EERSTERIVIER & BLUEDOWNS See our advert on page 20 for LOW LOW prices!
CANAL WALK
NOW OPEN CANAL WALK • SHOP 448 UPPER LEVEL
021 552 4834
Woensdag, 12 Desember 2012 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za
BEHUISING: VERWAGTINGE GESKEP
Oproer oor fout CARMEN JACOBS
’n
Misverstand oor ’n lys van begunstigdes het verlede maand oproer veroorsaak in Spandua, die laekoste-woongebied in Eersterivier. Die lys wat in die woongebied in omloop was, was toe nie dié van begunstigdes vir huise in die Nuwe Beginbehuisingsprojek nie, maar ’n lys van die name van persone met spesiale behoeftes (gestremdes en bejaardes), wie se inligting en adresse net bevestig moes word. Hierdie inligting moes eers bevestig word voordat persone in aanmerking kan kom om aansoek te doen vir ’n huis in die behuisingsprojek in Blue Downs. Só sê Bruce Oom, woordvoerder van Bonginkosi Madikizela, provinsiale minister van behuising, nadat TygerBurger navraag oor dié situasie gedoen het. Oom verduidelik: “Die stap om die data te verifieer moet gedoen word voordat enige uitnodigings gestuur word aan mense om deel te wees van die behuisingsprojek en aansoeke vir huise voltooi word. Ongelukkig was daar ’n misvertand met dié aanvanklike lys en sommige gemeenskapslede het die lys verkeerdelik aangesien as die finale lys van begunstigdes vir die projek.”
Agterplaas Een van die mense wat verkeerdelik ingelig is dat hy op 29 November in ’n huis sal intrek, is David Davids, ’n persoon met gestremdhede, wat in ’n agterplaas woon. Davids het albei arms en bene verloor. “Ek het baie uitgesien om in my eie huis te bly,” het ’n bewoë Davids gesê. Nadat Davids die nuus meegedeel is dat hy intrek gaan neem in ’n nuwe huis op Donderdag 29 November, is hy toe deur Susanna Gquma, gemeenskapwerker, ingelig dat dit nie die geval is nie. Gquma het TygerBurger gekontak nadat die lys in die gemeenskap gesirkuleer is. “Toe ek hoor die mense is aangesê dat hulle môre gaan
trek, het ek gevra waar is jul briewe?” het Gquma gesê. Davids en sy vrou, Lea, se goed was op 28 November al gepak. Toe Gquma hulle meedeel dat hulle nie nou ’n huis gaan kry nie, het Davids en Lea albei in trane uitgebars. Gquma sê sy het by Vanacore, die maatskappy wat deur die departement aangestel is om data van mense met spesiale behoeftes te kry, navraag gedoen oor die lys en is ingelig dat die lys nie dié is van mense wat nou gaan intrek nie. TygerBurger het toe by die departement van behuising navraag gedoen, en Oom het die wanindruk reggestel by die mense.
Begunstigdes Oom het gesê vir die Nuwe Beginbehuisingsprojek het die Stad Kaapstad ’n lys met begunstigdes aan die departement gegee. Daar was egter nie genoeg mense met spesiale behoeftes op hierdie lys nie. Vanacore is toe aangestel om ’n lys met persone met spesiale behoeftes te kry. Dit is die lys van bejaardes en gestremdes wat moes bevestig word, wat gesirkuleer is. Te midde van die misverstand is daar lig aan die einde van die tonnel vir Davids. Oom het gesê Davids se naam is wél op die lys van persone met spesiale behoeftes wat aan die departement van behuising gegee is. Oom sê: “Daar is tans ’n aantal eenhede wat vir persone met spesiale behoeftes gebou word. Hierdie is die finale fase van die behuisingsprojek. Davids is op die lys vir mense met spesiale behoeftes. Dit is moontlik dat hy in die nuwe projek geakkommodeer sal word, aangesien hy binne die afgebakende area bly.” Die Nuwe Begin-behuisingsprojek is in 2007 van stapel gestuur. Dit behels die bou van 1 200 ten volle gesubsidieerde huise. Oom sê 150 begunstigdes sal van wyk 17 gekies word, 150 van wyk 108 en 900 begunstigdes is van Khayelitsha, wat in die Vleilandgebiede gebly het.
Flooring & Decor Zone 168 Blue Downs Way, 021 909 5802 Blue Downs info@allthingsflooring.co.za
Open Sundays for the Festive Season!
Laminated Flooring AC3 Class 32, 8mm, 3 colours
from
44
R
* 99 /m²
Previously known as Flooring Warehouse
Box price: R95.00
*SUBJECT TO PURCHASE OF UNDERLAY
Rock Face Cladding
BLINDS MADE TO ORDER
5
R Floor Tiles
50 each
Venetian, Verticle, Roller, Roman, Bamboo, Panel Paint Colour 50ml
4999
R
from
incl. VAT
/m²
David Davids is op die lys vir mense met spesiale behoeftes en sal heel moontlik geakkommodeer word in ’n huis in die Nuwe Beginbe huisingsprojek. David en sy vrou was hartseer oor die nuus dat hy nie verlede maand in ’n Nuwe Beginhuis sou intrek nie. Dít nadat hy verkeerdelik ingelig is dat hy een van die begunstigdes is. Hulle het toe reeds al hul besittings ingepak en het uitgesien na hul nuwe blyplek. FOTO: CARMEN JACOBS
We are open on Monday 17 December
We do deliveries. Credit/Debit cards accepted * Terms & Conditions apply 20L Infinity White Enamel 20L Cedar White Xtra thick PVA
199
R
99
Mega GYP Partitioning Boards
1999
R
3 bottles for
9.5m x 1200 x 2700
3m Floor / Vertical Studs For partitioning boards
6999
R
49999
R
from Colours Available On Request
/m²
incl. VAT
9999
R
4 for