om hul kat terug te kry. Maak net seker jy maak nie die dier seer nie. - Anoniem V Ek verwys na Ansa se brief (“Word gefor­ seer om vir diens te betaal,” 26 Maart). Ek sit ook my drom elke tweede week uit; kan ek ’n afslag kry in plaas van R90,61 te be­ taal? In elk geval, die trollie­brigade ver­ wyder die meeste van die vullis teen die tyd wat die drom leeggemaak word. - Derek ) SMS’e kos R1,50 elk. Stuur die woord “Tyger”, gevolg deur jou boodskap na 45527.

HOOFARTIKELBLAD

In true democracy every man and women is taught to think for him­ self or herself. – Gandhi

Uitgewer: TygerBurger word uitgegee deur WP Koerante en is deel van die Media 24­groep Verspreding: TygerBurger Parow word elke Woensdag in die volgende gebiede afgelewer: Parow, Avondale, Churchill Estate, Clam Hall, De Tijger, Fairfield Estate, Glen Lily, Oostersee, Parow­Oos, Parow­Noord, Parowvallei, De Duin, Kaapzicht, Kleinbosch, Northgate, Panorama, Plattekloof, Sonnendal, Welgelegen. Totale verspreiding: 19 095 TygerBurger het twaalf verskillende uitgawes vir die volgende gebiede: Bellville, Durbanville, Parow, Good­ wood, Brackenfell, Kraaifon­ tein, Kuilsrivier, Milnerton, Table View, Eersterivier/Blue Downs, Ravensmead/Belhar en Elsiesrivier. Totale verspreiding: 285 531 Vir enige verspreidingsklagtes skakel 021 910 6500 of e­pos: verspreiding@tygerbur­ ger.co.za

Kontak ons:

Nuusredakteur: Marana Brand van Hulsteyn 0021 910 6540 nuus@tygerburger.co.za Joernalis: Magriet Theron 0021 910 6564 magriet.theron@tygerbur­ ger.co.za Advertensiebestuurder: Garth Hewitt 0021 910 6520 ghewitt@tygerburger.co.za Hoofkoerant advertensies: Michiel Engelbrecht 0021 910 6524 of 0073 609 6648 mengel@tygerburger.co.za Geklassifiseerd: 00860 11 7520 www.tygerburger.co.za Korreksies: Volgens die redaksionele beleid van TygerBurger verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. inligting oor die regstelling van foute in die koerant aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, by george.claas­ sen@media24.com of skakel 021 851 3232 of 083 543 2471. Lesers kan ook klagtes oor die inhoud by die Persombudsman van Suid­Afrika, mnr. Joe Thloloe, aanhangig maak. Skakel in daardie geval gerus 011 484 3612/8, stuur ‘n faks na 011 484 3619 of ‘n e­pos na nakhanyim@ombuds­ man.org.za or johanr@om­ budsman.org.za

Woensdag, 2 April 2014

SLICE OF LIFE

Tata ma chance: Caitlyn Johnson watches in anticipation to see if the spinning wheel will stop at her lucky number at the carnival held at Parow­East Primary last Thursday. PHOTO: CARINA ROUX

BRIEWE briewe@tygerburger.co.za|Faks: 021 910 6501|Posbus 747, Bellville 7535|Briewe wat nie langer is as 250 woorde nie, sal voorkeur geniet. Verskaf asb. u naam, adres en telefoonnommer by (nie vir publikasie). Spertyd is Vrydag om 12:00

Dodgy credit card calls On Saturday morning I received a phone call from a man saying he was from my credit card company, saying my card was about to expire. I thought it was a courtesy reminder call from the company reminding me of its expiry. But then he said that someone from Nigeria wanted to take R3000 out of my account and he wanted to confirm if that was genuine. Of course, it wasn’t. He then wanted to cancel the transaction, for which he needed the middle eight digits of my card number but I refused. He warned me that he would then allow the transaction to go through and if I complained to the credit card company, they would reject the complaint because of my bad reaction to his call. Immediately afterwards I phoned the company, they confirmed there wasn’t a pending transaction and the call I had received was a scam as I had suspected. Let this serve as a warning to all: don’t give personal information. Con artists are persuasive; that’s how they make their living. C. STEVENSON Email

Waiting for the light to change Fuel prices are going up and up, yet you stand at a traffic light for long periods at a time and if you look closely most of the traffic lights have sensors embedded in the tar. What I don’t understand is when you travel down Durban Road, especially in the morn-

ing traffic, you stand very long at certain traffic lights wasting petrol – especially at Bella Rosa. I phoned city traffic services to complain about that particular intersection and I was blown off. The fact that the lights aren’t synchronised amazes me. Aren’t we paying enough for fuel as it is? How or when is somebody going to catch a wake up? VICTOR SLATER Durbanville

Insleep­bestuurder is ’n verleentheid Ek tik die brief met seer in my hart, nadat ’n insleep-bestuurder my baie lelik gevloek het op ’n ongelukstoneel in Frans Conradie-rylaan in Goodwood, nadat ’n dronk bestuurder in my (voertuig) vasgery het. Ek wil net graag aan die bestuurder met die blou-groen insleepbakkie sê: Jy is die definisie van sleg en onbeskof. Is dit hoe jy jou vriendinne, ma en susters behandel? Nie een keer het jy gevra of ek “okay” is en heeltyd het jy aan my gekarring oor versekeringsbesonderhede. Baie dankie aan konst. Van Dyk van die Goodwood-polisiekantoor. Aan die insleep-bestuurder: Jy is ’n verleentheid vir jou maatskappy. JASMINE KOERIES E­pos

Sit doeke aan vir voëls as hul mors Ek neem kennis van die berig in TygerBurger oor die voer van die wilde voëls, tarentale en eende (“Feeding birds is foul – City”, 26 Maart). Maar as hulle dan sodanige

skade aanrig aan hierdie arme grasperke rondom die dam, dan moet niemand toegelaat word om by die dam te kom nie – nie eens die kinders wat daar probeer visvang nie. Ek het persoonlik al hoeveel vislyne met hoeke daar opgetel en vislyne verwyder wat verstrengel was aan ’n wit eendjie se poot. As hierdie voëls sodanig mors en die water besmet met hul mis, sit asseblief vir elke denkbare voël in die hemelruim ’n doek aan. Hierdie voëls, watter kleur en soort hulle ook al is, is ons almal se vriende – ons kan hulle liefde gee wanneer niemand anders vir ons beskore is nie. Hulle praat met ons in hul eie taal. Het julle al probeer luister wat hulle sê? Moenie asseblief nie ons eende en voëls verwyder nie. Gee ons ook ’n bietjie vreugde, laat ons hulle maar voer. Ek is ook ’n skuldige en gaan een bly. KAYDEE NC E­pos

Refuse removal a rip­off I fully understand the frustration of Ansa (“Word geforseer om vir diens te betaal”, TygerBurger, 26 Maart) regarding the city’s refuse removal fee. I live in a retirement village of about 350 houses and 95 flats. Each property pays R90.61 monthly, yet we only have about 80 wheelie bins between us which are cleared at a central point. Basic maths tells me the (City of Cape Town) is making a huge profit from us – surely a rebate could be given to complexes in this regard? MB Brackenfell

TygerBurger waardeer lesers se menings, maar ten einde die onafhanklikheid van die koerant te handhaaf en in billikheid teenoor alle politieke partye en kandidate, sal tot die afhandeling van die verkiesing geen brief van ‘n politieke aard geplaas word wat op een of ander wyse politieke partye en hul kandidate se standpunt propageer nie.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.