TygerBurger Goodwood - 17 June 2020

Page 1

GOODWOOD SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 17 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Mask drive for hotspot schools Edu-Mthombo visited Silverleaf Primary School in Dunoon on Friday, 12 June as part of their mask donation drive to collect masks for schools in the hotspot areas in Cape Town. This initiative is said to minimise the spread of Covid-19 in the province with donations from friends, family and work colleagues of Edu-Mthombo. Pictured is Anita Mbinyashe, a Grade 7 learner at Silverleaf Primary School in Dunoon. Read the full story on page 12. PHOTO: CINDY WAXA

RICHMOND ESTATE : HAWELOSE MENSE DRINK, MAAK GERAAS

Frustrasie oor stegie TARRYN-LEIGH SOLOMONS @tarryns07

’n

Stegie in Richmond Estate is ’n bron van frustrasie vir inwoners omdat hawelose mense dit bewoon. Volgens ’n inwoner, Sarel van der Westhuizen, is hierdie stegie agter die Hoërskool President sedert 2005 ’n uitdaging. “Ons het al hoeveel keer gekla, maar niks word aan die saak gedoen nie. Die kwessie kom al jare aan. Hulle drink, maak geraas en ons vermoed hulle smokkel ook, omdat

ons kan sien hoe motors in die aand daar stop. Die honde bly blaf in die aand. Ek kan nie slaap nie; my buurmense kan nie slaap nie. “Ek was al by die raadslede oor die jare, maar hierdie saak word nooit opgelos nie. Daar is omtrent drie of vier mense wat daar in hul tente bly. “Die veiligheid van my familie en bure is vir my ’n bekommernis,” sê Van der Westhuizen. Die 65-jarige sê hy het al gesien hoe die mense verwyder word, maar twee dae later

is hulle weer terug. “Dit bly skoon vir ’n paar dae, dan sien ons hoe die tente weer opgeslaan word.” ’n Ander inwoner, Morné Kriel, sê die stegie hou ’n gesondheidsgevaar in. “Dit is verskriklik vuil. Ek is bekommerd oor die manier waarop hulle lewe. Hulle mors en daar is ’n onaangename reuk. “Party aande hoor ’n mens hoe hard hulle praat. Daar is ook tye dat hulle goed kap ... miskien om hul ‘shack’ te bou,” sê Kriel. Volgens Kriel bly daar omtrent vier mense. “Soms gedurende die dag is daar meer

mense, maar daar is vier wat altyd daar is. Ons het al baie hieroor gekla. “Die mense word verwyder, maar ná ’n paar dae sien ons hoe die tente weer opgeslaan word. “Ek het niks teen die mense nie, maar ek is net bekommerd oor hul gesondheid en ons as bure s’n omdat dit reg voor ons deur is,” sê hy. Volgens Franchesca Walker, raadslid, word die stegie weekliks skoongemaak. “Ons laat hulle selfs help om skoon te maak omdat hulle die gemors maak.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.