TygerBurger Durbanville - 19 August 2020

Page 1

DURBANVILLE SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 19 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Sunset delivery Kamva Mekana from Fisantekraal delivers vegetables in Fisantekraal for “Operation Sunlight”, which started out by donating protection gear to the unprivileged, but developed into a full-scale feeding scheme. Read the article on page 10. PHOTO: ANDIE STEELE-SMITH

BUURTWAGTE HELP: RADIONETWERK INGESPAN

‘Rower’ blitsig aangekeer ESMÉ ERASMUS @erasmusesme

D

ie radionetwerk tussen buurtwagte, sekerheidsmaatskappye en die polisie in Durbanville het verlede Woensdagaand weer sy krag gewys. ’n Inwoner, Adeline Marais (53), het omstreeks 18:30 twee blokke van haar huis in Hibiscusstraat in Bergsig gestap toe ’n man haar van haar handsak wou beroof. Sy het haar teëgesit en alarm gemaak. Kort nadat dit op die buurtwagradio gerapporteer is, het ’n spanpoging deur weldoeners en die lang arm van die gereg gesorg dat die verdagte en nog twee mans saam met hom aangekeer en vir ondervraging geneem is. “Ek was op pad huis toe van my werk in Goodwood en is by die kruising van Paul Kruger- en Hibiscusstraat afgelaai. Dit was ’n eenmalige gebeurtenis dat ek daar afgelaai is; ek word gewoonlik by my huis afge-

laai,” het sy aan TygerBurger gesê. “Ek het agtergekom dat ek agtervolg word deur drie mans wat so om en by 30 meter van mekaar af gestap het – skuins oor die veldjie in my rigting. Ek het vinniger geloop en agtergekom hulle tel ook spoed op. Dit was nie lank nie of die een man was langs my. “Toe hy by my verbystap, het ek stadiger geloop sodat hy kan verbykom. Hy het vinnig verby my gestap en omgedraai, na my gekyk, sy hand voor in sy broek gedruk (asof hy ’n wapen daar versteek het) en gesê ‘This is a robbery, I am going to shoot you’! “Waar ek die moed vandaan gekry het, weet ek nie, maar ek het vir hom gesê dat hy niks van my gaan afvat nie. Ek het so styf aan my handsak vasgeklou dat hy nie my handsak kon neem nie. “Hy het my aan die serp om my nek rondgepluk en ek het kliphard begin gil. Hy het weggehardloop en onmiddellik het ’n man wat ’n paar huise van daar af woon en sy

seun na my toe aangekom, gevra wat gebeur het en die boewe te voet agterna gesit. “Die man sê sy dogter het gehoor iemand skree om hulp en haar pa daarvan gesê, waarna hulle onmiddellik gereageer het. Ek het huis toe gehardloop. “’n Man wat verby my gery het op ’n kosafleweringsmotorfiets, het net daar omgedraai en my gevra wat fout is, en toe ek hom vertel dat ek aangeval is, het hy hulle ook sommer agternagesit met sy motorfiets. So braaf – dankie wie jy ook al is!” het sy gesê. Sy het toe huis toe gehardloop en is toe dadelik na haar verhuurder wat op dieselfde perseel woon en ’n aktiewe lid van die plaaslike buurtwag, die Wellwaypark-buurtwag, is. Hy het onmiddellik per radio met die beheerkamer in verbinding getree en het ook in sy motor na die boewe gaan soek. “Dit was seker nie 15 minute nie, toe kom haal hy my en vra ek moet kom kyk of een van die mans wat hulle vasgetrek het die een

is wat my aangeval het. “Daar aangekom en wraggies, daar sit hy! Ontken natuurlik toe als, maar ek weet dis hy, want daardie oë sal ek nooit vergeet nie. “Ek kon nie glo toe ek die klomp sekerheidsvoertuie, polisievoertuie en motors van buurtwaglede daar sien nie. “Die reaksie was absoluut verstommend en ek wil almal wat gereageer het uit die diepte van my hart bedank vir hul vinnige reaksie – dit het heel moontlik my lewe en my besittings gered! My hart loop oor van dankbaarheid,” het sy gesê. Volgens kol. Theo Fisher van die Durbanville-polisie is die verdagte na die polisiekantoor geneem vir ondervraging. Sy rekord is nagegaan, maar hy is later weer vrygelaat omdat die slagoffer nie ’n klag aanhangig wou maak nie, het hy gesê. Volgens Marais het sy nie ’n klag aanhangig gemaak nie, want niks is geroof nie en sy is ook nie beseer nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Durbanville - 19 August 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu