TygerBurger Eerste River - 20 May 2020

Page 1

EERSTERIVIER

OLD FRUIT VEG SHOP, EERSTERIVER TEL: 021 902 0303

OPEN 7 DAYS

NEW LOCKDOWN • Mon to Thurs: 8:30am – 5pm • Fri: 8am – 6pm • Sat: 8am – 5pm • Sun: 8:30am – 1pm TRADING HOURS

BUY ANY 3 X BUBBLES

R25

VALID FROM 20TH MAY UNTIL 24TH MAY 2020. X1W5T9UN-AL200520

Woensdag, 20 Mei 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

BLACKHEATH: ‘MARE ’N GEMEENSKAPSMENS DEUR EN DEUR’

Geliefde raadslid sterf BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

ie gemeenskap van Blackheath en omgewing is in rou gedompel ná die skielike afsterwe van die plaaslike raads-

lid. Roelof Mare is Sondag in die oggendure oorlede nadat hy nog Saterdag gehelp het om kospakkies in die gemeenskap uit te deel. Volgens Cheryl Solomons du Toit, ’n inwoner van Blackheath, het sy sedert die aanvang van die nasionale inperking nóú met Mare saamgewerk. “Hy was ’n gemeenskapsmens deur en deur. Vir hom was niks te veel moeite nie. Mense wat hom geken het, sal weet hy het mense met respek behandel. In hierdie tyd was hy op en af, en het gehelp met die verspreiding van kospakkies aan die mense wat dit die nodigste het. Hy en sy vrou, Karien, is die sout van die aarde. Ons het nog Saterdag saamgewerk en ek kon sien hy was baie moeg. Aan die einde van die dag het hy aan

Mielieees!

my gesê dat hy Sondag net gaan rus en heeldag in sy slaapklere gaan deurbring. Dit was vir my ’n groot skok toe ek Sondag uitvind hy het gesterf,” sê Solomons du Toit. Volgens Solomons du Toit sal hulle ter nagedagtenis aan Mare voortgaan met hul projekte om kos aan minderbevoorregte mense uit te deel. Op Facebook skryf Shanon-Lee Carelse dat Mare veral tydens die koronakrisis baie vir die gemeenskap gedoen het. “Ek het met hom gepraat oor hoe hy rondgery, kospakkies opgetel en uitgedeel het. Jy het jou bes gedoen en nou moet jy rus,” skryf Carelse. Brandon Mienies skryf ook hoe Mare uit sy pad gegaan het om behoeftiges tydens die inperking te help. Verskeie ander mense het hul hartseer oor Mare se afsterwe uitgespreek en sommige het hom as ’n sagmoedige reus beskryf. Dirk Smit, speaker van die Stad Kaapstad, sê hulle het met groot hartseer verneem van die heengaan van Mare. “Mare was sedert 2016 ’n toegewyde raadslid van die Stad en ons wil ons innige meegevoel aan sy familie en geliefdes tydens hierdie tyd betuig,” sê Smit. Mare het aan ’n hartaanval beswyk.

Roelof Mare (links) is hier saam met Dan Plato (middel) en Cheryl Solomons du Toit toe hulle onlangs kospakkies uitgedeel het.

Lavender Mukonza verkoop mielies langs Hindleweg in Blue Downs. Sy is bly sy kan darem weer geld verdien ná sekere inperkingsregulasies verlig is. Volgens haar was sy nie net bang sy gaan tydens inperking toegesluit word nie, maar haar lewe is tot stilstand gedwing oor sy nie kon geld verdien nie. Sy het haar masker vir die foto afgehaal. FOTO: BRENDEN RUITER

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.