Tygerburger brackenfell 28 aug 2013

Page 1

BRACKENFELL

GELDIG TOT SONDAG 8 SEPTEMBER 2013 - TERWYL VOORRAAD HOU

DUBBEL of KONINGIN Truform ‘Orthopaedic Plush’ Bedstel Slegs beskikbaar in Standaard Lengte

SLEGS

R3999

BELLVILLE - 021 944 3330

Woensdag, 28 Augustus 2013 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za

Fairest among them all The first­ever Face of CapeGate model search attracted a score of beauties from across the northern suburbs. The winners were announced at a gala event at the All Stars Theatre on Saturday night. Nadia Herbst (middle) the first winner of the Face of CapeGate model search, after the crowning. She is flanked by runner­ up Le Andre Swanepoel (left) and second runner­up Taryn Kim. PHOTO: NELIS ENGELBRECHT

NAGKLUBS: KAN DRANKLISENSIE VERLOOR WANT...

Dis ‘oorlog’ teen geraas DESIREÉ RORKE @dezzierorke

N

agklubs in Brackenfell wat nie in die toekoms aan geraaswette voldoen nie, kan moontlik hul dranklisensies verloor en daar kan beslag op hul klanktoerusting gelê word. “Ons gaan binnekort begin om ’n rekord te hou van alle geraasklagtes wat ons ontvang om sodoende ’n rekord van dokumentasie op te bou teen die klubs wat gereeld verantwoordelik is vir geraasbesoedeling in die dorp. Die subraad sal dan formeel aansoek

doen by die drankraad om dié instansies se lisensies in te kort,” sê Carin Brynard, raadslid van Brackenfell. Volgens Brynard sal inspekteurs van die Stad Kaapstad binnekort begin om geraas buite sekere klubs en kroeë in Brackenfell te toets, waarna hulle by regte sal wees om belsag op klanktoerusting te lê indien nodig.

Wetgewing “Wetgewing bepaal dat enige musiek te alle tye binne die aanvaarbare norme moet bly,” sê Brynard. Hy en die subraad het byvoorbeeld vanjaar talle klagtes ontvang van

geraasbesoedeling by die Klub Hollywood, digby die Brackenfell-stasie in die sentrale sake-eenheid. Honderde inwoners, insluitende senior burgers van die Klaradyn-aftree-oord, steier gereeld onder die donderende geraas wat oor naweke van dié nagklub kom. Volgens Peter Sutter, van die belastingsbetalersvereniging, ontvang hulle gereeld klagtes oor die klub. Die klub het sy deure in Desember 2011 oopgemaak, en sedertdien moet nabye inwoners oor naweke tot laat in die nag die musiek verdra wat daar gespeel word, sê Joe

Haylett, wat ook naby die klub woon.

Rusverstoring Volgens Haylett het hy die polisie sedert die openingsaand van die klub reeds 15 keer geskakel oor rusverstoring. “In die meeste gevalle is daar wel iets gedoen, maar ’n paar keer is ek in kennis gestel dat die polisie my nie kan help nie en dat ek liewer die wetstoepassing-afdeling moet skakel. Daar is baie siek mense en ou mense in die aftree-oord en omgewing wat baie negatief hierdeur beïnvloed word.” V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger brackenfell 28 aug 2013 by Tygerburger Newspaper - Issuu