Tygerburger Elsiesrivier 23 Jan 2013

Page 8

8

NUUS NEWS

TYGERBURGER | ELSIESRIVIER Woensdag, 23 Januarie 2013

Geniet somer ten volle in natuur Begin jou somer in die Kaap op ’n hoë noot, met inligting uit die binnekring. CapeNature het 24 reservate in die WesKaap, waar jy ’n blaaskansie kan neem en die somer ten volle kan geniet. Ontsnap dié somer van die stadsgewemel deur na die natuur terug te keer. Jy kan in ongerepte valleie voetslaan, op skilderagtige voetpaaie bergfietsry, in jou kajak in kronkelende riviere af roei en in koel rotspoele in die water spring. Van die Boland se majestieuse berge en die Weskus se vleilande tot die goue strande van die tuinroete en die oop vlaktes van die Karoo is daar verskeie idilliese plekke waaruit jy kan kies. Boonop is CapeNature deel van die Wild Card, ’n bewaringsprogram, wat jou in staat stel om meer tyd in beskermde gebiede te bestee en terselfdertyd te help om ons natuurlike erfenis te beskerm. Met ’n Wild Card kry jy ’n jaar lank vrye toegang. Dus kan jy dit bekostig om te kom kuier wanneer jy ook al lus voel. Begin jou dag met ’n stimulerende wandeling, loer in vir ’n piekniek of trakteer jou gesin met tyd weg van die huis. Doen dié somer iets nuuts en besoek ’n CapeNature-reservaat om een van dié aktiwiteite te beproef:

Swem ongetemd Wat kan op ’n warm somersdag meer verfrissend wees as swem in ’n bergstroom? Die Cederberg se Rondegatrivier kronkel verby die Algeria-kampeerterrein en is die perfekte plek om af te koel. Wandel in die woud Ontsnap van die hitte van die dag na die stille koelte van Grootvadersbosch. Dié inheemse woud noordwes van Heidelberg is ’n sprokiesagtige koninkryk met ysterhout, geelhout, stinkhout en rooi-els wat hoog toring. Loer in rotspoele Dis maklik om verdiep te raak in die onderwater wonderwêreld in rotspoele, waar helderkleurige seekastaiings aan die rotse klou en klein klipvissies heen en weer skiet. Waenhuiskrans (Arniston) naby Bredasdorp het ’n ongerepte kus met volop rotspoele wat verken kan word. Ry grondpaaie Die Kogelberg-biosfeer is ’n wilde, pragtige plek met stoere berge en delikate fynbos, met die bronskleurige lint van die Palmietrivier wat daardeur kronkel.

Bly aan die roei Vanuit ’n kano kan jy sittend ’n nuwe uitsig op die welige groen Tuinroete kry. Die Goukamma-natuurreservaat naby Wildernis, het kano’s te huur en dit is maklik om tien kilometer stroomop in die rivier te roei. Die rondawels is onlangs opgeknap en bied asemrowende uitsigte. Sien die somergaste Duisende voëls kry elke jaar koers na die suide om op ons sonnige strande te oorwinter. Die Rocherpan-natuurreservaat naby Elandsbaai aan die Weskus is ’n wonderlike plek waar eende, krikeende en slopeende dopgehou kan word. Kyk wat jou viertrekvoertuig kan doen Die uitsig van Oukraal in die Gamkaberg-natuurreservaat strek oor bergpieke wat in die verte vervaag. Hier voel jy hoog in jou skik, met niemand anders in sig nie. Al manier hoe jy hier kan kom, is met ’n viertrekvoertuig op die sebrakruisingroete. Besoek www.capenature.co.za vir meer inligting of kontak CapeNature by 021 483 0190 om te bespreek. Jy kan ’n Wild Card van die CapeNature-hoofkantoor of die kantore op George of Porterville koop. Skakel 021 483 0000 vir meer inligting.

Beakie the penguin received reconstructive surgery to his beak after he was knocked down by a vehicle in Simon’s Town. PHOTO: TRACY SHAW

Beakie can tuck in again after surgery When Beakie had an unfortunate run-in with a car in Simon’s Town in October, it was clear that dining on fish would in future present a problem for this cute penguin. Knocked down by a speeding vehicle his lower mandible was severely damaged by the impact of the car and his lower beak split in half. The bird was brought to the rehabilitation centre of the Southern African Foundation for the Conservation of Coastal Birds (Sanccob) in Table View where the veterinary team tried several procedures, but to no avail. Not ready to give up, Sanccob’s rehabilitation manager, Nicky Stander, consulted a former Sanccob vet, Dr Tertius Gous, who in turn got in touch with Dr Gerard Steenkamp, an experienced veterinary dentist based at the University of Pretoria. After examining photos of the penguin’s beak, Dr Steenkamp was confident that he could mend the mandible and offered to do the reconstructive surgery free of charge. Tracy Shaw, from the National Zoological Gardens (NZG) in Pretoria agreed to take care of the penguin at the zoo. With a flight-sponsorship by Bid Air Cargo (Cape Town), Beakie was flown to Johannesburg in his own personal “enclosure” and was taken to the faculty of veterinary science of the University of Pretoria in Onderstepoort in preparation for the big day. On 18 December, he underwent a CT scan and Dr Steenkamp performed the surgery. When the brave little patient came to, he had a beautiful new beak, with the help of some delicately placed stitches, pins, wire, and dental acrylic. The operation was very successful and Beakie was taken to the NZG to get back on his feet. Since the operation, Beakie has been under the post-operative care of Dr Adrian Tordiffe, who administered a 14-day course of antibiotics to fight off any potential infections to the wound. The first few days he was very sleepy and claimed a permanent spot in the colony where he dozed alongside his 32 new penguin friends. At first, he wriggled a lot during feeding times, but became more comfortable as the days went by. After three weeks, he surprised everyone at the NZG by coming right up to the bucket and taking his first fish all on his own. “Now he pushes his way to the bucket and is really starting to show his own special personality. The big adventure of Beakie has proved that the endangered African penguin is most certainly the most resilient of species, and we need to do everything in our power to help save these incredible little birds,” said Francois Louw, of Sanccob. Beakie will be flown back to Sanccob and released at Boulders Beach, Simon’s Town.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.