TygerBurger Eerste River - 19 February 2020

Page 1

EERSTERIVIER

OLD FRUIT VEG SHOP, EERSTERIVER TEL: 021 902 0303

OPEN 7 DAYS Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 19 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

X1W0Y0T9-AL190220

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

Dra sloffies en help Choc

Die Tygerberg-hospitaal se Kindertrust, in samewerking met die Kinderkankerstigting van Suid-Afrika (Choc), het verlede Vrydag ’n spesiale geleentheid gehou om Internasionale Kinderkankerdag te herdenk. Die dag word wêreldwyd op 15 Februarie gevier. Die dag is ook gehou om Choc se nuwe inisiatief, Flip Flop-dag 2020, te vier. Choc is ’n organisasie sonder winsbejag wat na die welstand van kinderpasiënte, pasiënte met bloedverwante siektes en hul families omsien en hulle ondersteun. Die dag behels dat mense sloffies dra en ’n plakker koop. Die geld wat ingesamel word, gaan direk aan Choc. Van die gaste by die geleentheid verlede week is (van agter) Lynette Muthuray, Lynn Booysen, dr. Anel van Zyl, dr. Charle Gobetz, prof. Mariana Kruger, Jason Falken en Nailah Humphrey. FOTO: RICHARD ROBERTS

EERSTERIVIER: MAN IN NOORD-KAAP IN HEGTENIS GENEEM

‘Moordenaar’ vas BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

ie vermeende moordenaar van ’n 38-jarige vrou van Eersterivier is die afgelope naweek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. Gail van As is die oggend van Maandag 10 Februarie verskeie kere geskiet in haar huis in Hakea Street, Somerset Heights in Kleinvlei. Sy het die huis met haar kêrel en twee kinders gedeel, wat tydens die voorval in die skool was. Toe haar kêrel net ná 10:00 by die

huis kom, het hy die skokkende ontdekking gemaak. Kapt. Florina Muller, polisiewoordvoerder, sê twee Ugandese burgers, wat by Van As geloseer het, was ná die moord skoonveld. “Die polisie het onverpoos na die verdagtes gesoek en die een is die afgelope naweek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. Dit was ’n grusame moord op ’n jong ma en ons hoop die verdagtes word gou gevonnis,” sê Muller. Volgens haar gaan die polisie nie in hier-

die stadium meer inligting bekend maak nie, aangesien die ondersoek in ’n sensitiewe stadium is. Sy wou ook nie bevestig of die foto wat op sosiale media rondgestuur is, wel dié van die vermeende moordenaar is nie. Verlede week is ’n foto van die verdagte op Facebook gesirkuleer en is dit meer as 800 keer gesien. Dit het glo daartoe bygedra dat die verdagte aangekeer is. Familie en vriende van Van As het op Facebook hul skok oor die moord uitgespreek. Iemand wat sê hy is Van As se neef

skryf: “Niggie Gail, jy is wreed van ons weggeneem. Mag God met jou seuns wees wat agtergebly het. Ek is nie seker hoeveel ek nog kan vat nie. Rus sag met die engele.” Van die ander mense wat op Facebook kommentaar gelewer het, het haar goeie deugde besing en haar heengaan betreur. TygerBurger het ’n familielid om kommentaar genader, maar hy het benadruk dat hulle in hierdie stadium alle versoeke om onderhoude van die hand wys. Die verdagte het Maandag in die hof verskyn, maar het nog nie gepleit nie.

WHILE STOCKS LAST | OPEN 7 DAYS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Eerste River - 19 February 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu