TygerBurger Parow - 17 June 2020

Page 1

PAROW SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 17 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Mask drive for hotspot schools Edu-Mthombo visited Silverleaf Primary School in Dunoon on Friday, 12 June as part of their mask donation drive to collect masks for schools in the hotspot areas in Cape Town. This initiative is said to minimise the spread of Covid-19 in the province with donations from friends, family and work colleagues of Edu-Mthombo. Pictured is Anita Mbinyashe, a Grade 7 learner at Silverleaf Primary School in Dunoon. Read full story on page 12. PHOTO: CINDY WAXA

PAROW: FAMILIE VAT KANKERLYER SELF HOSPITAAL TOE

Ambulans daag nie op RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

N

á talle noodoproepe oor twee dae wag ’n inwoner van Parow steeds vir ’n ambulans. Nerene Koen het aan TygerBurger vertel dat die ambulans haar broer, Clyde Myburgh (78), verlede naweek hospitaal toe moes vervoer. Die familie moes die kankerlyer egter self soontoe vervoer. “My broer is baie siek en ly aan fase vier-

kanker. Hy het Saterdag begin bloed opgooi. Hy het ’n infeksie opgedoen en kon ook nie sy medikasie drink nie,” sê Koen. Volgens haar het hy ook bloed in sy urine getoon en kon hy nie regop sit nie. “Ons wou hom laat opneem in die hospitaal en die ambulansdienste is ontbied. Ons het die situasie aan hulle verduidelik. Dit was Saterdag omstreeks 18:00. “Ons het elke halfuur geskakel. Hulle het aan ons ’n verwysingsnommer verskaf,” sê sy.

Die gesin het die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement se EMS-noodnommer 10177 geskakel. Hulle het later die aand weer probeer, maar geen ambulans het egter opgedaag nie. “Ons het die Sondagoggend vroeg weer gebel. Daar is aan ons gesê dat hulle hom om 10:00 sou oplaai. Tot vandag toe het hulle nie teruggekom na ons toe of uitgekom nie.” Hulle het Myburgh, ’n inwoner van Pointstraat in Parow, toe self vervoer. “Die man is dodelik siek. Dit is onaanvaar-

baar om iemand so te behandel. Hulle vra ook eers of jy lid is van ’n siekefonds. Jy behandel mos nie ’n mens so nie,” sê Koen. Teen Vrydag 12 Junie was haar broer steeds in die hospitaal. Hy is stabiel en nog toetse moet op hom uitgevoer word. “Hy is ’n bietjie deurmekaar en nog baie siek,” sê Koen. Byron la Hoe, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het aangedui dat die departement op die bewerings sal reageer.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.