Tygerburger bellville 27 nov 2013

Page 9

Woensdag, 27 November 2013

NEWS

TYGERBURGER Bellville 9

Laerskool Bellville aangewys as ’n ‘Thinking School’ MICHELLE LINNERT @linnertmb

’n Skool in Bellville het pas die eerste in die noordelike voorstede geword wat deur ’n Londense universiteit aangewys is as ’n “Thinking School”. “Verskeie skole is genader en oorweeg, maar ons skool met sy unieke samestelling van leerders is gekies as die ideale skool vir die projek,” sê Olinka Jansen van Rensburg van die Laerskool Bellville. Die projek behels ’n heelskoolbenadering – wat letterlik beteken die héle skool se denke word verander. Olinka sê almal is hierby

betrokke. “Dit is ’n vervoermiddel vir lewenslange leer en om leer te verstaan. Dit leer leerders krities en kreatief dink deur die agt kognitiewe vlakke te gebruik,” sê sy. Dít behels ’n kognitiewe kaart (“map”) om ’n spesifieke denkvaardigheid te ontwikkel. “Namate die leerders die denkvaardighede onder die knie kry, sal dit lei tot beter akademiese prestasie,” sê sy. Dié kaarte sluit in: ’n sirkelkaart (breinspoel of definieer in konteks), belkaart (beskrywing deur byvoeglike naamwoorde of frases), dubbelbelkaart (om vergelyking te tref), vertakkingsdiagram (klassifisering), vloeidiagram (or-

dering), multivloeidiagram (oorsaak en gevolg) en ’n brugdiagram (analogieë, soos die verband tussen ’n lemoen en vitamien C). Dié kaarte of projek in geheel is geskik vir enige kurrikulum, sê Olinka. “Dit is ’n onderrigstrategie wat leerders lei om die agt kognitiewe vlakke van denke aan te leer, en is dus geskik vir enige kurrikulum. Dit is nie graad-spesifiek nie, en word tans in ons skool van gr. R tot 7 geïmplementeer,” sê sy. Sy sê hulle is maar nog in die beginstadium en dat daar dus nog nie maatstawwe is om die leerders se vordering te meet nie, maar “leerderuitslae sal beslis in die toe-

koms gebruik kan word om die sukses van die program te meet.” Die skool is deur dr. Louis Benjamin van die Thinking Schools of South Africa (TSSA) genader, en TSSA het self vir hul skool ’n borg, Capespan, gevind. “Ander skole kan beslis ook Thinking Schools word, mits hul dit kan finansier. Ons was dus baie gelukkig om Capespan as ’n borg te kry. “Die personeel en leerders is baie entoesiasties oor die projek. Verdere opleiding sal in 2014 geskied om ons toe te rus vir die implementering van die volgende fase.” V Meer inligting by www.thinkingschoolssa.co.za.

AL IN IG R eO Th

more than you bargained for!

SABLE SQUARE • OTTERY • PAROW

CHRISTMAS SAVING STARTS HERE

PRICE - VALUE - VARIETY

RUSSEL 072 426 8898 | MICHELE 084 859 9110 | JUDY 021 838 1799 Find us on Facebook

Price – Value – Variety

7

OPEN DAYS

CELLPHONE ACCESSORIES - CAR ACCESSORIES - LUGGAGE - KIDS THEME PARTY GOODIES - CHINESE FOOD - STATIONERY - COSMETICS - HATS SHOES - INDOOR AND OUTDOOR FURNITURE - TOYS - UNDERWEAR CURTAINS AND RUGS - BAGS - JEWELRY - PARTY COSTUMES - NOVELTIES


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.