BRACKENFELL SOMETHING FOR EVERYONE
CRAZY PLASTICS BELLVILLE
FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:
170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900
Woensdag, 17 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
VREDEKLOOF: MET VUURWAPEN AANGEHOU
Rowers binne ure vas DESIRÉE RORKE @dezzierorke
V
ermeende huisrowers is verlede week binne agt uur vasgetrek in ’n gesamentlike ondersoek deur polisiespeurders en ’n ondersoekspan van SJC Sekuriteit in Brackenfell. Die twee verdagtes het op Donderdag 11 Junie in die Blue Downs-landdroshof verskyn in verband met die huisrooftog in Vredekloof. Die rooftog het in die vroeë oggendure van Dinsdag 9 Junie plaasgevind. Omstreeks 03:00 het ’n inwoner op die tweede verdieping van sy ouers se huis wakker geword toe ’n gewapende man sy kamer binnegekom het. Die rower het by ’n oop venster ingeklim. “Die verdagte het hom 40 minute lank met ’n vuurwapen aangehou terwyl hy sy kamer geplunder het. Hy het drie selfone, sewe horlosies en twee handwapens uit ’n kluis in die kamer buitgemaak,” sê Charl du Toit, eienaar van SJC Sekuriteit. Nadat die verdagte die kamer uit is, het die inwoner gaan kyk waar hy is, maar is weer by die venster deur die rower gekonfronteer. “Die inwoner het twee skote uit
selfverdediging afgevuur. Die verdagte het van die dak gespring en weggehardloop. Hy het albei gesteelde handwapens neergegooi,” sê Du Toit. ’n Sekerheidsbeampte in die buurt het die skote gehoor en lede van ’n reaksie-eenheid van SJC Sekuriteit het hulle na die toneel gehaas, waar ’n soektog begin is. Die verdagte het egter reeds weggekom. Videobeeldmateriaal is deur Leon Brynard, bestuurder van die Vredekloof-stadsverbeteringsdistrik, nagegaan en ’n beskrywing en nommerplate van ’n verdagte voertuig is deurgegee. Met die hulp van die polisie het ’n ondersoekspan van SJC die voertuig binne vyf uur op ’n plaas in Suider-Paarl opgespoor. Ná verdere ondersoek is twee verdagtes die volgende dag deur speurders van die Brackenfellpolisie in Bellville in hegtenis geneem. Al die gesteelde items, buiten die selfone, is teruggekry. “Uitstekende samewerking tussen die Brackenfell-polisie en SJC Sekuriteit het gesorg vir die vinnige inhegtenisnemings,” sê Du Toit. Die polisie het borgtog teengestaan. Die saak is tot 24 Augustus uitgestel.
Arms vol appels!
“Die inwoner het twee skote uit selfverdediging afgevuur.”
Die gemaskerde Emile Malan (12) van Welgedacht en Stefan Steenkamp (12) van De Bron het verlede Woensdag in bittere koue gehelp om appels in ’n projek van Mercy Meals in die saal van die NG kerk Kenridge in sakkies te verpak. Agter is Ansonette van der Merwe van Brackenfell, wat aan die stuur staan van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid by Capespan., wat die appels geskenk het. Lees berig op bladsy 5. FOTO: ESMÉ ERASMUS