TygerBurger Eerste River - 15 January 2020

Page 12

Spotgoedkoop versekering

Sport

SMS ‘king’ na 31452 vir ‘n kwotasie Standaard SMS tariewe en B’s & V’s geld

Page 12 | Woensdag, 15 Januarie 2020 Onder redaksie van Stehan Schoeman Tel: 021 910 6500 | e-pos: sport@tygerburger.co.za www.tygerburger.co.za

FDV nr. 43862

R299

WP-PREMIERLIGA: DURBANVILLE BLY BO

Durbies gee Langa pak slae Stormers oorheers Varsity-dag Die voormalige Springbok Hilton Lobberts, wat deesdae vir Hamiltons uitdraf, trek ’n speler van die WP-vyftiental plat tydens ’n Stormers Varsity-rugbydag op Saterdag 11 Januarie in Ravensmead. Die Stormers het sy mini-kragmetings met KSUT (15-10), Ikeys (15-5) en Maties (10-5) gewen, maar kon nie die WP-vyftiental, wat uit plaaslike klubspelers bestaan het, tot oorgawe dwing nie (10-15). Die Stormers se teenstanders het ook onderlinge mini-wedstryde gespeel. FOTO: ASHLEY VLOTMAN/GALLO IMAGES

Krieketspelers maak reg vir skolestryd Altesaam 10 hoërskole se eerste krieketspanne sal van aanstaande week af sake uitspook in die topafdeling van die Peter Buttner Sport-kompetisie vir skole in die Tygerbergstreek. Die spanne speel Saterdae in twee groepe, waarna die afdelingwenners mekaar in die eindstryd sal aandurf. In groep 1 is Curro Durbanville (die verdedigende kampioen), HS Bellville, De Kuilen, Durbanville en Fairmont. Die spanne in groep 2 is HTS

Bellville, Brackenfell, D.F. Malan, Stellenberg en Tygerberg. Die ander nege skole in die Tygerbergstreek sal mekaar die stryd aansê in die o.19A2-kompetisie. In die een groep is Monumentpark, Parow, President, Proteahoogte en Reddam House Durbanville, terwyl Belhar, Edgemead, Fairbairn en The Settlers hulle in groep 2 bevind. Ook in hierdie kompetisie sal die twee afdelingwenners in Maart vir die eindstryd kwalifiseer. ’n Totaal van 15 skole se eerste

spanne sal van Februarie af ook betrokke wees by die gewilde Sammy Bloch/Medicare Aptekeuitklopkompetisie, wat op weeksdae afgehandel word. Stellenberg, die verdedigende kampioen, het ’n loslootjie vir die eerste ronde, terwyl die bepalings vir die eerste reeks wedstryde as volg is: HS Bellville t Belhar, Fairmont t. Brackenfell, President t Tygerberg, De Kuilen t Edgemead, D.F. Malan t Parow, Fairbairn t Durbanville, Curro t HTS Bellville. – Sarel Burger

Young cyclist dreams big BRENDEN RUITER @ruitervaniewind A young cyclist from Blackheath have dreams of becoming a South African champion, but he needs funds to get to the national championships. Since taking up cycling, Mihran Khatieb (12) has won more than 12 medals, and he has even bigger dreams. “I love cycling and want to cycle in Europe one day and wear the rainbow stripes of a world champion. “I hope I can be a good role model for my talented younger brother and other cyclists like me who work hard to achieve their dreams. “I also want to encourage other kids to take up the sport of cycling,” says the soft-spoken Mihran, who is starting Grade 8 this year. According to him his dad, Ahmed, is his biggest hero. “He represented South Africa at the World Championships in

Malaysia in 1997. Recently, he received his national colours as the SA Team mechanic in Italy and the SA Para Cycling team in the Netherlands last year. “He’s been my coach since I started competing and now I also enjoy getting additional guidance from coaches Zarina Van Schalkwyk and Glen Bonthuys. It’s more fun to train with other kids my age and older,” says Mihran. When he is not cycling he likes to do what most 12-yearolds does. “My second love is cars and playing Xbox. I like spending time with my family, especially my younger brother Faraz who has also started cycling for Kinetic Cycling Club.” His mother, Reygana, says cycling is a very expensive sport if you want to be competitive. “It is a constant battle to raise funds, even entry fees are a lot money,” says Reygana. She however believes that her son can achieve all his dreams.

“This past weekend was Mihran’s first u.15 road and time trial races and he achieved fifth place in both. “He is the youngest rider in that age group as well. Yet very determined to do well during this year while riding with the big boys. “He intends to up his training and will be using the weekend’s race as an eye opener as to what preparation needs to be done to achieve better results,” she says.

Mihran Khatieb hopes to become a South African champion.

SAREL BURGER

D

urbanville se weghol-sege met 10 paaltjies oor Langa op Saterdag 11 Januarie het tot gevolg dat die Durbies steeds die bopunt van die punteleer in die WP se Premierliga beman. In antwoord op Langa se 146/9 het Durbanville se aanvangskolwers Hayes van den Berg (74) en Jean Marais (73) met ’n onoorwonne vennootskap 152 lopies bymekaar geskraap. Maar met Bellville (186) het sake minder voorspoedig verloop teen Kaapstad (236/6), ondanks ’n knap derdepaaltjie-vennootskap van 98 lopies tussen Schaughn van Greunen (58) en Uwe Birkenstock (45). Brackenfell en die Universiteit van Wes-Kaapland het loslootjies gehad. In die eerste liga is Kraaifontein deesdae weer goed op dreef. Die Kraaie se telling van 228/6 was bo die vuurmaakplek van Edgemead (203) ná goeie bydraes deur Craig Ephraim (52* en 3/27) en Garth Madden (50). Vir Edgemead het Justin Higgs (47) die beste vertoon. Milnerton (233/7) was gans te sterk vir Noordelikes-Goodwood (114). Die sege was grootliks te danke aan die bydraes van Damian Crowley (66), Maximillan Walter (46), Matthew Snyman (45) en Sean Ro-

ach (3/26). Tygerberg-klub (86) het lelik gefaal teen United (188) terwyl Kuilsrivier (142/9) met 3 paaltjies deur Primrose (143/7) getroef is. Die Kuile is ook Sondag in ’n tweede wedstryd met 88 lopies deur United (230) geklop. . In die laaste reeks Premierliga-wedstryde in Desember het Brackenfell – die voorloper op die punteleer in daardie stadium – skande gemaak toe hy ’n pak slae van 172 lopies teen Rondebosch op die lyf geloop het. In Durbanville (218/8) se kragmeting teen Strandfontein (143) het ’n vyfdepaaltjie-vennootskap van 150 lopies tussen Dale Campbell (83) en Byron Boshoff (73) tot die Durbies se redding gekom nadat hulle op 18/4 gesteier het. Bellville (76/2) het danksy ’n goeie spanpoging maklik met Langa (75) afgereken. In die eerste liga het Ryan Milne (6/36) en Justin du Toit (52) gehelp dat Milnerton met 97 lopies teen Tygerberg-klub seëvier, terwyl Danie Bothma (5/20) en Craig Thyssen (44*) aan die voorpunt was van Kraaifontein (133/5) se vyfpaaltjieoorwinning oor Rylands. Edgemead (238) het Gugulethu met 114 lopies verslaan ná knap bydraes deur Duane Abel (6/25), Aaron Wilke (53) en Bradley Johnson (53). Noordelikes-Goodwood (159) is naelskraap met twee lopies deur Ottomans geklop.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.