DURBANVILLE
Woensdag, 26 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
Hierdie groepie begunstigdes van die Morningstarbehuisingsprojek het verlede Maandag koffie in die hand in die straat saamgedrom. Hulle wou met plakkate langs Langebergweg teen die gesloer met die oorhandiging van die huise betoog, maar is gekeer omdat hulle nie toestemming gehad het nie. Hulle het toe maar vir TygerBurger hul plakkate vertoon. FOTO: ESMÉ ERASMUS
MORNINGSTAR: OORHANDIGING SLOER AL JARE
Woede oor huise bou op ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
D
is nou byna twee jaar sedert die 166 nuwe huise in die Morningstar-behuisingsprojek oorhandig sou word en die geduld van diegene wat huise sou ontvang, raak min.
’n Handvol van sowat 20 begunstigdes was verlede Maandag vroegoggend reg om met hul plakkate langs Langebergweg te betoog teen die gesloer met die oorhandiging van die huise, maar die ongeoorloofde protesaksie is gou deur die Durbanville-polisie en wetstoepassingsbeamptes in die kiem gesmoor.
Die R34,2 miljoen-behuisingsontwikkeling van sowat 1,6 ha op die hoek van Skoolen Pikkewynstraat bestaan uit 152 dubbelverdieping- en 14 enkelverdiepinghuise. Die begunstigdes van dié Breaking New Ground (BNG)-staatsgesubsidieerde huise is almal mense wat minder as R3 500 per maand verdien.
Die oorhandiging van die eerste 19 huise op 20 September 2018 het skipbreuk gely toe die organisasie Morningstar Development and Upliftment Initiative (MDUI) op die dag kort voor die oorhandiging motorbande voor die huise in Langebergweg aan die brand gesteek het. V Na bladsy 2