EERSTERIVIER Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
X1VYDXNH-AL220120
Woensdag, 22 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
EERSTERIVIER: AGTERVOLG VANAF BANK
Opgang in Hollywood Anton Jeftha van Belhar is besig om groot opgang in die Amerikaanse filmbedryf te maak. Lees meer oor hom op bladsy 7.
Man van groot geld beroof BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
D
ie Kleinvlei-polisie het mense gewaarsku om op hul hoede te wees wanneer hulle groot bedrae geld by ’n bank onttrek. Die waarskuwing volg ná ’n 60-jarige man Saterdag by sy huis van R120 000 beroof is. Die man van Devonpark in Eersterivier is vermoedelik vanaf ’n bank by die nabygeleë Zevenwachtwinkelsentrum tot by sy huis geagtervolg. Volgens kapt. Florina Muller, polisiewoordvoerder, het die man, sy vrou en dogters Saterdag van die winkelsentrum by die huis aangekom en wou hulle ’n bietjie ontspan. “Twee minute ná hulle by die huis gekom het, het ’n man met ’n mes by die huis ingekom. Die verdagte het gevra dat hy die geld moet oorhandig, maar hy het geweier. Die verdagte het toe sy makker buite gaan roep en dié het met ’n vuurwapen ingekom en hom gedreig. Daarna het die drie verdagtes alle handsakke in die huis bymekaar gemaak en die geld was in een van hulle. Hulle het toe met ’n Volkswagen Polo met ’n onbekende registrasienommer op die vlug geslaan,” sê Muller. Volgens Muller is dit nie in hierdie stadium bekend hoekom die man soveel geld by hom gehad het nie. “Die verdagtes moes op ’n manier uitgevind het die man het soveel
geld onttrek, want hoekom sou hulle hom nou spesifiek agtervolg? In hierdie stadium kan ons ook nie sê of iemand binne die bank dalk die rowers ’n wenk gegee het nie. Alle moontlikhede sal ondersoek word,” sê Muller. Sy het ’n beroep op mense gedoen om eerder nie groot bedrae kontant met hulle rond te dra nie. “Banke bied deesdae die opsie om geld direk na iemand anders se rekening oor te plaas. As jy nie anders kan nie, wees bewus van jou omgewing voor jy met die geld uit die bank gaan." Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, wat hom ten doel het om kliënte te beskerm teen bankslenters en rowe, gee die volgende wenke: . Dra so min as moontlik kontant op jou; . Oorweeg om rekeninge aanlyn te betaal; . Oorweeg selfoonbankdienste; . Moet nooit jou bankbesoeke openbaar maak nie – nie eens diegene naaste aan jou nie; . Ondernemings moet die dae afwissel waarop hulle geld deponeer; . Identifiseer ’n ander bank naby jou sodat jy jou patroon van bankbesoekev kan afwissel; . Moet nie geld wat jy gaan deponeer openlik vertoon nie; . Moet nie geldsakke openlik dra nie. V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.
“Twee minute ná hulle by die huis gekom het, het ’n man met ’n mes by die huis ingekom ... Daarna het die drie verdagtes alle handsakke in die huis bymekaar gemaak”