Tygerburger durbanville 19 feb 2014

Page 6

6 TYGERBURGER Durbanville

NUUS

Woensdag, 19 Februarie 2014

Praatjie oor geestesgesondheid gehou Die depressie- en angs-ondersteuningsgroep van die noordelike voorstede vergader op Maandag 24 Februarie vanaf 19:15 in die jeugsentrum van die NG Kerk Durbanville op die hoek van Weyers- en Kerkstraat. Die spreker,

Elmarié du Plessis, ’n kliniese sielkundige, sal praat oor geestesgesondheid en onder meer tiener-selfdood. V Kontak Amanda by 021 975 5252 (soggens) of Wy­ nand by 072 266 8420 met navrae.

Cari Geyer (10) het vir haarself ’n Unisa­beurs losgespeel.

Haar vingers tokkel beurs los MICHELLE LINNERT @linnertmb

’n Skrander musiekstudent en leerder van die Laerskool Eversdal het met haar vingers ’n universiteitsmusiekbeurs losgespeel, en begin eersdaags die beloning uitleef. Die tienjarige Cari Geyer is in graad vyf en woon in Durbanville. Sy neem reeds sedert sy vyf is privaat klavierlesse en het in Augustus verlede jaar die Kaapse Afrikaanse eisteddfod se Unisa junior klavierbeurs (vir 8- tot 12-jariges) vir 2014 gewen. “Deur dié beurs kan sy vanjaar ’n Unisaeksamen gratis aflê. Baie geluk aan Cari!” sê haar jarelange afrigter, Martie Rosenstrauch. “Sy het die Mars van J. Pauer gespeel. Behalwe klavier, speel sy ook blokfluit vanaf 2011. Sy was verlede jaar die wenner in die kategorie vir 9-jariges vir alten sopraanblokfuit by die Tygerbergse internasionale eisteddfod,” sê Martie. “By haar skool het sy aan die Evervaria-

I S C O R S T R E E T. B E L L V I L L E S O U T H

talentkompetitise deelgeneem en die junior kategorie vir instrumente gewen. Martie sê Cari oefen meestal vyf keer per week vir min of meer ’n uur op ’n slag aan haar klavierspel, en sy is tans besig om vir Unisa se gr. 5-klavier-eksamen voor te berei. “Cari is oorstelp met vreugde oor haar oorwinning en haar ouers is baie trots op haar. Sy sal graag eendag ’n loopbaan in musiek wil volg. “Dit is haar droom om vir die res van haar lewe musiek te kan maak,” sê Martie. Cari het ’n ouer broer, Carlo (15), en suster, Charisa (13). “Carlo speel die elektriese kitaar en werk hierdie jaar aan sy Unisagr. 7-eksamen in klasieke kitaar. Charisa speel klavier en werk tans ook aan haar Unisa-gr. 7-werk. Charisa speel ook saksofoon in haar skool, Hoërskool D.F. Malan, se blaasorkes,” sê Martie. Dié begaafde kinders in dié musiekgesin sing ook elk in hul onderskeie skoolkore, en sus Charisa is lid van die Tygerbergse kinderkoor.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.