Tygerburger eersterivier 11 sept 2013

Page 1

EERSTERIVIER & BLUE-DOWNS

Western Province Bodybuilding Champs • 14th September 2013 • Bellville Civic centre • Pre-judging : 10H00 • Eve Show :19H00 • Entry Fee R50 • Contact: H. Bester, 082 340 2059, 021 404 3514 Hoosain.Bester@westerncape.gov.za

Woensdag, 11 September 2013 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za

Skills wow the crowd

EERSTERIVIER: INWONERS ONTEVREDE OOR BOUWERK

Ons Trots se huise ‘val uitmekaar’ MICHELLE LINNERT @linnertmb

Die mense van die Ons Trots-ontwikkeling in Eersterivier is hoogs ontevrede oor wat hulle meen swak bouwerk aan hul nuwe huise is. By van dié huise wat TygerBurger besoek het, was krake in die mure duidelik te sien. Daar was ook oral lekkasies onder die opwaskassies in die kombuise, en die eienaars sê die warmwatersilinders gee ook gereeld probleme. Die inwoners beweer ook dat daar aan hulle gesê is dat, as hulle nie vorms van die ontwikkelaars en agente teken wat daarop dui dat instandhouwerk aan hul huise gedoen is nie, hulle hul huise glo sou verloor. Inwoners wat kopieë gevra het van dié dokumente, ook hier rond bekend as “happy letters”, het glo nooit dié afskrifte ontvang nie, sê hulle. “Die ‘happy letters’ wat ons gekry het, was ‘maintenance letters’ genoem. Ons moes dit teken om te bevestig dat die krake reggemaak is. Al wat hulle gedoen het, was om pleister bo-oor te smeer. Toe sê hulle (ontwikkelaars) as ons nie daai brief teken nie, moet ons maar hier uit.” Só beweer Willemina Viljoen, ’n inwoner by dié behuisingsontwikkeling. Sy woon al sedert 2011 in ’n Ons Trots-huis.

In the house! Charl Jensel from Eerste River shows his skill on the skateboard at the

Kimberley Diamond Cup Grand Slam skateboarding competition, which was held at Canal Walk's food court on Sunday. PHOTO: CARINA ROUX

Bakstene Angelo Booysen, ook ’n ontevrede koper, vertel oor sy huis. “Daar lê ’n kraak in die patroon wat die bakstene vorm. Die mure is nie eens ge-primer nie, daar is net verf op.” ’n Buurman, Granville Braaf, is net so ontstoke oor sy koop. “As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek eerder ’n huis in Delft gekoop het. Ek het nie geweet dié huise val uit-

mekaar nie. Dis nuwe huise, maar as jy jou hek oopmaak, breek die mure.” Nog ’n buurman, Andrew Scheepers, vertel sy ligte slaan elke week af as gevolg van ’n fout met die elektriese bedrading. “My ligte het so baie afgeslaan dat die bouers, Power Construction, in ’n stadium vir my ’n sak vol gloeilampies gebring het omdat ek so baie gekla het.”

Staatsubsidie By die huise by dié ontwikkeling is kopers veronderstel om ’n gedeeltelike staatsubsidie te ontvang om die koopprys van sowat R161 000 te help delg. Dié “bankhuise” is glo op dieselfde plan gebou as die huise enkele meters verder, wat gratis aan mense op munisipale waglyste verskaf is. Bykomstighede soos dakteëls, vloerteëls en ’n warmwatersilinder is enkele verskille tussen die bankhuise en die gratis huise, sê dié inwoners. Granville se huis, ook van sowat R161 000, kos hom nou sowat R482 424 oor die 240 maande of 20 jaar waaroor hy dit moet afbetaal. “Hoekom moet ons so baie betaal as die mense wat in die (gratis) huise bly se huise presiés soos myne lyk?” wou hy weet. “As ek dít geweet het, kon ek mos netsowel vir my ’n ordentlike drieslaapkamerhuis in ’n beter area gekoop het – teen veel minder!” het hy gesê. Dié inwoners het geen direkte kontak met die banke gehad van wie hulle hul huise gekoop het nie, sê hulle. Alles is deur die agente gehanteer. “Ek het nie aansoek gedoen vir dié verband nie. Die prokureurs en agente het namens my aansoek gedoen. Dan bel hulle jou om die papiere te kom teken by die agent,” sê Angelo. V Vervolg op bl.2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.