Tygerburger Brackenfell 8 Aug 2012

Page 1

BRACKENFELL PANSIES

795

NOW...

E-pos: tyger@dieburger.com

WAS 14,95

Woensdag 8 Augustus 2012

EA

Offers valid until 12 August 2012 while stocks last

• BELLVILLE: 021 919 1106 • KENILWORTH: 021 671 9050/1 • MILNERTON: 021 528 4000 • CONSTANTIA 021 794 2221 www.stodels.com

Tel: 021 910 6500

www.tygerburger.co.za

) Plaaslike onderneming ’n pionier

Slaan ’n slag met windkrag DESIREÉ RORKE

’n Plaaslike onderneming is ’n pionier op die gebied van hernubare energie in industriële gebruik, en beoog om die “groen” inisiatief uit te brei na ander ondernemings in Brackenfell. Riaan Tolken, eienaar van Tollasmelkery, het besef dié inisiatief gaan nie net die planeet bevoordeel nie, maar ook hul eie sak. Hy beoog om sowat R5 miljoen oor die volgende vyf jaar te bespaar met sy nuwe hernubare energiestelsel. Volgens Tolken sal ’n windaandrywer en sestig sonkragpanele sorg vir ’n besparing van sowat 80 persent op energieverbruik vir die pasteurisasieproses en 50 persent op die totale energieverbruik van die melkery. “Ons het die projek in fases geïmplementeer en sal teen die einde van volgende maand weet presies hoeveel ons energiebesparing is,” het hy verlede week gesê. Die projek het Tolken sowat R1,5 miljoen gekos, maar hy is opgewonde oor die wending wat hernubare energieprojekte tans in die bedryf maak. “Ek glo elke sent was die moeite werd en dat dit op lang termyn ’n groot verskil gaan maak,” sê hy. As ’n baanbreker in Brackenfell, beoog hy nou ook om gereelde demonstrasies aan ander onderne-

mings op sy perseel te lewer. Volgens Tolken is die windaandrywer ’n beter opsie in Kaapstad as die sonkragpanele, omdat dit in ’n gemiddelde maand baie meer energie opwek. “Sonkragpanele werk egter uitstekend in die binneland,” sê hy. Die 600 kg-windaandrywer wat op die melkery se dak gemonteer is, verwek die energie wat deur twee gerekenariseerde omvormers omgeskakel word in krag. Die krag word in 24 batteryselle gestoor, waarvandaan dit gelei word na die swaartrekkendste kragtoestelle in die fabriek. Tolla se melkery wat elke maand sowat 350 000 liter melk verwerk en na 400 winkels versprei, dok meer as R40 000 per maand op vir elektrisiteit. “Met die volle sisteem nou in werking behoort ons binnekort hierdie bedrag te halveer,” sê Tolken. “Toe ek hierdie stelsel die eerste keer in werking gesien het, het ek gevoel soos ons voorouers seker moes gevoel het toe hulle die eerste keer ’n motorkar gesien het,” vertel hy opgewonde. Tolken beoog om voortaan “groen” energie te bevorder en hy gaan dit selfs op sy melk se verpakking aandui. “In die tyd waarin ons lewe sal ons moet begin kyk na ander maniere om energie op te wek. Dis tyd om die tegnologie te gebruik wat beskikbaar is.”

Riaan Tolken by die omvormers wat die energie omskakel.

CELEBRATING 50 YEARS CAPE DAISY

SNAILBAN

PANSIES

STATICE

WAS 19.95

NOW

WAS 14.95

1195

NOW

WAS 19.95

Each

NOW

WAS 39.95

15

LAWN DRESSING WAS 22.95

95 Each

NOW

13

95 30 Dm

NOW

WAS 26.95

17

95

7

95

1 Kg

6 PACK

• BELLVILLE • KENILWORTH • MILNERTON • CONSTANTIA

021 919 1106 021 671 9050/1 021 528 4000 021 794 2221

SEEDLING FOOD NOW

995 1 Kg

www.stodels.com

TEA BUSH (CHERRY BRANDY) WAS 84.95

NOW

3495 Each

Offers valid till 12 August 2012 while stocks last


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Brackenfell 8 Aug 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu