Tygerburger durbanville 20 nov 2013

Page 21

Woensdag, 20 November 2013

NEWS

Wenners by jaarlikse prysuitdeling

Lions hold annual Golf Day

Die Laerskool Gene Louw in Durbanville het onlangs sy prys­ wenners beloon tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling. Die nuwe leiers vir 2014 is ook aangewys.

Die trofeewenners is (agter van links) Trent Sivertsen en Philip Niemand, wat die personeel-trofee vir beste sportseun deel, Leandra Custodio (Volschenk-trofee vir beste sportmeisie), Rochelle Visagie (bestuurspan-trofee vir individuele prestasie), Christiaan de Beer (Van der Walt-kultuurtrofee en Wassefall-musiektrofee) en Jacqueline Choi (beheerliggaam-trofee vir kultuur). Voor is Lindi van Wyk (junior Albrecht-trofee vir veelsydigheid in graad 1 tot 3), Stefani du Plessis (senior Albrecht-tofee vir veelsydigheid in graad 4 tot 6), Marenique van Wyk (Gene Louw-skild vir veelsydigheid in graad 7) en Leon van der Merwe (beheerliggaam-trofee vir klubsport).

Die akademiese toppresteerders in graad 4 tot 7 was (van links) Jan-Louis Havenga (graad 5), Carmen Genade (graad 6), Stefani du Plessis (graad 4) en Alexi du Preez (graad 7). Die hoofleiers vir 2014 is by die skool se prysuitdeling aangewys. Hier by André van der Westhuizen (skoolhoof) is (van links) Zander van der Westhuizen (onder-hoofseun), Khyro van der Westhuizen (hoofseun), Erin-Mari Gleeson (onderhoofmeisie) en Mia de Villiers (hoofmeisie). Die TIE-dansgroep het by die Tygerberg-eisteddfod die trofee gewen in die junior dansafdeling. Hulle is (van links) Johan Erasmus, Jana van der Westhuizen, Zanne Havenga, Migel Uys en Bianca Koorts.

Hierdie dansens van die TIE-dansgroep het by die Tygerberg-eisteddfod die trofee in die senior dansafdeling gewen. Die dansers is (agter van links) Marenique van Wyk, Irving de Swardt, Robyn de Klerk en Mieke Agenbag. Voor is Jacqueline Choi, Mishka Brink, Anri Brink en Adléz du Preez.

The annual golf day of the Lions Club of Durbanville is presented on Sunday 8 December. The tournament starts at 11:30. The format

TYGERBURGER Durbanville 21

of the competition is a 4BBB Stableford. The entry fee is R300 per player for visitors, R150 per prepaid members and R250 for non pre-paid members. V Contact Pierre Craye on 082 451 0939.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger durbanville 20 nov 2013 by Tygerburger Newspaper - Issuu